 |
|
 |
Kom ons bou Zuma uit ons lewens uit!
Soos miljoene Suid-Afrikaners het Solidariteit alle vertroue in Jacob Zuma as president verloor. In ’n opname deur Kantar TNS, ’n wêreldwye marknavorsingsmaatskappy, wil 74% van Suid-Afrikaners hê Jacob Zuma moet bedank. Die probleem lê egter veel dieper as net dit. Daar is fundamentele probleme met die ANC se vermoë om te regeer en met sy onderliggende ideologie.
Die ANC kan struggle, maar kan nie regeer nie. Die verwydering van Jacob Zuma is egter ’n kritieke taktiese stap en druk om dit te bewerkstellig, moet uit alle oorde kom.
Lees meer. Klik hier.
|
|
|
 |
Verslag toon teenstrydigheid by die hantering van rassisme in SA
Die vakbond Solidariteit het vandag sy verslag wat handel oor die selektiewe wyse waarmee daar met rassisme in Suid-Afrika omgegaan word, by ʼn konferensie bekendgestel. Hierdie verslag vorm deel van Solidariteit se groter #StopRassisme-veldtog wat die vakbond aan die einde van Februarie vanjaar geloods het.
Volgens Connie Mulder, hoof van Solidariteit se Navorsingsinstituut (SNI), fokus hierdie verslag spesifiek op individue wat hulself onlangs aan rassistiese uitlatings skuldig gemaak het en die gevolglike ophef op sosiale en in die tradisionele media wat die onderskeie uitlatings ontketen het. Lees meer. Klik hier.
|
|
 |
Paneel sê regering stook rassisme in Suid-Afrika
ʼn Paneel, bestaande uit bekende Suid-Afrikaanse denkers, het vandag tydens ʼn bespreking by ʼn konferensie wat deur die vakbond Solidariteit gereël is, gewys op die teenstrydigheid wat geld by die hantering van voorvalle van rassisme in Suid-Afrika en het in die verband die regering se aandeel daarin uitgewys. Hierdie paneelbespreking vorm deel van Solidariteit se nasionale veldtog teen rassisme.
Die paneel het bestaan uit die joernalis en skrywer R.W. Johnson, die menseregte-aktivis Rhoda Kadalie, advokaat Mark Oppenheimer van die Bridge Group en die regskenner prof. Koos Malan van die Universiteit van Pretoria. Lees meer. Klik hier. |
|
 |
Regstellende aksie nog ʼn hou toegedien – Solidariteit
Die vakbond Solidariteit het regstellende aksie onlangs ʼn hou toegedien met ʼn gunstige beslissing in die arbeidshof, met koste, wat namens een van sy lede in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) bereik is. Dit volg nadat die lid wat sedert 2014 weens regstellende aksie oor die hoof gesien is vir bevordering, terugwerkend vanaf 1 April 2014 in ʼn bevorderingspos bevorder en vergoed is.
Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, voer aan dat ten spyte van die feit dat mnr. Van der Merwe die geskikte kandidaat vir die pos was, hy op grond van sy velkleur doelbewus oorgesien is. Lees meer. Klik hier. |
|
 |
Kontak ons |
Telefoonnommers:
012-644-4300
0861-25-24-23 |
Faksnommer:
012-664-6493 |
H/v DF Malanstraat
& Eendrachtstraat
Kloofsig |
Posbus 11760
Centurion
0046 |
diens@solidariteit.co.za |
|
Besoek ons webblad, klik hier. |