Click here for the English version of the Newsletter.
No. 6/2014
10 redes waarom ons vir die Puk veg (en waarvoor ons nié veg nie)

Flip Buys, voormalige raadslid en lid van die UK van die Noordwes-Universiteit

Die Noordwes-Universiteit (NWU) het die afgelope jare onder die leiding van dr. Theuns Eloff ’n toonvenster van uitnemendheid geword. Die hoofrede hiervoor was dat die universiteit presteer het met sy kernbesigheid van navorsing, onderrig en die toepassing van kennis.

Daar was veral twee redes hiervoor. Die eerste rede is die bestuursmodel wat die institusionele eenheid van die universiteit suksesvol kombineer het met ruimte vir diversiteit om voorsiening te maak vir die unieke omstandighede van die drie kampusse.

Lees meer. Klik hier.

’n Ooreenkoms vir geslote geledere (artikel 26 van die Wet op Arbeidsverhoudinge)

 

’n Verteenwoordigende vakbond en ’n werkgewer (of werkgewersorganisasie) mag ’n kollektiewe ooreenkoms, naamlik ’n ooreenkoms vir geslote geledere, sluit waarvolgens alle werknemers waarop die ooreenkoms van toepassing is aan die vakbond moet behoort.

’n Ooreenkoms vir geslote geledere is alleenlik bindend indien:

  • ’n Stemming per stembrief gehou is onder die werknemers waarop die ooreenkoms van toepassing sal wees;
  • twee derdes van die werknemers wat aan die stemming deelgeneem het ten gunste van die ooreenkoms is; 
  • daar geen bepaling in die ooreenkoms is wat lidmaatskap van die verteenwoordigende vakbond vereis voordat diens aanvaar word nie; en
  • dit bepaal dat geen lidmaatskapgelde of -heffings wat afgetrek word, as affiliasiegeld aan ’n politieke party of direk aan ’n politieke party of ’n persoon wat verkiesbaar is vir enige politieke amp oorbetaal mag word, of gebruik mag word vir uitgawes wat nie die sosio-ekonomiese belang van werknemers bevorder nie.

’n Vakbond wat ’n ooreenkoms vir geslote geledere sluit, mag nie ’n werknemer lidmaatskap weier nie, tensy die weiering in ooreenstemming is met die vakbond se grondwet en die rede vir weiering, insluitende gedrag wat die vakbond se kollektiewe uitoefening van regte ondermyn, billik is.

’n Werkgewer mag ’n werknemer ontslaan wat weier om aan te sluit by die vakbond wat ’n ooreenkoms vir geslote geledere gesluit het, of wat redelikerwys lidmaatskap van so ’n vakbond geweier word of wat regmatig deur die vakbond verban word. Nietemin mag huidige werknemers tydens ooreenkomssluiting en gewetensbeswaardes nie ontslaan word vir weiering om by die vakbond aan te sluit nie, maar daar kan van hulle vereis word om die ooreengekome agentskapgelde te betaal.

 

Regsvraag

 

Diskriminasie op grond van vakbondlidmaatskap
Deur Phil Davel

Vraag:

Ek het ’n werksaanbod in die mediese bedryf aanvaar en in my dienskontrak word daar gevra of ek aan ’n vakbond behoort. Kan ek maar aandui dat ek aan Solidariteit behoort, of kan die werkgewer my daaroor benadeel?

Klik hier vir die antwoord

 

Onlangs in die nuus

 

Solidariteit veg om fabrieke in die metaal- en ingenieurswesebedryf oop te hou terwyl Seifsa veg om dit te sluit

Die werkgewersagent Seifsa bly volgens aanduidings van voorneme om niestakende werkers saam met stakende werkers by die meer as duisend Seifsa-geaffilieerde maatskappye uit te sluit (“lockout”) en daardeur al die betrokke besighede se werksaamhede in geheel op te skort.

Volgens Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit, is die ironie dus nou dat Solidariteit daarvoor veg dat niestakende werkers die besighede ten volle of gedeeltelik aan die gang hou terwyl die staking en onderhandelinge voortduur, terwyl Seifsa dit inderwaarheid teenstaan. “Die gevolg van Seifsa se ondeurdagte uitsluitingsaksie is dat dit die impak van die staking versterk en dat maksimum skade aan die ekonomie daardeur verseker word.”

Lees meer. Klik hier.

 

Veldtogte

 

 

Solidariteit Tydskrif

 

Lees meer in die jongste uitgawe van Solidariteit Tydskrif


Maroela Media

 

Pale Toe! word moontlik gemaak deur AfriForum

Kompetisie:

Wie dink jy gaan die Super 15 wen? Neem deel en staan 'n kans om 'n Savanna-kroegyskas te wen!
Om in aanmerking te kom vir die groot prys:

  1. Skep jou Pale Toe-profiel en kies jou span
  2. “Like” Pale Toe! se Facebook-blad en skryf in die kommentaar op die onderstaande vraag wie dink jy gaan in die Super 15 se finaal speel en wat gaan die eindtelling wees (jy moet eers inteken op Facebook en jy kan soveel keer raai as wat jy wil).


Klik hier om deel te neem.

 

Solidariteit Helpende Hand

 

Oorwinning vir Helpende Hand in Môrester-hofaansoek

Solidariteit Helpende Hand het hierdie week 'n oorwinning behaal in sy dringende hofaansoek namens Môrester, 'n niewinsgewende organisasie en plek van veiligheid in Rustenburg. Die hofbevel van die hooggeregshof in Mafikeng beteken dat die departement van maatskaplike ontwikkeling agterstallige staatsubsidie aan Môrester moet betaal; dadelik Môrester se herregistrasie as plek van veiligheid moet toeken en Helpende Hand se regskoste moet betaal.

Lees meer. Klik hier.

 

AfriForum

 

AfriForum vra SABC vir duidelikheid oor toekoms van Afrikaanse TV-uitsendings

Na aanleiding van groot ontevredenheid oor die gebrek aan Afrikaanse TV-nuusuitsendings op SABC2 tydens die Wêreldbeker Sokkertoernooi en gerugte oor die toekoms van Afrikaanse TV-programme, het AfriForum 'n dringende skrywe aan die SABC gerig om vir duidelikheid oor die toekomsplanne met Afrikaanse programme te vra. AfriForum het die SABC ook daarop gewys dat beter kommunikasie met die Afrikaanse gemeenskap nodig is.

Volgens Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, is die burgerregte-organisasie se lede geweldig ontsteld oor die verskuiwing en kansellasie van Afrikaanse nuusbulletins weens die uitsending van sokkerwedstryde.

Lees meer. Klik hier.

 
Akademia

 


Diens in 'n neutedop

 

Hoe maak lede van Solidariteit se dienste gebruik?

Dis so maklik soos 1, 2, 3 om van Solidariteit se dienste gebruik te maak:
Webwerf: www.solidariteit.co.za
SMS: SMS “SOL” na 34388
E-pos: navrae@solidariteit.co.za / diens@solidariteit.co.za
Faks: 012 664 6493 / tel.: 0861 25 24 23

Groei behels meer as net ledetalle – dit gaan ook oor infrastruktuur, dienslewering, stelsels, bedrywighede, kommunikasie en mense. Solidariteit is vandag groter en sterker as ooit tevore en ons missie is nog dieselfde: ons beskerm ons mense.

Groei behels meer as net ledetalle – dit gaan ook oor infrastruktuur, dienslewering, stelsels, bedrywighede, kommunikasie en mense. Solidariteit is vandag groter en sterker as ooit tevore en ons missie is nog dieselfde: ons beskerm ons mense.

Hoe gemaak as jy 'n navraag het?

1.         Maak die webwerf by die skakel www.verteenwoordiger.co.za oop.
2.         Teken in met jou e-posadres as jou gebruikernaam en jou ID-nommer as jou wagwoord.

Om bystand aan, en kommunikasie met verteenwoordigers te verbeter, is 'n verteenwoordigerwebblad geskep. Die idee is dat dit 'n eenstop-diens vir verteenwoordigers moet wees waar hulle toegang tot advies, artikels, nuttige dokumente, belangrike datums, kontakbesonderhede, nuus, en so meer verkry.

Lizette Snyman, Arbeidsregsadviseur: Verteenwoordigers en Verteenwoordigerportaal van Solidariteit, bestuur die verteenwoordigerswebblad asook e-posse en telefoniese navrae wat van die verteenwoordigers ontvang word.

Kontak gerus vir Lizette by  0861 25 24 23 /012 644 4334 of  lizette@solidariteit.co.za as jy 'n verteenwoordiger is met navrae.

Indien jy nie op www.verteenwoordiger.co.za kan inteken nie, is jou e-posadres nog nie op die webwerf geregistreer nie. Stuur dan gerus ’n e-pos na elektronies@solidariteit.co.za en versoek toegang tot
www.verteenwoordiger.co.za.

Groot sake waarby jy betrokke is

As 'n saak/situasie waarby jy betrokke is nuuswaardig word, kontak gerus Solidariteit se media-span. Stuur 'n e-pos na wenk@solidareit.co.za.

Belangrike datums

  • 1 tot 3 Julie: Intermediêre opleiding in Rustenburg
  • 8 tot 10 Julie: Intermediêre opleiding in Boksburg
  • 15 tot 17 Julie: Intermediêre opleiding in Secunda en Welkom
  • 22 tot 24 Julie: Intermediêre opleiding in die Vaaldriehoek en Witbank
  • 29 tot 31 Julie: Intermediêre opleiding in Rustenburg en Boksburg

Hou hierdie spasie dop vir die res van die jaar se opleidingsdatums

 

Besoek gerus: www.verteenwoordiger.co.za Teken in/Teken uit

[CONTENT]