Plaas nuusbriewe@soldeer.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy e-pos van Solidariteit ontvang.Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie, kyk na die aanlyn-weergawe.

Nr. 546 - 4/07/2013

Solidariteit stel spesialiseenheid bekend teen staat se mislukte regstellendeaksiemodel
Deur Nico Strydom

Die vakbond Solidariteit het vandeesweek sy Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke bekendgestel in reaksie op die staat se huidige regstellendeaksiemodel wat misluk het. Die sentrum het tydens sy bekendstelling ʼn vyfpuntplan aangekondig wat onder meer behels om in die volgende jaar die ideologie van rasseverteenwoordiging in die konstitusionele hof te toets.

Lees meer. Klik hier.


Ooreenkoms oor mynbou ʼn stap in die regte rigting – Solidariteit
Regstellende aksie in die staatsdiens moet afgeskaf word – Solidariteit
Transnet gaan meer aan uitbreidingsprogram bestee

Deur Nico Strydom

Die vakbond Solidariteit het vandeesweek die ondertekening van ’n konsepooreenkoms om arbeidsverhoudinge in die mynbedryf te stabiliseer, as ʼn stap in die regte rigting beskryf ondanks Amcu se weiering om die ooreenkoms te onderteken.

Lees meer. Klik hier.

Deur Nico Strydom

Die vakbond Solidariteit het vandeesweek gesê regstellende aksie in die staatsdiens moet afgeskaf word. Dit kom nadat Lindiwe Sisulu, minister van staatsdiens en administrasie, in reaksie op ’n parlementêre vraag gesê het dat die staatsdiens in sy geheel getransformeer is en die land se demografiese samestelling weerspieël.
Lees meer. Klik hier.

Deur Cilleste van der Walt

Ondanks die ekonomiese insinking is Transnet van plan om sy enorme infrastrutuur-uitbreidingsprogram met nog 10% tot R330 miljard te vergroot, en dit sal nou oor sewe jaar pleks van ses strek. Transnet beoog om in die huidige boekjaar nog R27,3 miljard aan sy kapitaalprogram te bestee.
Lees meer. Klik hier.

Solidariteit Tydskrif Solidariteit Blog

Kyk gerus na Solidariteit Tydskrif
se nuutste weergawe:

Klik hier.

Gaan lees gerus die nuutste inskrywings op die Solidariteit Blog by
www.solidariteitblog.co.za.

Hou moed – Carina Bester

Daar is soms dae wanneer dit voel asof alles deurmekaar is. Asof dinge net nie wil uitwerk nie. Asof jy ronddobber in ʼn stroom vol onsekerhede.
Baie vrae maal in jou kop: Wat? Waarom? Wanneer?

Lees meer. Klik hier.

Melk die veearts jou? – Cilleste van der Walt

Ek het Vrydagmiddag by die huis gekom na werk, soos gewoonlik, en Cara op my kamermatjie sien lê sonder om haar koppie op te lig toe ek haar roep. Ek het dadelik geweet iets is fout en het toe aan haar gevat om seker te maak sy hoor my.

Lees meer. Klik hier.

As jy ʼn regmerkie in al drie die boksies hieronder kan maak, kom jou naam in die trekking vir ʼn splinternuwe Toyota Corolla:

Klik hier om vir die kompetisie in te skryf.

Akademia Sakeplankompetisie

Het jy ʼn idee wat jy graag in ʼn besigheid wil omskep, maar die uitdaging lyk net vir jou te groot? Het jy dalk reeds ʼn besigheid en jy wil hom graag uitbrei, maar die kennis van hoe om dit te doen en hoe om finansiering daarvoor te kry, is vir jou ʼn uitdaging?

Dan bied die Akademia Sakeplankompetisie vir jou ʼn antwoord. Skryf jou nuwe sake-idee of idee vir die uitbreiding van jou bestaande sakeonderneming in vir hierdie kompetisie, leer hoe om dit te omskryf in ʼn goed gestruktureerde sakeplan en staan boonop die kans om ʼn prys ter waarde van R135 000 te wen!

Vir meer inligting, klik op die banier hierbo, e-pos ons by sakeplan@akademia.ac.za of SMS die woord “sakeplan”, jou naam en van na 34933.

Akademia – waar werkendes in Afrikaans studeer!

AfriForum gee Weerwet wind van voor

“Dit lyk asof die regering nou die weer ook wil nasionaliseer,” het Julius Kleynhans, hoof van omgewingsake by AfriForum gesê. Ingevolge artikel 30(A) van die Wysigingswetsontwerp is dit ʼn oortreding om ʼn waarskuwing oor uiterste weersomstandighede of lugbesoedeling sonder die nodige skriftelike toestemming van die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) uit te reik. ʼn Vonnis van tot R10 miljoen of 10 jaar gevangenisstraf kan vir so ʼn oortreding opgelê word.

Lees meer. Klik hier.

Help Helpende Hand om kleuters kos en lessies te gee
Deur Juanita du Preez

Digby 6 700 kleuters se lewens word in 2013 op die een of ander manier deur Helpende Hand se Kosblikkieprojek verbeter.

Die projek het in 2009 begin en het elke jaar gegroei en verbeter. Dit het gegroei van partytjies by ʼn paar kleuterskole waar die kinders met ʼn kosblik vol lekkergoed bederf is, tot ʼn holistiese projek waardeur kleuters, versorgers en ouers se lewens opgehef word.

Lees meer. Klik hier.

Só bly jy op hoogte

Maroela Media is ongetwyfeld die lekkerste kuierplek op die internet – boonop in jóú taal! Om dit vir jou so maklik as moontlik te maak om op hoogte te bly met alles wat op Maroela gebeur en die belangrikste nuus wat die afgelope week gepubliseer is, stuur ons elke Vrydag ʼn nuusbrief uit. Klik hier om op die nuusbrief in te teken. Dit beloof om die lekkerste e-pos te wees wat jy kry!

Die Groot Trek op die verhoog

Ter viering van die 175ste herdenking van die Groot Trek ondersteun Maroela Media ʼn eenvrouvertoning deur Gera Phielix. Trek beeld die daaglikse hartseer en vreugdes van die Groot Trek uit deur die oë van vier vroue: ʼn jong meisie, ʼn volwasse vrou, ʼn ouma en ʼn slavin. Die vroue kan nie oor die weg kom nie, maar sonder mekaar sal hulle nie oorleef nie. En dan arriveer die brief wat dreig om dié fyn balans te verwoes… Klik hier om meer te lees.

Mandela in die nuus

Sedert oud-president Nelson Mandela op 8 Junie weer in die Medi-Clinic Harthospitaal opgeneem is, is dit moeilik om op hoogte te bly met die jongste nuus oor sy hospitaalverblyf, die familiegrafte wat van Qunu na Mvelo geskuif is en nou weer opgegrawe word en selfs entrepreneurs wat ʼn besigheidsgeleentheid buite die hospitaal raakgesien het. Maroela Media het ʼn spesiale blad gebou om jou op hoogte te hou van al dié nuusgebeure. Klik hier om dié blad te besoek.

Boek vier Vrouemonument se 100-jarige bestaan
Deur Ilze Nieuwoudt

Die vyfde boek in Kraal Uitgewers se gewilde Erwe van ons vaard’re-reeks, Onthou! Kronieke van vroue- en kinderlyding, 1899–1902 (saamgestel deur A.W.G. Raath en Elria Wessels), bied, onder meer, die omvattendste geskiedenis oor die Nasionale Vrouemonument in Bloemfontein wat hierdie jaar sy 100-jarige bestaan vier. Slegs ʼn handjievol eksemplare van hierdie boek is nog deur Kraal Uitgewers beskikbaar. Die koste van die boek beloop R520 (R60-posgeld uitgesluit). Moenie die geleentheid misloop om hierdie versamelstuk te bekom nie. Plaas jou bestelling vandag nog!

Lees meer. Klik hier.

 

Bedryfsbrokkies My werk Regsvraag

Mynbou by arbeidsverhoudinge-kruispad

Volgens Gideon du Plessis, hoofsekretaris: arbeidsverhoudinge by Solidariteit, sal hierdie jaar se loononderhandelinge in die mynbedryf bepalend vir arbeidsverhoudinge in die land wees en moontlik die vonk wees wat volskaalse arbeidsonrus in die sektor laat vlam vat. Lees meer. Klik hier.

Wanneer moet jy ry en wanneer moet jy bly?
Deur Inge Strydom

Ons almal voel soms oorweldig deur ons werkstres en wanneer jy en jou bestuurder of kollegas boonop met mekaar haaks is, kry jy sommer lus om die hasepad te kies.

Lees meer. Klik hier.

Vergoeding vir mediese uitgawes wat uit beroepsbeserings of -siektes spruit
Deur Hanlie van Vuuren

Vraag: Kan die Vergoedingskommissaris aanspreeklik gehou word vir redelike mediese uitgawes wat uit beroeps-beserings of -siektes spruit?
Lees meer. Klik hier.

Ekonomiese nuus Internasionale nuus Bobaas Beroepe

Druk op goud en platinum
Deur Paul Joubert

Die jongste insinking in pryse plaas groot druk op die edelmetaalmyners in Suid-Afrika. Beide goud- en platinummyners word in ʼn knyptang van stygende insetkoste en dalende pryse vir hul produkte vasgeklem. Oor die kort termyn lyk die situasie die ergste vir goud, waarvan die prys in randterme vanaf Januarie tot die nuutste pryse in Julie al sowat 15,5% gedaal het. In teenstelling hiermee het die prys van platinum in die eerste ses maande van die jaar met slegs sowat 6% gedaal. Lees meer. Klik hier.

Deur Inge Strydom

Dodelike Arizona-brand eis 19 brandbestryders

Minstens 19 brandbestryders is dood terwyl hulle ’n wegholbosbrand in Arizona probeer blus het. Dit word as die dodelikste voorval van die aard in 80 jaar in die VSA beskou. Die brandbestryders is laat Sondagmiddag dood toe hulle gespook het om die Yarnell Hill-bosbrand noord van Phoenix in bedwang te bring.

Lees meer. Klik hier.

ʼn Toekoms in toneelspel

Bobaas beroepe is insetsels oor skaars en kritieke vaardighede, verskillende beroepe en belangrike kwessies rondom opvoeding. Die insetsels kan ook afgelaai word om in ʼn voorligtingsklas gebruik te word of om op sosiale medianetwerke gedeel te word.

Karin Venter gesels vandeesweek met Shareen Swart, bekende aktrise en hoof van ʼn dramaskool, oor verskillende beroepsgeleenthede in drama en die kunste. Luister saam.

Het jy geweet Spreekwoord Aanhaling

Knoop is die eenheid vir spoedmeting op see. Dit is gelyk aan 1 seemyl (1 852 m).

Bron: Pharos se Feitegids. ʼn Kernensiklopedie.

Loop gee die hoenders kos. ʼn Bevel vir ʼn kind om die geselskap van die grootmense te verlaat.

Bron: Pharos se Spreekwoorde
en waar hulle vandaan kom

Is die konsep van geregtigheid as gehoorsaamheid aan eiesoortigheid 'n houdbare konsep? -  Johan Degenaar

Ridder en Rampokker

Deur Inge Strydom

Ridder

AfriForum, Solidariteit se burgerregte organisasie, is vandeesweek se ridder. Dit volg nadat dié organisasie verlede week ’n deurbraak behaal het in sy regstryd teen die Zimbabwiese regering oor dié se grondhervormingsbeleid. Die konstitusionele hof het Zimbabwe se appèl teen Suid-Afrikaanse hofbevele, wat die geregtelike verkoping van eiendom van die Zimbabwiese regering gelas het om boere ingevolge bevele van die tribunaal van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) te vergoed, verwerp. Die konstitusionele hof het bevind dat Suid-Afrika, net soos in die geval van Zimbabwe, verplig is om bevele van die tribunaal uit te voer.  Die hof het daarvan kennis geneem dat Zimbabwiese boere kragtens ’n “landelike hervormingsprogram” hul grond sonder kompensasie verloor het. Die konstitusionele hof het ook bevind dat die tribunaal se jurisdiksie op die oppergesag van die reg berus en dat die verontregte boere regresreg op die tribunaal se beskerming het.

Rampokker

Generaal-majoor Simon Mapyane, die Suid-Afrikaanse Polisiediens se spesiale eenheid, die Valke, se hoof in Mpumalanga, is vandeesweek se rampokker. Die staat gaan binnekort sy korrupsiesaak voortsit teen Mapyane, wat vals reiseise ten bedrae van R7 000 ingedien het. Sy verhoor sal op 25 September vanjaar voortgaan. Intussen word die polisie gekritiseer omdat daar nie onmiddellike stappe teen Mapyane geneem is ná sy inhegtenisname vroeër in Mei nie. Brigadier Phuti Setati, polisiewoordvoerder, het egter gesê dat hulle bewus is van sy inhegtenisneming en dat die polisie nog oorweging daaraan skenk of ’n formele departementele verhoor geregverdig is.

 

Hoogtepunte by die Atterbury Teater

Vertoning/ geleentheid

Datum

Tyd

Prys

Kathleen Tagg Presented by Roland V-Piano

5 Julie

19:30

R80

Kevin Leo & Charlize Berg

7 Julie

16:00

R120 / R140

Die geel koevertjie Children's theatre

10 – 13 Julie

11:00

R80

Kaartjies is by enige Computicket-kantoor beskikbaar of skakel 083 915 8000 om ʼn bespreking te doen. Atterbury Teater is geleë op die hoek van Lynnwoodweg en Daventrystraat in Lynnwood. Skakel die teater by 012 471 1700 of stuur ʼn e-pos na info@atterburytheatre.co.za.


Sluit só aan by die Solidariteit Atletiekklub

Word vandag nog deel van die Solidariteit Atletiekklub.

Skakel klubvoorsitter Hendrik van der Westhuizen by 082 851 8451 vir meer inligting of stuur ʼn e-pos na atletiek@solidariteit.co.za.

Kontak ons
Telefoonnommers:
012-644-4300
0861-25-24-23
Faksnommer:
012-664-6493

H/v DF Malanstraat
& Eendrachtstraat
Kloofsig

Posbus 11760
Centurion
0046

navrae@solidariteit.co.za
diens@solidariteit.co.za

Besoek ons webblad

[CONTENT]