Plaas nuusbriewe@soldeer.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy e-pos van Solidariteit ontvang.Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie, kyk na die aanlyn-weergawe.

Nr. 508 - 20/09/2012

Solidariteit vandag in arbeidshof oor rasuitsluiting by poste
Deur Nico Strydom

Die eerste skote in Solidariteit se hofsaak oor die absolute uitsluiting van sekere rasgroepe vir poste gaan vandag in die arbeidshof in Johannesburg klap wanneer die vakbond aansoek gaan doen om ’n interdik om die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANB) te keer om voort te gaan met die vul van poste terwyl die hofsaak aan die gang is.

Lees meer. Klik hier.

Lonmin: Solidariteit verwelkom skikking, maar waarsku oor presedent wat geskep is
Kommissie vir Billike Indiensneming interpreteer eie verslag verkeerd – Solidariteit
Slim tegnologie nou deel van SA se grensposte

Deur Nico Strydom

Solidariteit het vandeesweek die skikking tussen stakende werknemers en Lonmin se bestuur verwelkom, maar gewaarsku dat dit ’n gevaarlike presedent skep en dat onwettige optrede om loonverhogings af te dwing in die toekoms by ander myne kan voorkom.
Lees meer. Klik hier.

Deur Nico Strydom

Die vakbond Solidariteit het vandag sy misnoeë daaroor uitgespreek dat die departement van arbeid se Kommissie vir Billike Indiensneming in sy jongste verslag foute herhaal wat die vakbond al voorheen uitgewys het.

Lees meer. Klik hier.

Deur Cilleste van der Walt

Die nuwe doeane-moderniseringstelsel wat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) instel sal die doeaneproses vergemaklik en heel moontlik knoeiery tot ʼn minimum by die grense van Suid-Afrika hou.

Lees meer. Klik hier.

Solidariteit Tydskrif Solidariteit Blog

Kyk gerus na Solidariteit Tydskrif
se nuutste weergawe:


Klik hier.

Gaan lees gerus die nuutste inskrywings op die Solidariteit Blog by
www.solidariteitblog.co.za.

  • Heilig die doel die middele?Inge Strydom
    Kom ons wees nou maar eerlik: Jy vat nie sommer iemand aan oor sy geloof of politieke voorkeure nie. Ek kan egter nie help om te wonder of dit nie effe onredelik is nie om onskuldige mense te laat sterf omdat iemand anders ʼn video
    gemaak het waarin jou geloof gespot word.
    Lees meer.

  • Wanneer nuus persoonlik wordCarina Bester
    Ek lees vanoggend ʼn nuusstorie op Beeld se webblad oor die selfmoordbomaanval in Kaboel, Afganistan wat agt Suid-Afrikaners se lewens geëis het.
    Later sien ek ʼn boodskap op Facebook waarin een van my vriende sê dat dit haar man kon gewees het. Gelukkig is hy ongedeerd. Sy kamermaat is egter dood. Vier van sy vriende was deel van die groep van agt wat dood is.
    Lees meer.

Feite vir braaivleisvure

Hier is drie gesprekspunte wat jou op Braaidag en om elke braaivuur kan help om jou vriende aan te moedig om by Solidariteit aan te sluit.

  1. Solidariteit het gesorg dat die braaivleisvure van vreugde groot brand deur die diskriminerende praktyke  by die Suid-Afrikaanse Lugdiens se kadetwerwingsprogram binne ʼn paar uur stop te sit en deur aan te hou om die situasie dop te hou om gelyke indiensnemingsprosedures te verseker.
    SAL diskrimineer steeds teen wittes – Solidariteit
    Solidariteit sal SAL-kadetprogram fyn dophou
  2. Solidariteit vat Woolworths deur middel van ʼn hoogs suksesvolle sosialemediaveldtog aan deur hul uitsluiting op grond van ras te bevraagteken. Van 5 tot 11 September is meer as 260 000 mense deur middel van inskrywings oor die Woolworths-veldtog op die Solidariteit Beweging se Facebook-blad bereik en was daar meer as 25 000 twiets oor “Woolworths” en “Woolies”. Solidariteit gaan ook nou hof toe om die beginsel van rasse-uitsluiting in die aansoekproses te toets.
    Lees meer. Klik hier.
  3. Het jy geweet dat Solidariteit die grootste regsafdeling van enige vakbond in Suid-Afrika het met meer as 38 mense wat jou arbeidbelange beskerm?

Dis nou iets om oor te braai!

SMS die woord BRAAI na 34388, gevolg deur jou vriend of vriende se naam en nommer.

AfriForum Jeug vertoon dokumentêr as deel van bewusmakingstoer oor plaasmoorde

AfriForum Jeug bied vanaand, 20 September 2012 ’n vertoning van War of the Flea, ’n dokumentêr wat handel oor landelike geweldsmisdaad in Suid-Afrika, by die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit aan. Dit vorm deel van ’n bewusmakingsveldtog wat fokus op die effek van plaasmoorde op gemeenskappe en wat ’n bydrae wil lewer om plaaslike veiligheidstrukture te verbeter.

Lees meer. Klik hier.

Solidariteit Helpende Hand se Kosblikkieprojek skep beter toekoms vir volwassenes
Afsluiting van nasionale Kosblikkieprojek

Deur Juanita du Preez

Solidariteit Helpende Hand se nasionale Kosblikkieprojek het vanjaar deur middel van ’n voedingskema en kratte vol opvoedkundige speelgoed bygedra om ongeveer 3 200 behoeftige kleuters se lewens te verbeter. Verder het nagenoeg 2 000 versorgers (ouers en kleuterskoolpersoneel) voordeel getrek uit die indiensopleiding wat fasiliteerders van Immergroen Ouerskap as deel van die Kosblikkieprojek aangebied het. 

Lees meer. Klik hier.


Steve Hofmeyr en Riaan Cruywagen swaai appels
Deur Suné van Heerden

As jy nog altyd namens Oom Paul in die bokskryt wou klim met De la Rey in die oorkantste hoek... Of nog altyd Tannie Mimi se noot wou kortknip, is dit nou jou kans! Die “stem”-knoppie word rooiwarm geklik om te sien hoe Liewe Heksie vir Haas Das opdons, en Steve is besig om Riaan ʼn opdraande stryd te gee...

Besoek http://afrikaner.maroelamedia.co.za sommer vandag nog! Teken in met jou e-posadres of deur jou Facebook-rekening en raak deel van die stryd! Klik op enige van die vyf “gevegte” waarmee jy wil afskop, en klik “stem” wanneer jy jou gunsteling tussen dié twee karakters vasgestel het. Wanneer jy “gaan voort” klik, kan jy óf teruggaan na die geveg, óf aan ʼn nuwe geveg deelneem. As jy boonop die “stem”-knoppie herhaaldelik klik, kan jy sien hoe die houe swaai.

Sluit aan by ons Facebook-blad om seker te maak jy bly op hoogte van al die opwinding!

Video: 102-jarige ry nog steeds met haar 80-jarige motortjie rond
Deur Suné van Heerden

Die 102-jarige Margaret Dunning van Plymouth, Michigan, ry nog steeds met ʼn motor wat sy in 1949 aangeskaf het. Dunning het dié 1930 Packard 740 Roadster in 1949 aangeskaf en deel in die video haar passie vir dié klassieke motor. Sy doen self die instandhoudingswerk en neem die Roadster gereeld na motorskoue.

Klik hier om die video te sien.

Belhar geweeg
deur Piet Theron (redakteur)
Uitgegee deur Kraal-Uitgewers

(Prys: R150, R20-posgeld uitgesluit)

In Belhar geweeg ondersoek 18 skrywers – onder wie prominente kerklui soos die voormalige moderator van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, prof Piet Strauss, en bekendes soos die voormalige polisiehoof, genl Johan van der Merwe – die waardigheid van Belhar as belydenisskrif. Belhar geweeg praat oor die Belhar waarvan daar nie in die media en populêre gesprekke gehoor word nie. Is Belhar die enigste weg tot ʼn verenigde kerk of staan dit juis in die pad van nouer bande tussen kerke? Is Belhar nie dalk net ʼn tydgebonde protesskrif wat in die hedendaagse bestel uitgedien en oorbodig geraak het nie? Belhar geweeg bied ʼn nugtere benadering tot dié debat.

Belhar geweeg sal in Oktober 2012 beskikbaar wees en kos R150 (R20-posgeld uitgesluit).

Bestel nou!

  • SMS: SMS “Belhar” na 34388 en ʼn verteenwoordiger van Kraal-Uitgewers sal jou skakel. (SMS’e kos R2.)
  • Faks:  086 714 1100
  • Tel: 012 644 4329
  • E-pos: kraal@solidariteit.co.za
  • Bestelvorm: Klik hier om die Belhar geweeg-bestelvorm af te laai

Lees meer. Klik hier.

Bedryfsbrokkies My werk Regsvraag

Die werklike koste van myngeweld – Pravin Gordhan
Deur Cilleste van der Walt

Die ekonomiese nagevolge van die voortslepende arbeidskrisis in die land se mynbousektor kan verreikend wees. Pravin Gordhan, minister van finansies, het verlede week gesê die vlaag onbeskermde stakings en werksonderbrekings skaad die Suid-Afrikaanse ekonomie op meer maniere as wat ons op die oomblik besef.
Lees meer. Klik hier.

Watter vrae word gewoonlik in ’n werksonderhoud gevra?

Hoewel jy nooit 100% kan seker wees watter vrae tydens ’n werksonderhoud gevra sal word nie, is daar sekere vrae wat algemeen opduik. Jy kan maklik tydens ’n onderhoud vashaak en sukkel om ’n vraag te beantwoord omdat jy senuweeagtig is, wat ’n slegte indruk op jou potensiële werkgewer kan maak.

Lees meer. Klik hier.

Deur Phil Davel

Vraag

Ek moet ’n dissiplinêre verhoor bywoon nadat ek van wangedrag aangekla is. My werkgewer het my net vier dae kennis van die verhoor gegee. Is dit genoeg tyd?

Klik hier vir die antwoord

Ekonomiese nuus Internasionale nuus My geld

Formele indiensname ná vier jaar byna op vorige vlak
Deur Paul Joubert

Volgens die “Quarterly Employment Statistics” (QES) wat vandeesweek deur Statistieke Suid-Afrika vrygestel is, was indiensname in die formele sektor (landbou uitgesluit) 8 425 000 in die tweede kwartaal van 2012. Dit het vanaf die voorafgaande kwartaal met 42 000 en gedurende die voorafgaande jaar met 125 000 gestyg. Lees meer. Klik hier.

Deur Inge Strydom

Amerika
ʼn Dodelike bakterie wat teen die meeste antibiotika weerstandig is, het reeds die lewens van sewe mense in Amerika geëis. ʼn Vroulike pasiënt met die bakterie, genaamd “Klebsiella pneumoniae”, besmet is, het sowat ʼn jaar gelede by die National Institutes of Health se kliniese sentrum in Maryland aangemeld.

Lees meer. Klik hier.

Aftreebeplanning: Hoekom, wanneer en vir hoe lank?
Deur Ruan Schroder

Daar is baie statistiek in die finansiele wêreld wat verskeie boodskappe oor aftreebeplanning oordra. Hierdie statistiek verskil soms met ’n paar persent van mekaar en daar is mense wat glo statistiek kan te maklik gemanipuleer word om as 100% akkuraat aanvaar te word.

Lees meer. Klik hier.

Het jy geweet Spreekwoord Aanhaling

Suid-Afrikaanse Standaardtyd (SAST) word deur die 30ste lengtegraad oos van die nullengtelyn bepaal. Dorpe soos Musina, Ermelo, Estcourt en Newcastle se plaaslike tyd stem dus feitlik ooreen met SAST. Daarenteen is Durban se plaaslike tyd4 minute vóór SAST, terwyl Pretoria en Johannesburg 8 minute en Kaapstad selfs 46 minute agter is by die “horlosietyd”.

Bron: Pharos se Feitegids. ʼn Kernensiklopedie.

 

In die kleinste potjie bewaar ʼn mens die beste salf. Waardevolle dinge is skaars en kom in klein maat.

 

Bron: Pharos se Spreekwoorde
en waar hulle vandaan kom

 

Anoniem maar rustig en aan geen bloed verknog: miskien is die dood dan 'n verowerde asiel.
- Breyten Breytenbach

Ridder en Rampokker

Deur Inge Strydom

Ridder
Hierdie week se Ridder is die Hart- en Beroertestigting van Suid-Afrika (HBS). Dié organisasie het verlede week nasionale hartbewustheidsmaand afgeskop met die bekendstelling van ʼn nuwe kookboek propvol riglyne oor hoe om gesonder te eet. Volgens die HBS is dit die nuutste en mees kragtige hulpmiddel in die stryd teen kardiovaskulêre siektes. Talle hospitale en publieke instellings sal boonop van die resepte gebruik maak ten einde die algemene publiek aan te moedig om gesonder te eet.

Rampokker
Mangaung-metro is hierdie week se Rampokker. Dié munisipaliteit het onlangs ʼn fout begaan toe hy die padtekens voor die Hoërskool Fichardtpark oorgeverf het sonder om ʼn woordeboek te raadpleeg. Foto’s het vandeesweek in die pers verskyn wat onthul dat wat bedoel was om die woord “stadig” te wees, verkeerdelik as “stadag” op die pad geverf is. Die woord is boonop etlike meters verder op ʼn ander padteken korrek gespel. Inwoners het hul misnoeë oor die flater uitgespreek en het die Mangaung-metro aangemoedig om in die vervolg ʼn woordeboek te raadpleeg.

Hoogtepunte by die Atterbury Teater

Vertoning/ geleentheid

Datum

Tyd

Nataniel: “Seven Loud People” Nuwe vertoning

17 – 22 September

20:00

“Ms’ Mack” met Mandy Schrader, Anel Bessinger, Charmelle van Staden & Karen Meerholz.

24 September

20:00

Kaartjies is by enige Computicket-kantoor beskikbaar of skakel 083 915 8000 om ʼn bespreking te doen. Atterbury Teater is geleë op die hoek van Lynnwoodweg en Daventrystraat in Lynnwood. Skakel die teater by 012 471 1700 of stuur ʼn e-pos na info@atterburytheatre.co.za.

Besoek www.atterburyteater.co.za vir meer inligting oor vertonings en om vir die nuusbrief in te teken.


Sluit só aan by die Solidariteit Atletiekklub

Word vandag nog deel van die Solidariteit Atletiekklub. Skakel klubvoorsitter Hendrik van der Westhuizen by 082 851 8451 vir meer inligting of stuur ʼn e-pos na atletiek@solidariteit.co.za.

Kontak ons
Telefoonnommers:
012-644-4300
0861-25-24-23
Faksnommer:
012-664-6498

H/v DF Malanstraat
& Eendrachtstraat
Kloofsig

Posbus 11760
Centurion
0046

navrae@solidariteit.co.za
diens@solidariteit.co.za

Besoek ons webblad
• Teken in op Soldeer
• Teken uit

[CONTENT]