Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie, kyk na die aanlyn-weergawe.

Nr. 7 - Junie 2016

As jy twyfel oor die toekoms – bou dit
Deur dr. Dirk Hermann

Die Solidariteit Beweging se pad beteken die bou van ’n nuwe werklikheid. Aan die een kant beskerm ons ons grondwetlike ruimtes, maar aan die ander kant bou ons. Solidariteit bou ’n groter vakbond, ’n nuwe privaat universiteit, Akademia, en ’n tegniese kollege, Sol-Tech. Die Solidariteit Helpende Hand bou ’n studiefonds wat al R100 miljoen sterk is. AfriForum bou kapasiteit in gemeenskappe. Ons help bou aan media-instellings soos Maroela Media en Pretoria FM en aan kultuurinstellings soos die FAK en Kraal Uitgewers. Ons bou verskeie finansiële instellings.

Lees meer. Klik hier.

Akademia aanvaar eerste studente vir BCom
(Ekonomie en Regte)

Deur Juran van den Heever

Akademia kondig met trots aan dat die eerste studente vir sy jongste kwalifikasie, BCom (Ekonomie en Regte), in April aanvaar is. Hierdie graad word vanaf 2017 aangebied en verdere aansoeke word ingewag. Die BCom (Ekonomie en Regte) is Akademia se derde graadprogram. Lees meer. Klik hier.

Video: Vir ‘n onderhoud op kykNET se Die GROOT Ontbyt met Elzette le Roux, programbestuurder van die BCom Ekonomie en Regte, klik hier.

Wen ’n beurs om in 2017 aan Akademia
te studeer

Solidariteit stel vanjaar weer drie beurse beskikbaar aan voornemende studente om hul studies aan die Solidariteit Beweging se eie tersiêre opleidingsinstelling, Akademia, te voltooi. Klik hier om die aanlyn vorm te voltooi om in aanmerking
te kom vir hierdie geleentheid.
Klik hier vir meer inligting oor die beursprogram.

Twee dowe studente van Sol-Tech skep hoop
Deur Inge Strydom 

Die bekende spreekwoord lui: Soos vinkel en koljander, die een is soos die ander. Vir Markus Maartens (24) en David Nkosi (25), twee dowe studente wat aan Sol-Tech studeer om elektrisiëns te word, beteken dié spreekwoord eerder die een kan nie sónder die ander nie. Lees meer Klik hier.

Kontak ons
Telefoonnommers:
012-644-4300
0861-25-24-23
Faksnommer:
012-664-6493
H/v DF Malanstraat
& Eendrachtstraat
Kloofsig
Posbus 11760
Centurion
0046
diens@solidariteit.co.za
Besoek ons webblad, klik hier.

Teken in / Teken uit