AfriForum seminaar: Is taalregte noodsaaklik?
Op 2 Mei 2013, het die Wet op die Gebruik van Amptelike Tale, Wet 12 van 2012, in werking getree. Dit is veronderstel om ʼn groot mylpaal in die geskiedenis van die land te wees, want dit is ʼn wet waarop al sedert die aanvaarding van die Grondwet gewag word. Tog het hierdie geleentheid byna ongemerk verbygegaan.
In die nasionale en internasionale media word veel gesê oor die sogenaamde Geheimhoudingswet en die maniere waarop dit die vloei van inligting in die land gaan strem. Volgens Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, gaan dié talewet egter presies dieselfde uitwerking hê, want met die gebrekkige voorsiening wat dit vir die gebruik van Suid-Afrikaanse tale maak en die verengelsing wat reeds in die openbare lewe in Suid-Afrika plaasgevind het, gaan mense wat minder vlot in Engels is, van amptelike inligting en kommunikasie uitgesluit word. Daar is volgens Bailey min in dié wet en nog minder in die meegaande regulasies wat Vrydag in die Staatskoerant verskyn het, wat ruimte daarvoor skep om mense hoegenaamd in meer Suid-Afrikaanse tale te bemagtig.
Lees meer. Klik hier.