Solidariteit sal SAL-kadetprogram fyn dophou
Solidariteit het die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) se opheffing van die verbod op aansoeke van wit manlike studente vir sy omstrede kadetprogram verwelkom maar gemaan dat daar verseker moet word dat wit kandidate wel in die program opgeneem word.
Lees verder.
Aurora: Bhanas gaan boet vir R30 miljoen se ‘lenings’
Die onwettige inkomste van R30 miljoen wat die Bhana-familie uit Aurora gemaak het, sal hopelik binnekort aan Aurora-werknemers terugbetaal kan word, het die vakbond Solidariteit vandag gesê. Dit volg nadat die Aurora-likwidateurs ’n hofsaak teen die Bhanas aanhangig gemaak het om dié geld terug te kry. Die Bhanas het na bewering tussen November 2009 en April 2012 R30 miljoen wat aan Aurora-werknemers verskuldig was, onder die dekmantel van terugbetalings van lenings in hul eie sakke gesteek.
Lees verder.
Solidariteit looi Tshwane-metro oor onbillike arbeidspraktyk
Lid sit vir jare by huis; later by kantoor en koerant lees
Die vakbond Solidariteit het ʼn uitklophou teen die Tshwane-metroraad geslaan nadat die Suid-Afrikaanse Bedingingsraad vir Plaaslike Regering (SALGBC) die metro aan ʼn onbillike arbeidspraktyk skuldig bevind het en beveel het dat die metro Werner Meerholz in sy pos herontplooi en terugwerkend vergoed. Meerholz, ʼn lid van Solidariteit, is in 2006 geskors en is sedertdien net sy basiese salaris vir onder meer “koerant lees” betaal hangende ʼn dissiplinêre verhoor wat nooit plaasgevind het nie.
Lees verder.
SAPD-rangstelsel gee wittes nie gelyke geleenthede
Die vakbond Solidariteit het ʼn saak van onbillike diskriminasie op grond van ras na die arbeidshof verwys om die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) te dwing om drie polisielede volgens die nuwe rangstelsel te bevorder. Die polisielede het gesamentlik meer as 80 jaar ondervinding.
Lees verder.
Hof staan interdik teen DKD se omstrede rasplan toe
Die arbeidshof in Kaapstad het vandag ʼn dringende interdik teen die Departement van Korrektiewe Dienste se omstrede regstellendeaksie-plan toegestaan. Volgens die interdik mag die DKD nie voortgaan om die pos waarvoor ʼn Solidariteit-lid, Christo February, aansoek gedoen het te vul voordat die hoofsaak wat Solidariteit namens vyf DKD-werknemers by die arbeidshof in Kaapstad aanhangig gemaak het, aangehoor is nie.
Lees verder.
Solidariteit betuig medelye ná bekende arbeidsekonoom en hoofonderhandelaar by Kamer van Mynwese sterf
Die vakbond Solidariteit het vandag sy medelye met Dr Frans Barker se familie en sy kollegas by die Kamer van Mynwese uitgespreek. Barker, ʼn bekende arbeidsregkenner, ekonoom en die hoofonderhandelaar in die goud- en steenkoolsektor van die Kamer van Mynwese, is Vrydagoggend in sy slaap oorlede.
Lees verder.