Soldeer Nr. 516 - 15/11/2012 |
---|
H/v D F Malanstraat & Eendrachtstraat Kloofsig |
Posbus 11760 |
Telefoonnommers: |
Faksnommer: |
---|
HOOFSTORIE | ||||||||||||||||||||||||
Stakings en afleggings veroorsaak grootskaalse onsekerheid in mynbedryf – Solidariteit |
||||||||||||||||||||||||
Deur Inge Strydom Die Suid-Afrikaanse mynbedryf is in 2012 deur gewelddadige stakings en afleggings geteister wat tot grootskaalse onsekerheid onder werknemers en buitelandse beleggers gelei het. Volgens die vakbond Solidariteit moet daar in die volgende jaar spesiale aandag aan hierdie kwessies geskenk word om ʼn herhaling daarvan te voorkom. Dit volg nadat ʼn werknemer van Amplats se voormalige Amandelbult-myn, nou die Tugela- en Dishaba-myne, op 12 November 2012 tydens nóg ʼn gewelddadige staking met ʼn klip doodgegooi is. Die staking is gister beëindig en die stakende mynwerkers se verteenwoordiger sal vandag met die bestuur van die myn vergader ten einde ʼn ooreenkoms te bereik. ʼn Soortgelyke staking by Lonmin se Marikana-myn, wat tot die dood van 45 mynwerkers gelei het, het nou ook aanleiding gegee tot afleggings by dié maatskappy. Die maatskappy het nog nie aangedui hoeveel werknemers deur die beplande afleggings geraak kan word nie. Lonmin het wel te kenne gegee dat hy van plan is om sy produksie by Marikana oor die volgende twee jaar tot 750 000 onse te beperk. Volgens Johan Kruger, woordvoerder van Solidariteit, kan stakings ʼn bydraende faktor tot die ontstaan van afleggings by ʼn maatskappy wees. “Hoewel alle stakings nie noodwendig op afleggings uitloop nie, bring dit definitief onsekerheid in die bedryf mee,” het Kruger gesê. Verskeie myne van 14 mynmaatskappye het in 2012 onder stakings deurgeloop. Werknemers van Village Main Reef se Buffelsfontein-myn het verlede week weer teruggekeer werk toe nadat hulle sedert verlede Maandag gestaak het te midde van onderhandelinge tussen vakbonde en die bestuur van die myn om potensiële afleggings te beperk. Hoewel daar geen formele artikel 189-kennisgewings aan die betrokke vakbonde gestuur is nie, het die maatskappy vroeër aangedui dat sowat 400 van sy werknemers oorbodig is. Die potensiële afleggings is egter intussen na 20 verminder. Solidariteit beraadslaag tans met verskeie mynmaatskappye oor beplande afleggings:
|
||||||||||||||||||||||||
NUUS | ||||||||||||||||||||||||
Solidariteit en SAPD se regstelsaak uitgestel, wag op uitsluitsel in Renate Barnard-saak | ||||||||||||||||||||||||
Deur Nico Strydom Die vakbond Solidariteit en die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het verlede week in die arbeidshof in Braamfontein ooreengekom om ’n saak oor regstellende aksie tussen die twee partye uit te stel totdat ʼn finale uitspraak in die Renate Barnard-saak gekry is. Solidariteit verwelkom die uitstel aangesien die Barnard-saak sekerheid gaan bring oor regstellende aksie in Suid-Afrika. Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, sê die saak, waarin die vakbond namens luitenant-kolonel Bernard van der Westhuizen opgetree het, het weereens bewys hoe absurd die Barnard-uitspraak was. “In die Barnard-saak het die hof die beginsel dat poste vakant gelaat mag word vir die doel van regstellende aksie, bekragtig. Die polisie het vandag in die Van der Westhuizen-saak ook dié beginsel gebruik om te probeer motiveer waarom hulle 70 poste vakant gelaat het vir die doel van regstellende aksie. Die polisie se motivering dui daarop dat regstellende aksie vir hulle belangriker is as goeie diens aan die Suid-Afrikaanse publiek.” Feite oor die Van der Westhuizen-saak:
|
||||||||||||||||||||||||
Mosie van wantroue in regering oor misdaad – Solidariteit | ||||||||||||||||||||||||
Deur Nico Strydom Solidariteit het vandeesweek met skok verneem van die moord op ds. Willem Brits van Harrismith. Die vakbond sê as daar een aspek is waaroor alle Suid-Afrikaanse burgers ’n mosie van wantroue teen die regering kan indien, is dit die misdaadsituasie in die land. Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, sê die sinnelose aanval op ds. Brits en sy gesin beklemtoon weereens dat misdaad in Suid-Afrika buite beheer is. “Ons doen ’n beroep op die burgerlike samelewing, insluitend organisasies en kerke, om voort te gaan met hulle protesaksies teen misdaad. As ons nie protes aanteken nie, word misdade soos die moord op ds. Brits as normaal gesien.”
|
||||||||||||||||||||||||
Die rol van Racheltjie de Beer staan oop vir die publiek | ||||||||||||||||||||||||
Deur Cilleste van der Walt Die verhaal van Racheltjie de Beer is eersdaags op die planke in die Staatsteater in Pretoria sowel as op die silwerdoek, waartydens daar nuwe lewe in hierdie eg Suid-Afrikaanse volksverhaal geblaas word. Die opwinding stop egter nie daar nie – oudisies vir die rol van Racheltjie vind eersdaags plaas. Die vervaardiging van die rolprent sal in die winter van 2013 begin en sal waarskynlik teen die einde van daardie jaar op die groot skerm te sien wees. ’n Musiekblyspel getiteld Die woorde en musiek van Racheltjie de Beer sal terselfdertyd deur verskeie groot Afrikaanse musiekkunstenaars by die Voortrekkermonument opgevoer word. “Hierdie storie smeek om vertel te word,” sê Judy Prins van Deloitte Media & Entertainment, die finansiers agter die lokkettreffers Semi-Soet en Spud. “Die energie en opwinding wat deur die projek gegenereer word, kan nie ontken word nie.” As jy jou talent as aktrise wil tentoonstel, is die kans nou hier. Die vervaardigers van die musiekblyspel Die woorde en musiek van Racheltjie de Beer” en die rolprent oor Racheltjie is op soek na ’n vrou en ’n meisie wat die rol van Racheltjie kan vertolk. Vereistes vir die film Vereistes vir die verhoogproduksie Besoek www.racheltjiedebeer.co.za vir meer inligting.
|
||||||||||||||||||||||||
Beweging-nuus | ||||||||||||||||||||||||
Solidariteit Hoekom vroue aan ʼn vakbond moet behoort As ʼn vrou, is dit regtig nodig om aan ʼn vakbond te behoort? Wat steek daarin vir my? En hoekom is dit so belangrik om aan ʼn vakbond te behoort? Jy het jouself dalk al hierdie vrae afgevra. Die antwoorde is almal hier. Mans het vir ʼn lang tyd die grootste gedeelte van die werksmag verteenwoordig, maar vroue het sedertdien hulle stempel in die werksplek afgedruk en speel ʼn belangrike rol in elke industrie. Die werksplek asook die vakbond Solidariteit het ook vir vroue ontwikkel. Dit is net so belangrik vir vroue om by ʼn vakbond aan te sluit as wat dit vir mans is – net omdat ʼn geliefde ʼn lid is, beteken dit nie dat jy as ʼn vrou by jou werksplek beskerm sal word nie. Is dit vir my as werknemer belangrik om aan ʼn vakbond te behoort? Wat steek daarin vir jou?
Elke vrou verdien die beskerming wat Solidariteit sy lede in die werkplek bied. Die Lid vir Lid Voue-veldtog begin op 20 November. Besoek www.solidariteitverwysings.co.za/beskerm-jou-werk vir ‘n 1 minuut aansluiting.
Akademia Groot tekort aan opleidingsgeleenthede Luidens die onlangste matriekverslag van die Solidariteit Navorsinginstituut (SNI), wil ongeveer 85% van Afrikaanse skoolverlaters graag gaan studeer. Van die ongeveer 550 000 leerders wat jaarliks inskryf vir graad 12, slaag ongeveer 350 000 met toelating om verdere studies by ʼn hoëronderwysinstelling (universiteite, universiteite van tegnologie en privaatinstellings) te onderneem. Openbare universiteite kan egter slegs sowat 160 000 van dié studente inneem. Akademia is die oplossing Virtuele klaskamers
AfriForum AfriForum eis Zuma en Mthethwa se ingryping by De Doorns opstande AfriForum het vandeesweek ʼn dringende beroep op president Jacob Zuma en die minister van polisie, Nathi Mthethwa gedoen om in te gryp by die werkersopstande in die Wes-Kaap, nadat dié organisasie verneem het dat ʼn skietery vandag daar uitgebreek het. Op sosiale media word daar wyd beweer dat ʼn boer vandag in Wellington deur betogers vermoor is. Die beweerde moord kon egter nog nie bevestig word nie. Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het die situasie rondom De Doorns as die resultaat van klaaglike politieke leierskap beskryf. “Ons verwag van die minister om die toneel persoonlik te besoek en om toe te sien dat die oortreders vervolg en gevonnis word,” het Roets gesê.
Helpende Hand Kan jy jou eerste skooltassie onthou? Kyk watter bekendes onthou hulle eerste skooldag saam met Helpende Hand Bobby van Jaarsveld het gehuil en wou glad nie sy eerste skooldag aanpak nie, maar sus Karlien was baie opgewonde oor al die nuwe maatjies. Helpende Hand het al die bekendes wat die Skooltassieprojek ondersteun, gevra om hulle eerste skooldag te onthou. Bobby en Karlien, Jay, Liani, Kurt, Riana Nel, Jak, Pieter Koen en Ghapi, Jan Harm van Ontbytsake, Hettie Brittz en Joe Niemand en nog vele meer het almal ingestem! Gaan loer gerus op Helpende Hand se webwerf vir interessante stories oor die skooltassie. Met die Skooltassieprojek sit ons ’n tassie propvol met al die nodige skryfbehoeftes in ’n graadeentjie se hand en gee hom daarmee hoop en moontlikhede. Die Skooltassieprojek pak egter nie net ʼn eendimensionele behoefte aan nie. Dit is veel meer as gereedskap vir skool. Dis ʼn simbool van hoop. Om hierdie reusagtige doelwit te bereik, is ʼn reusetaak wat nie sonder ons ondersteuners uitgevoer kan word nie. Wys JOU passie vir die tassie saam met Helpende Hand. Kyk na ʼn lekker video oor Helpende Hand se passie vir die tassie! ’n Skooltassie kos R200, maar enige bedrag is welkom. Om by te dra, SMS die woord “tassie” na 34388 (’n SMS kos R2) en ons sal jou skakel om te hoor hoeveel jy wil skenk. Kraal-Uitgewers Belhar geweeg (Prys: R150, R20-posgeld uitgesluit) In Belhar geweeg ondersoek 18 skrywers – onder wie prominente kerklui soos die voormalige moderator van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, prof Piet Strauss, en bekendes soos die voormalige polisiehoof, genl Johan van der Merwe – die waardigheid van Belhar as belydenisskrif. Belhar geweeg praat oor die Belhar waarvan daar nie in die media en populêre gesprekke gehoor word nie. Is Belhar die enigste weg tot ʼn verenigde kerk of staan dit juis in die pad van nouer bande tussen kerke? Is Belhar nie dalk net ʼn tydgebonde protesskrif wat in die hedendaagse bestel uitgedien en oorbodig geraak het nie? Belhar geweeg bied ʼn nugtere benadering tot dié debat. Belhar geweeg kos R150 (R20-posgeld uitgesluit). Bestel nou!
ʼn Kykie binne Belhar geweeg
Sol-Tech Aandag alle voornemende Sol-Tech-studente! Ná ’n suksesvolle opedag op 20 Oktober 2012 is Sol-Tech slaggereed om in Januarie 2013 nog studente te verwelkom. Die aansoeke stroom in, maar daar is nog ’n paar plekke vir studente wat ’n wenloopbaan in ’n tegniese rigting deur Sol-Tech wil aanpak. Hierdie plekke is nog beskikbaar: Inname by die N-skool: 7 Januarie 2013
Werkswinkels (Slegs vir voornemende studente wat Wiskunde, Fisiese Wetenskap en toepaslike vakteorie op graad 12-vlak geslaag het)
Keuringstoetse vir die Januarie 2013-inname Kontakbesonderhede:
|
||||||||||||||||||||||||
RUBRIEKE | ||||||||||||||||||||||||
BEDRYFSBROKKIES |
||||||||||||||||||||||||
Registrasie van maatskappye ’n kopseer Die aandag is hierdie week gevestig op die frustrasie wat talle plaaslike en buitelandse maatskappye ervaar wanneer hulle aansoek doen om registrasie voordat hulle kan sake doen. Berna Oluka, korporatiewe prokureur van die regsfirma Bowman Gilfillan, het in ’n verklaring gesê maatskappye verloor miljoene rande aan verlore tyd en sakegeleenthede omdat daar nie ooreenstemming is in die maatskappy-opgawes van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) en die kommissie vir maatskappye en intellektuele eiendom (CIPC) nie. ’n Nuwe maatskappy moet ’n aansoek by die CIPC indien om as ’n maatskappy geregistreer te word en daarna by die SAID om as ’n belastingpligtige, werkgewer en BTW-handelaar te registreer. “Die hele proses kan tot ses maande duur en behels minstens vier afsonderlike aansoeke waarby ’n senior verteenwoordiger van die maatskappy teenwoordig moet wees, ure van toustaan en talle reise na albei kantore,” het Oluka gesê. “Wat betref die gemak van sake doen in Suid-Afrika, is dit nie die boodskap wat ons moet oordra as ons buitelandse belegging probeer aanmoedig nie.” Die CIPC sê dit is nie sy bedoeling om kliënte op enige wyse te laat ly nie. Daarom skakel hy met “ander belangrike entiteite” om uitdagings te assesseer, innoverende idees te oorweeg en risiko’s te verminder en te voorkom. Die SAID het in reaksie op Oluka se stellings gesê veranderinge wat die administratiewe las op ondernemings wat vir belasting moet registreer aansienlik sal verlig, gaan in die eerste kwartaal van volgende jaar aangekondig word.
|
||||||||||||||||||||||||
MY WERK |
||||||||||||||||||||||||
Die voordele van humor in die werkplek Die meeste van ons neem ons werk ernstig op en ag produktiwiteit hoër as enigiets anders. Daarom raak ons so verdiep in ons werk dat ons dikwels vir niks anders tyd kry nie, nie eens vir ʼn grappie of twee nie. Humor speel egter ʼn baie belangrike rol in die werkplek en indien dit reg aangewend word, kan dit van groot waarde wees. Volgens Nicolien Welthagen, navorsingsielkundige by Solidariteit, hou humor heelwat voordele vir werknemers in. “Daar word gesê dat die gesondheid van ’n organisasie gemeet kan word aan die humor tussen werknemers,” sê Welthagen. Hiermee enkele van die voordele van humor wat sy uitlig:
Neem daarom gerus die tyd om volgende keer vir ʼn kollega se grappie te lag. Dit kan dalk net jou dag aangenamer maak!
|
||||||||||||||||||||||||
REGSVRAAG |
||||||||||||||||||||||||
Deur Johan Roos Vraag Antwoord
|
||||||||||||||||||||||||
EKONOMIESE NUUS |
||||||||||||||||||||||||
Beledigings van die president en slegte ekonomiese geselskap Die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty (SAKP) in KwaZulu-Natal, Jacob Zuma se tuisstreek, het by hul mees onlangse vergadering besluit om hulle daarvoor te beywer dat ’n wet ingestel word om die “waardigheid van die amp van die president” te beskerm. Daar is talle lande wat sulke wette het, of wat in hul algemene lasterwette spesifiek daarvoor voorsiening maak dat swaarder strawwe as normaalweg ingestel kan word indien die staatshoof belaster word. Die meeste lande het wette wat keer dat enigiemand sommer net enigiemand anders kan slegsê en belaster. Die toepassing van sulke wette moet egter altyd baie fyn opgeweeg word teen die reg tot vryheid van spraak. Daar is nogtans minstens 38 lande waar spesifieke wette of bepalings van wette beledigings van die persoon of die amp van die regeringshoof of staatshoof ’n erger oortreding maak as wat algemene laster is. Hierdie 38 lande is, in alfabetiese volgorde: Afghanistan, Algerië, Azerbaidjan, Bahrein, Belarus, Botswana, Brasilië, Burma, Burundi, die Demokratiese Republiek van die Kongo, Ecuador, Egipte, Frankryk, Gambië, Griekeland, Indonesië, Iran, Italië, Ivoorkus, Jemen, Kambodja, Kameroen, Kazakstan, Koeweit, Libanon, Marokko, Mauritanië, Noord-Korea, Oezbekistan, Rwanda, Senegal, Spanje, Thailand, Tunisië, Turkye, Venezuela, die Verenigde Arabiese Emirate en Zimbabwe. Dit behoort onmiddellik duidelik te wees, dat buiten ’n paar uitsonderings, die lande nie juis voorbeelde van vrede, voorspoed en voortuitgang verteenwoordig nie. Die grootste uitsonderings is Spanje, Griekeland, Italië en Frankryk. In Spanje kan persone beboet of tronkstraf opgelê word vir beledigings van die koningsgesin, maar die howe het deur regspraak al eintlik die toepassing van hierdie wet onmoontlik gemaak. In Griekeland is daar in die grondwet ’n bepaling wat sê dat die owerhede nie voor publikasie op beslag mag lê, nie, behalwe onder sekere omstandighede, wat “beledigings teenoor die persoon van die president” insluit. Hierdie bepaling word egter nie werklik in Griekeland toegepas nie. In Italië kan iemand wat die eer of prestige van die president aantas, tronkstraf opgelê word. Dit is nog ’n oorblyfsel uit Mussolini se tyd, en dit word ook nie toegepas nie. Frankryk se bepaling (wat uit 1881 dateer) dat mense wat die president of ander hooggeplaastes beledig, beboet kan word, is wel in 2008 deur Sarkozy toegepas, maar daar was ’n groot nasionale oproer daaroor. Hierdie vier lande, met die moontlike uitsondering van Frankryk, kan dus uit die verdere vergelyking gelaat word. Verder is nege van die lande, Algerië, Azerbaidjan, Bahrein, Ecuador, Indonesië, Iran, Koeweit, Venezuela en die Verenigde Arabiese Emirate, groot olieprodusente, wat ekonomiese data oor hulle skeeftrek. Van die oorblywende 25 lande is daar geen land wat deur die Wêreldbank as ’n “hoë-inkomste-land” geklassifiseer word nie. Tien (40%) van die lande is “lae-inkomste-lande”, sewe (28%) is “laer-middel-inkomste-lande” en agt (32%) is “hoër-middel-inkomste-lande”. (Suid-Afrika ressorteer onder laasgenoemde kategorie.) Dit is nie juis uitgelese geselskap wanneer daar op grond van inkomste geëvalueer word nie. Wanneer die Verenigde Nasies se Menslikeontwikkelingsindeks benut word, is geen van die 25 lande in die “baie hoë menslike ontwikkeling”-kategorie nie. Slegs vyf (20%) is in die “hoë menslike ontwikkeling”-kategorie. Sewe (28%) is in die “medium menslike ontwikkeling”-kategorie, waar Suid-Afrika ook is, hoofsaaklik weens die hoë MIV/Vigs-syfers in die land. Die oorblywende 13 (52%) lande is almal in die “lae menslike ontwikkeling”-kategorie, buiten Noord-Korea wat nie eers op die lys is nie. Weereens is hierdie lande, waar dit nodig geag word om die regerings- of staatshoof spesiaal teen beledigings te beskerm, nie juis goeie geselskap om in te wees nie. Daar is natuurlik nog talle ander lande waar beledigings van die staatshoof of staatsamptenare streng deur die staat onderdruk word. Dikwels het hierdie state ’n sterk sosialistiese of kommunistiese karakter. Dit is in so ’n bestel waar daar, ten spyte van die mooi woorde in toesprake, meestal vergeet word dat ’n staatshoof in diens van die publiek is en nie andersom nie. Die SAKP vergeet dat as jy jou met die semels meng, dan vreet die varke jou.
|
||||||||||||||||||||||||
INTERNASIONALE NUUS | ||||||||||||||||||||||||
Deur Inge Strydom Italië Indië Georgië
|
||||||||||||||||||||||||
MY GELD | ||||||||||||||||||||||||
Verstaan jou salarisstrokie Het jy al aandagtig na jou salarisstrokie gekyk? Wat sien jy? Ek is seker die meeste van ons sien net die netto salaris onderaan, en doen slegs iets daaraan as dit nie dieselfde as verlede maand is nie. Die res van die inligting traak ons nie regtig nie. Vir ons as finansiële beplanners vertel ʼn salarisstrokie ʼn hele verhaal. Baie van ons kliënte het nie ʼn idee wat hul werkgewer persentasiegewys vir byvoorbeeld pensioenbydraes aftrek nie. Hulle weet ook nie wat hul sogenaamde pensioendraende salaris is nie. Hoekom is dit belangrik? Ons ondervind gereeld dat mense nie genoeg vir aftrede gespaar het nie, en hulle verstaan nie hoe dit gebeur het nie, want hulle het 30 jaar by hul werk tot ʼn pensioenfonds bygedra. Ons kry gewoonlik die antwoord op hul salarisstrokie. Gestel jy verdien ʼn basiese kontantsalaris, ʼn motor- of vervoertoelaag, en miskien ʼn kommissiekomponent. Die meeste werkgewers bereken die aftrekkings vir pensioen op die kontantsalaris. Ander werkgewers koppel weer die bydraes aan ʼn persentasie van die totale kostepakket. Die gevaar hierin is dat ʼn mens geneig is om vinnig volgens jou hele inkomste te lewe. As jy daaraan gewoond is om ʼn motortoelaag te ontvang, spaar jy nie geld uit jou ander inkomste om dalk later jou eie motor aan te skaf nie. Jy wil dus poog om ʼn groot gedeelte van jou hele pakket by aftrede te vervang. Gestel die volgende voorbeeld: Jou kontantsalaris is R11 250 per maand. Jou totale kostepakket is R180 000 per jaar. Jou pensioenbydraes word bereken op die kontantsalaris. Jy dra 7,5% by en jou werkgewer dra nog 5% by. Dit beteken dat jy maandeliks R1 406,25 tot die fonds bydra. Jy verdien egter ʼn addisionele R45 000 per jaar wat deel word van jou maandelikse uitgawes. Vir ʼn persoon wat nou 30 jaar oud is en op ouderdom 65 wil aftree en die pakket hierbo verdien, gaan die verskil in die berekening van die pensioenbydraes op ouderdom 65 tot ʼn tekort in aftreefondse van ongeveer R3,5 miljoen lei. Die verskil is dat jy oor tyd ʼn skamele R280 per maand te min tot jou pensioen bygedra het, wat jy net elke jaar saam met jou salarisverhogings met 8% moes verhoog het. Dit kan dus lyk of jy heeltemal genoeg tot jou aftreefonds bydra, en dit vat ook aan jou sak, maar op die ou einde mag jy teleurgesteld wees oor die resultaat. Maak dus seker dat jy jou salarisstrokie reg verstaan. Gaan spreek ʼn goeie finansiële adviseur om vir jou berekeninge te doen oor die toekomstige situasie, maar met vandag se feite en syfers. Jy spaar jouself moontlik baie verdriet.
|
||||||||||||||||||||||||
HET JY GEWEET? | ||||||||||||||||||||||||
|
||||||||||||||||||||||||
SPREEKWOORD | ||||||||||||||||||||||||
|
||||||||||||||||||||||||
AANHALING | ||||||||||||||||||||||||
|
||||||||||||||||||||||||
RIDDER EN RAMPOKKER | ||||||||||||||||||||||||
Inge Strydom Ridder Hierdie week se ridder is die maatskappy Industrial Design Solutions (Ideso). Dié maatskappy het onlangs stof in die oë van internasionale vervaardigers van verskeie produkte geskop toe die Red Dot ‘Best of the Best 2012’-toekenning onlangs aan hom toegeken is vir sy PowerPac-uitvindsel. Die PowerPac stoor energie wat tydens fietsry gegenereer word. Die energie kan dan later krag voorsien vir die gebruik van huishoudelike of persoonlike elektriese toestelle. Rampokker Die stakende plaaswerkers wat tans chaos in die Witzenberg-streek saai, is hierdie week se rampokkers. Die staking het verlede week begin toe plaaswerkers by De Doorns begin staak het. Hulle eis ’n dagloon van R150, wat dubbeld hul huidige loon is. Die betogers het winkels en stoorfasiliteite geplunder. Hulle het ook drie polisievoertuie omgekeer en aan die brand gesteek en ’n satellietpolisiestasie in Ceres aan die brand gesteek.
|
||||||||||||||||||||||||
ATTERBURY TEATER | ||||||||||||||||||||||||
Hoogtepunte by die Atterbury Teater
Kaartjies is by enige Computicket-kantoor beskikbaar of skakel 083 915 8000 om ʼn bespreking te doen. Atterbury Teater is geleë op die hoek van Lynnwoodweg en Daventrystraat in Lynnwood. Skakel die teater by 012 471 1700 of stuur ʼn e-pos na info@atterburytheatre.co.za. Besoek www.atterburyteater.co.za vir meer inligting oor vertonings en om vir die nuusbrief in te teken.
|
||||||||||||||||||||||||
Sluit só aan by die Solidariteit Atletiekklub Word vandag nog deel van die Solidariteit Atletiekklub. Skakel klubvoorsitter Hendrik van der Westhuizen by 082 851 8451 vir meer inligting of stuur ʼn e-pos na atletiek@solidariteit.co.za. |
[CONTENT]