Plaas diens@solidariteit.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy e-pos van Solidariteit ontvang.
Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie, kyk na die aanlyn-weergawe.

Nr. 604 - 18/09/2014
Solidariteit dagvaar Minister Radebe om in gelykheidhof te verskyn oor rasbesluit
Deur Inge Strydom

Die vakbond Solidariteit het Jeff Radebe, voormalige minister van justisie en grondwetlike ontwikkeling, gedagvaar om op 25 en 26 September 2014 in die gelykheidshof in Pretoria te verskyn. Solidariteit sal sy lid, landdros Martin Kroukamp, in die gelykheidshof verteenwoordig en aanvoer dat minister Radebe onbillik op grond van sy ras teen hom gediskrimineer het.

Volgens Johan Kruger, adjunkhoofsekretaris van Solidariteit, volg die hofsaak nadat Radebe die aanbeveling van die Landdrostekommissie om Kroukamp aan te stel, geïgnoreer het op grond van Kroukamp se ras.

“Vir Solidariteit is die hart van die saak nie net die reg van landdros Kroukamp nie, maar die reg van Suid-Afrikaners op 'n effektiewe regstelsel.
Lees meer. Klik hier.

Solidariteit takel 189-afleggingsproses by Assmang in Machadodorp
Deur Inge Strydom

Assmang in Machadodorp, wat hoofsaaklik ferromangaan produseer, kan tot soveel as 60% van sy werknemers aflê, het die vakbond Solidariteit vandeesweek gesê. Die maatskappy het in September 'n artikel 189-kennisgewing aan Solidariteit gestuur waarin hy aandui dat 220 van sy werknemers moontlik afgelê gaan word.
Lees meer. Klik hier.

MTN-afleggingsproses met nog 'n maand verleng
Deur Inge Strydom

Die bestuur van MTN het uiteindelik Solidariteit se versoek dat die maatskappy se afleggingsproses verleng moet word, toegestaan. Konsultasies oor die afleggingsproses is nou amptelik met 'n verdere maand verleng. Twintig Solidariteit-lede word tans deur die afleggings geraak.

Lees meer. Klik hier.

Minimum loon is nie wat “werk op plase vernietig nie”, sê akademikus

Business Day berig dat Ruth Hall, medeprofessor verbonde aan die Universiteit van die Wes-Kaap se Instituut vir Armoede, Grond en Landelike Studies, LP’s meegedeel dat, in teenstelling met die algemene opvatting, makro-ekonomiese en handelsbeleidsrigrings, eerder as die instelling van ’n minimum loon, die hoofoorsaak van ’n afname in indiensname in die landbousektor is. 
Lees meer. Klik hier.

SOLIDARITEIT TYDSKRIF SOLIDARITEIT BLOG

Kyk gerus na Solidariteit Tydskrif
se nuutste weergawe:

Klik hier.

Gaan lees gerus die nuutste inskrywings op die Solidariteit Blog by
http://blog.solidariteit.co.za/

In die skoene van ‘n Solidariteit verteenwoordiger: Sokkerwêreldbeker-trane - Deur Okker Greyvenstein

Dit was die Fifa-sokkerwêreldbeker 2010.  Die opening en eerste wedstryd was aan die gang. Ek was op 'n Vrydagmiddag pad na ons kantoor in Richmond vanaf 'n Oos-Randse vergadering.  Op die radiostasies het groot opwinding oor Suid-Afrika se eerste wedstryd geheers en die motors om my op die hoofweg was vol vlaggies en klein spieëltjie-oortreksels van hul gunstelingspanne se landsvlae. Lees meer. Klik hier.

Solidariteit geanker en ywerig - Deur Cilleste van der Walt

Die vakbond Solidariteit het die voorreg om te sê hy is een van die oudste vakbonde in Suid-Afrika wat deur die jare voortdurend aanpas om die beste vir sy lede te bied. Dit is ook die oudste burgerlike beweging in Suid-Afrika met sy wortels in die mynbedryf.

Lees meer. Klik hier.

Solidariteit: Jou enigste kans teen die SAPD se onbillike toepassing van regstellende aksie

Die onbillike toepassing van regstellende aksie vernietig daagliks die loopbane van duisende talentvolle en hardwerkende Suid-Afrikaners. Jóú loopbaanvooruitsigte in die SAPD word óók deur die onbillike toepassing van regstellende aksie bedreig.

Laat Solidariteit toe om namens jou in die bresse te tree. Hier’s waarom:

  • 'n Volle 95% van hofsake oor regstellende aksie word in Solidariteit se guns beslis.
  • Solidariteit beveg tans die SAPD se diensbillikheidsplan en gaan deur middel van 'n hofbevel poog om by die onderhandelinge oor 'n nuwe plan betrek te word.
  • Solidariteit voer tans 17 sake van onbillike diskriminasie teen die SAPD.
  • Ons is die enigste vakbond wat namens jou teen die onbillike toepassing van regstellende aksie in die SAPD veg.

Solidariteit wil namens jou die stryd teen die onbillike toepassing van regstellende aksie in die SAPD aansê. Om dit suksesvol te kan doen, benodig ons jou ondersteuning. Hoe meer lede ons in die polisie verteenwoordig, hoe groter is ons mag. Sluit vandag nog aan!

Sorg dat jy nie die volgende slagoffer van onbillike regstellende aksie word nie. Nét Solidariteit staan op wanneer onbillike regstellende aksie jou tref.

SMS die woord “SAPD” na 34802, of klik hier om aan te sluit. Stuur hierdie e-pos aan al jou kollegas in die SAPD wat nog nie lid van Solidariteit is nie.




Wen! Wen! Wen!

Solidariteit se grootste ledekompetisie nog, waar lede die kans staan om groot te wen, het in Mei afgeskop! 'n Splinternuwe Toyota Corolla en 'n luukse seevakansie is dié jaar op die spel! Klik hier om te bevestig of jy 'n lid is, of om aan die kompetisie deel te neem. Indien jy nie lid is nie, kan jy net die res van die vorm voltooi.

Meer oor die vakansie

Lede staan die kans om vier nagte se verblyf in 'n vyfster-selfsorghuis met plek vir 12 mense in die Prince’s Grant Gholflandgoed in KwaZulu-Natal te wen. Die prys is enige tyd vanaf die sluiting van die kompetisie tot 31 Desember 2015 geldig, maar skoolvakansies is uitgesluit. Die waarde van die vakansie is ongeveer R30 000. Die wenner ontvang ook sakgeld van R5 000 wat gebruik kan word vir vervoer, kruideniersware, en so meer. Die vakansie word met trots geborg deur Leriba Lodge. Vir meer inligting besoek www.leriba.co.za.

Wenners van Solidariteit en Lewensverryking Seminare-kompetisie bekend!

Twee gelukkige Solidariteit-lede het vandeesweek 'n vier dag lange huwelikseminaar, waarby etes en verblyf ingesluit is, vir hulle en hul eggenote losgeslaan!

Solidariteit en Lewensverryking Seminare wens die volgende wenners hartlik geluk:

1. Me. Danielle de Villiers

Waar het jy van die kompetisie te hore gekom?
In Soldeer.

Waarom het jy ingeskryf?
Ek het dadelik in die kompetisie belanggestel omdat ek volgende jaar op Valentynsdag gaan trou. Ek glo mens moet voortdurend aan jou verhoudings bou en werk en het toe die kans gewaag en gewen!

2. Mnr. Johnny Zowitsky

Waar het jy van die kompetisie te hore gekom?
Ek kan nie eintlik onthou nie, ek dink in Soldeer.

Waarom het jy ingeskryf?
Ek het 'n blaaskans nodig en wil graag van die geleentheid gebruik maak om te reflekteer en weer perspektief te kry.

Meer oor Lewensverryking Seminare
Lewensverryking Seminare word deur kundiges op die gebied van menseverhoudings aangebied. Hul missie is om, met God se Woord as uitgangspunt en onder leiding van die Heilige Gees, individue, huwelike, gesinne en ander belangegroepe deur middel van lewensveranderende seminare te versterk en te verryk tot die eer van God.

Waarom behoort jy Akademia te kies om jou Hoër Sertifikaat Rekeningkunde by te verwerf

Jy wil graag vir jouself 'n goeie onderbou in die bestuurs- en finansiële wêreld gee, maar jy huiwer oor hoe om om dit gaan doen! Moet jy in 'n spesifieke BCom-rigting spesialiseer, moet jy BCom (Algemeen) gaan studeer, of moet jy dalk eers net gaan werk of 'n brug (“GAP”)-jaar neem terwyl jy besluit?

Lees meer. Klik hier.

AfriForum gereed om appèlaansoek in taalsaak te steun

AfriForum het hul teleurstelling uitgespreek met die Gelykheidshofuitspraak waarin taalaktivis Cerneels Lourens se aansoek dat die staat alle wetgewing in al elf amptelike tale beskikbaar stel, van die hand gewys is. AfriForum het Lourens egter gelukgewens vir die inisiatief om die saak aanhangig te maak en daardeur die belang van taalregte in die kollig te plaas.

Lees meer. Klik hier.

Tzaneen-projek wenner van Helpende Hand Projek van die Jaar-kompetisie
Deur Mariné Jacobs

Foto: Van links is dr. Danie Brink, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand, Annaline Geldenhuys, projekleier van Projek Groenvinger, en Anel du Preez, projekorganiseerder van die Projek van die Jaar-kompetisie. Foto: Etienne Fourie

’n Gemeenskapsprojek van Tzaneen in Limpopo is verlede week as die wenner van Solidariteit Helpende Hand se Projek van die Jaar-kompetisie aangewys.

Lees meer. Klik hier.

Video van Karino-ongeluk: vragmotor tref skoolbus

Beeldmateriaal is vrygestel van 'n ongeluk naby Nelspruit, Mpumalanga, toe 'n vragmotor 'n bus, hoofsaaklik vol skoolkinders, getref het. Een voetganger is dood en 102 mense is beseer. Klik hier om die skokkende video te sien.

Video: Rommelstrooi-held 'n internetsensasie

'n Video van 'n persoon wat op 'n motorfiets rondry en klaarspeel met rommelstrooiers is baie gewild op sosiale media. Die video is die afgelope drie dae reeds meer as 9 miljoen keer op YouTube gekyk. Klik hier om die video te sien.

Gedig: Drie gedigte oor plekke

...anderkant sesriem is daar niks meneer
nee meneer sonder sand sal ons sommer
ten gronde gaan hier meneer...

Klik hier om Rudolph Willemse se treffende gedig oor drie plekke in die Namib te lees.

 

1914-Rebellie: 2 000 name van rebelle onthul – kom soek die rebel in jou voorgeslagte! 
Boek oor stryd tussen broer en broer bekendgestel

Deur Ilze Nieuwoudt

Die herdenking van die Rebellie van 1914 is Maandag 15 September, presies 100 jaar ná die skietdood van generaal Koos de la Rey, gedenk met die bekendstelling van 'n projek getiteld “De Wet, Beyers en . . . ek”, aangevul deur 'n uitstalling van sowat 2 000 name van rebelle wat aan dié opstand deelgeneem het en dié van sowat 600 vroue wat aan die eerste vroueoptog in Suid-Afrika na die Uniegebou in 1915 deelgeneem het. Die bekendstelling van 'n omvattende boek oor die Rebellie, Die Afrikanerrebellie, 1914-1915 (uitgegee deur Kraal Uitgewers) het die hoogtepunt van die herdenkingsgeleentheid gevorm.

Lees meer. Klik hier.

BEDRYFSBROKKIES MY WERK REGSVRAAG

Eskom weer uitgehelp

Volgens Die Burger gaan Eskom finansiering van nog sowat R168 miljard nodig hê ná die finansieringspakket wat die nasionale tesourie Sondag aangekondig het. Dit moet verkry word deur onder meer “niestrategiese staatsbates as hefboom te gebruik,” luidens 'n verklaring van die nasionale tesourie.
Lees meer. Klik hier.

Ontwikkel só waardevolle eienskappe en vaardighede
Deur Inge Strydom

Het jy al ooit gewonder wat een mens van sy of haar eweknie in die werkplek onderskei? Met ander woorde, wat maak dat die een persoon bevordering kry en die ander een nie? Kenners meen jou karakter is die deurslaggewende faktor.
Lees meer. Klik hier.

Konstruktiewe ontslag
Deur Phil Davel

Vraag:
My werkgewer maak my werksomstandighede ondraaglik. Sy vind die heeltyd met alles fout en verskreeu my. Dit kan nie so aangaan nie en ek wil bedank. Kan ek eis vir konstruktiewe ontslag omdat sy die oorsaak is dat ek wil bedank?
Klik hier vir die antwoord.

EKONOMIESE NUUS INTERNASIONALE NUUS MY GESONDHEID

Waarom is Rob Davies nie bly oor sitrus-sanksies nie?
Deur Paul Joubert

Rob Davies, die minister van handel en nywerheid, is vies oor die invoerverbod wat die Europese Unie op Suid-Afrikaanse sitrus ingestel het. Hierdie verbod is oënskynlik ingestel omdat sommige Suid-Afrikaanse sitrusvrugte met 'n skadelose, maar onooglike siekte besmet is wat swart kolle op die vrugte se skille veroorsaak.
Lees meer. Klik hier.

Deur Inge Strydom

Skotte eindelik nader aan onafhanklikheid

Baie mense wat suid van die grens tussen Skotland en Engeland woon, het eers onlangs tot hulle skok besef dat daar 'n moontlikheid is dat Skotland die Verenigde Koninkryk kan verlaat. Skotland se strewe na outonomie duur egter al vir dekades, selfs eeue. Lees meer. Klik hier.

Helende heuning
Geskryf deur Medihelp (Vir sakpas mediese dekking SMS “Solidariteit” na 32291)

Heuning word deur talle die natuur se kuur genoem. Dit bevat antioksidante en het antibakteriese eienskappe, en sommige mense reken dat dit selfs kanker kan help voorkom.
Heuning bied ook verligting van seisoenale allergieë en word deur baie mense gebruik om hoes en seer kele mee te dokter.
Lees meer. Klik hier.

HET JY GEWEET? SPREEKWOORD AANHALING

De Villiers Lamprecht word in 1964 die eerste Suid-Afrikaanse atleet wat die myl in minder as 4 minute aflê.



Bron: Pharos se Feitegids. 'n Kernensiklopedie.

As dit met groen hout gebeur, wat sal met die droë hout gebeur? As 'n vooraanstaande persoon iets teleurstellends doen, wat kan 'n mens dan nie van 'n gewone mens verwag nie.

Bron: Pharos se Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom

Die digter sal onvolmaak bly skryf tot daardie dag van die leeu en die lam die kat en die duif. - Daniel Hugo

- "vir die kritici", Korte mette, 1982

RIDDER EN RAMPOKKER

Deur Inge Strydom

Ridder

Vandeesweek se ridder is mev. Ellelene Louw (84) van Port Elizabeth. Louw het onlangs 'n liefdadigheidsprojek van stapel gestuur om fondse vir diererehabilitasiesentrums in te samel. En wat behels die projek? Louw brei allerlei diertjies wat sy verkoop en daarna word die opbrengste vir dieresorgfasiliteite geskenk. Ná sowat 200 bolle wol en 101 dae van brei, het Louw haar nuutste projek afgehandel – om 101 Dalmasiese hondjies, soos dié in die rolprent, 101 Dalmations, te brei. “Ek maak diere vir die behoud van diere. Ek gaan dié gebreide hondjies verkoop en ’n groot deel van die geld aan ’n dierewelsynorganisasie skenk,” het sy onlangs aan Beeld gesê. Louw het spesifiek aan die Dierewelsynsvereniging in Walmer gedink, veral nadat dié organisasie se liefdadigheidswinkel, Wagtails, onlangs afgebrand het.

Rampokker

Die voormalige sekretaris-generaal van die ANC-jeugliga wat in Limpopo in verband met 'n skietvoorval in hegtenenis geneem is, is vandeesweek se rampokker. Jacob Lebogo het homself aan die polisie oorgegee kort nadat Boy Mamabolo (31), ANC-voorsitter van die Milo Malatjie-tak in Seshego, in die bors geskiet is. Lebogo is glo 'n jare lange boesemvriend van Julius Malema, die EFF-leier. Brig. Hangwani Mulaudzi, kommunikasiehoof van die polisie in Limpopo, sê Lebogo word in die selle by die polisiekantoor aangehou. Hy sou later die week op aanklag van poging tot moord in die landdroshof verskyn. Mamabolo is in ’n bedenklike toestand in die waakeenheid van die Mediclinic Limpopo.

 

Hoogtepunte by die Atterbury Teater

Vertoning/ geleentheid

Datum

Tyd

Prys

THE ATTERBURY CULTURAL FILM FESTIVAL www.coolcapital.co.za 22-24 September

Metropolar: A film, music and “spoken word” experience Modise Sekgothe and Jotam Schoeman. 22 Sept 20:00;      24 Sept 18:00

22 & 24 September

20:00 & 18:00

R40 pp by die deur

In Search of our Own – The Forgotten Legacy of Norman Eaton A Documentary on celebrated Pretorian architect      

23 & 24 September

18:00 & 20:00

R40 pp by die deur

Portions of Pretoria: A collection of audio-visual vignettes celebrating the Capital City

22 & 23 September

18:00 & 20:00

R40 pp by die deur

Kaartjies is by enige Computicket-kantoor beskikbaar of skakel 083 915 8000 om 'n bespreking te doen. Atterbury Teater is geleë op die hoek van Lynnwoodweg en Daventrystraat in Lynnwood. Skakel die teater by 012 471 1700 of stuur 'n e-pos na info@atterburytheatre.co.za.

Sluit só aan by die Solidariteit Atletiekklub

Word vandag nog deel van die Solidariteit Atletiekklub.

Skakel klubvoorsitter Hendrik van der Westhuizen by 082 851 8451 vir meer inligting of stuur 'n e-pos na atletiek@solidariteit.co.za.

KONTAK ONS
Telefoonnommers:
012-644-4300
0861-25-24-23
Faksnommer:
012-664-6493

H/v DF Malanstraat
& Eendrachtstraat
Kloofsig

Posbus 11760
Centurion
0046

navrae@solidariteit.co.za
diens@solidariteit.co.za

www.solidariteit.co.za

[CONTENT]