Plaas nuusbriewe@soldeer.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy e-pos van Solidariteit ontvang.
Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie, kyk na die aanlyn-weergawe.

Kontak ons:
Telefoonnommers:
012-644-4300
0861-25-24-23
Faksnommer:
012-664-6493

H/v DF Malanstraat
& Eendrachtstraat
Kloofsig

Posbus 11760
Centurion
0046
navrae@solidariteit.co.za

diens@solidariteit.co.za
Nr. 468

Solidariteit beklink oorwinning in regstelsaak teen Tshwane-munisipaliteit

Deur Ilze Nieuwoudt

In nog ʼn opspraakwekkende saak oor die onbillike toepassing van regstellende aksie het die vakbond Solidariteit vandag ʼn oorwinning namens sy lid, Marco de Sampaio, teen die Tshwane-munisipaliteit beklink. ʼn Hofbevel is vandag in die arbeidshof in Johannesburg gegee, nadat ʼn skikking vroeër vandeesweek tussen die twee partye bereik is. Die hofbevel bepaal onder meer dat gelyke indiensneming nie as ʼn kriterium vir die vul van die pos waarvoor De Sampaio aansoek gedoen het, gebruik mag word nie.

Lees verder. Klik hier.


Wat kan jy doen met R2,50 per dag?

Deur Moira-Marie Kloppers

In ʼn era waarin mense hulle munte een en selfs twee keer moet omdraai, tel elke sent. Maar wat van R2,50? Wat kan jy met daardie paar munte in jou beursie koop? Of meer nog, wat van werklike waarde kan jy met R2,50 koop?

Die antwoord is eenvoudig – Solidariteit-lidmaatskap! Dis reg, lidmaatskap by Solidariteit beloop slegs sowat R2,50 per dag.

Solidariteit-lidmaatskap is steeds die beste manier om jou ware gemoedsrus te gee dat jou inkomste beskerm is. Solidariteit is as’t ware jou eenstop-tuiste vir werksversekering en soveel meer. Lidmaatskap by Solidariteit bied aan jou ʼn wêreld van geleenthede met opwindende voordele, soos gratis hulp met arbeidsregsake, bystand met arbeidsondersoeke, kollektiewe bedinging, ʼn begrafnisplan, ʼn bevallings- en siektevoordeel en vele meer. Dit alles is beskikbaar aan lede teen slegs sowat R2,50 per dag (oftewel R75 per maand vir kollektiewe lede en R77 per maand vir individuele lede). 

Sluit vandag nog aan by Solidariteit. Klik hier.

 

Strafregtelike klag teen Motala nog ʼn stap op die pad
na geregtigheid vir Aurora-werknemers – Solidariteit

Deur Moira-Marie Kloppers

Die strafregtelike klag van meineed wat die meester van die hooggeregshof verlede week by die Suid-Afrikaanse polisiediens (SAPD) teen Enver Motala, die voormalige likwidateur van Pamodzi Gold, gelê het, is nog ʼn stap op die pad na geregtigheid vir duisende voormalige Aurora-werknemers. Solidariteit het ook die hoop uitgespreek dat dié strafregtelike saak maar net die eerste van vele sal wees wat diegene wat vir die Aurora-debakel verantwoordelik was, uiteindelik aan die pen sal laat ry vir verskeie beweerde misdrywe by die Springs- en Orkney-myne.

Lees meer. Klik hier.

 

Onsekere tye vir finansiële adviseurs? Nie met Solidariteit aan jou sy nie!

 

Werknemers in die finansiële sektor is tans onder groot druk weens die implementering van die Wet op Finansiële Advies- en Tussengangerdienste (die FAIS-wet) se verpligte regulatoriese eksamens. Daar bestaan vrese dat dit uiteindelik grootskaalse werksverliese vir die sektor kan inhou.

Met Solidariteit aan jou sy, kan werknemers in die finansiële sektor egter gerus wees. Die vakbond, wat nou ook in hierdie bedryf georganiseerd is, veg reeds in jou belang.

Wil jy graag ʼn Solidariteit-werwingsvergadering by jou werkplek bywoon?

Kontak Solidariteit vandag nog en help om Solidariteit vir jou en jou kollegas toeganklik te maak. Kontak Raymond Holland-Chapman by raymond@solidariteit.co.za vir meer inligting.

 

Aspirasie in die werksplek

Deur Grietjie Swanepoel

In die werksplek is daar altyd sekere mense waarna almal met bewondering opsien.  Dan word die vraag gestel: “ Wat is hulle suksesresep?” Maar welslae kan nie met towerwoorde en ʼn towerstok toegeëien word nie, dit word verdien. Daar is 'n hele aantal faktore wat bepaal of iemand suksesvol gaan wees,  soos sy of haar belangstelling, aanleg, vermoëns, leierskap, kommunikasievaardighede en so meer.

Lees verder. Klik hier.

 

ONS WAS DAAR – WENNERS VAN DIE OORLOG OM SUIDER-AFRIKA

 

“Genl. Jannie Geldenhuys neem in hierdie boek die geskiedenis van die Grensoorlog terug. Saam met ander generaals, offisiere en gewone troepe, word talle mites en propagandastories oor die oorlog weerlê. “Die boek bring ook hulde en gee erkenning aan elkeen wat in die oorlog geveg het en laat die lig weer op die destydse Suid-Afrikaanse Weermag se uitsonderlike millitêre vermoë val. As jy hierdie boek klaar gelees het, sal jy weet waarom die SAW die oorlog gewen het!” sê dr. Dirk Hermann, adjunk uitvoeren de hoof van Solidariteit. Ons was daar bestaan uit 900 bladsye, verdeel in 93 kort hoofstukke en geskryf deur 62 skrywers. Bestel jou kopie vandag nog! Ons was daar kos R350 per eksemplaar (R50 posgeld uitgesluit). Om te bestel, SMS die woord “Grens” na 34388 (elke SMS kos R2), skakel 012 644 4363, stuur ’n e-pos na kraal@solidariteit.co.za of stuur ’n faks na 012 664 1102.

 

 

Help kies Suid-Afrika se sewe natuurwonders!
Deur Suné van Heerden

Help ons om SA se sewe natuurwonders aan te wys! Is een van Suid-Afrika se sewe natuurwonders in jou omgewing? Of het jy al daar gekuier? Dis nou jou kans om Maroela Media te help om op ʼn informele manier Suid-Afrika se sewe natuurwonders te kies. Nomineer die natuurverskynsel of gebied wat jy meen op die plaaslike lysie hoort! Kom skryf op Maroela Media se Facebook-bladsy, of lewer kommentaar onderaan die artikel op Maroela. Oor ʼn week of wat sal jy die geleentheid hê om vir die finaliste te stem!

Kompetisie: Basta! Ons voetspore is in Afrika!
Deur Suné van Heerden

Kom stem vir die finaliste van Solidariteit Tydskrif se liriekskryfkompetisie! Kom stem vir Abigail, Denine, Shavonne en Wanika – die luisteraarsgunsteling wen R3 000!

Kom luister boonop na die hoendervleistreffer, Ons is Afrika¸ wat Andries Hendrik Potgieter saam met Steve Hofmeyer opgeneem het.

Solidariteit Tydskrif het ʼn liriekskryfkompetisie gehou waaraan skoliere landswyd kon deelneem. Die opdrag? “Skryf lirieke gebaseer op Dirk Hermann se boek, Basta! Ons voetspore is in Afrika.”

Die skryfwerk van opgewonde skoliere het ingestroom, en uiteindelik is vyf finaliste gekies. Die finaliste se lirieke is daarna deur Waldo Greeff getoonset en deur Andries Hendrik Potgieter opgeneem vir sy nuwe CD met dieselfde naam. Die wenner van hierdie liriekskryfkompetisie, Nico Nelissen van Bethlehem, se lied, Ons is Afrika, is deur Andries Hendrik en Steve Hofmeyr as die titelsnit opgeneem op die CD.

Victor: my reis
Lees en wen ʼn CD!

Victor Matfield se outobiografie het die rugbywêreld gaande. Hierdie is ʼn boek wat geen rugbyliefhebber wil misloop nie! Klik hier om meer oor die boek te lees. Jy kan ook twee uittreksels uit die boek lees, klik hier en hier.

Om dié nuwe vrystelling te vier, gee Maroela Media die CD Rugby is Groot weg!
Om te wen, beantwoord die volgende vraag en stuur jou antwoord na maroela@maroelamedia.co.za!

Kom smaak ons op Facebook

Kom bewonder ons op Facebook! Bly op hoogte van die dag se sake, interessante Afrikaanse-taalbrokkies en wen hope pryse!

 

Kuier saam op Maroela Media!

Wil jy 'n stuiwer in die armbeurs gooi? Wil jy ook 'n stem in die kapittel hê?
Hier is jou kans! Die sluier is gelig: www.maroelamedia.co.za
Kom raak Jantjie Rooibeen op Maroela.
Hierdie is jou sêplek, kuierplek, dis jóú plek!

 

 

Groot regruk lê voor vir Murray & Roberts
Deur Cilleste van der Walt

ʼn Reuse-regruk is weer in die vooruitsig vir Murray & Roberts. Die maatskappy se nuwe HUB, Henry Laas, moet ʼn regrukstrategie implementeer soortgelyk aan die een wat sy voorganger, Brian Bruce, moes aanpak toe hy die maatskappy in 2000 oorgeneem het.
lees meer. Klik hier.

Sasol stel nuwe kobalt-kataliseermiddel bekend
Deur Cilleste van der Walt

Die petrochemiese reus, Suid-Afrika se Sasol, het verlede week sy nuwe vervaardigingsaanleg vir kobalt-kataliseermiddels van R1 biljoen in Sasolburg bekendgestel. Sasol het gesê dat dit R40 biljoen aan plaaslike projekte oor die volgende twee jaar sal bestee. Lees verder. Klik hier.

 

Gaan lees gerus die nuutste inskrywings op die Solidariteit Blog by
www.solidariteitblog.co.za.

Ekonomiese vryheid begin met opleiding

Die hoofoorsaak van armoede is dat armes nie aktief aan die ekonomie deelneem nie. In kort – mense is arm wanneer hulle nie ʼn goeie werk het of kan kry nie. Armes het gewoonlik ook nie die kennis en vaardighede om self ʼn suksesvolle besigheid van stapel te stuur nie. Wie nie deelneem aan die ekonomie nie, kry nie die voordele van deelname soos ʼn salaris nie.
Lees meer. Klik hier.


Flip Buys

Is pluralisme dood? Lank lewe eenvormigheid!

Ons wyd geloofde Grondwet het in sy aanhef en Handves van Regte mildelike verwysings na die reg van mense om te wees wie hulle is, te assosieer met wie hulle wil, hul identiteite uit te leef en dit te doen sonder vervolging. Kollektief noem mens dit pluralisme. Dit was 1996 en almal was gelukkig want almal is mos nou gelyk. In 2011 is transformasie, die Nasionaal Demokratiese Rewolusie (NDR) en ʼn oorkoepelende gemengde ideologie van Afrika-nasionalisme en kommunisme die leitmotief in Suid-Afrika. ʼn Ontbytgesprek vanoggend met prof. Danie Goosen van Unisa het die punt weer by my tuisgebring: Die linkses wil die land tot ʼn grys eendersheid reduseer. Pluralisme is ‘n gevaar vir die ANC.
Lees meer. Klik hier.


Eugene Brink

Hoop vir ons renosters

ʼn Mens kan amper elke dag die koerant oop maak en weet dat daar ʼn berig oor renosterstropery sal in wees. Dit word wyd verkondig dat boewe ons bedreigde spesie, die renoster, teiken vir hulle horings en al die bohaai daaroor begin uiteindelik vrugteafwerp.
Lees meer. Klik hier.


Cilleste van der Walt

Garry Kasparov wen 26 – 0.

Die hoogtepunt van Garry Kasparov se besoek aan Suid-Afrika was ‘n simultaan waarin hy deelgeneem het by die Sci Bono sentrum in Newton Johannesburg. Kasparov het teen 28 spelers gelyktydig gespeel. Hiervan het hy 26 spelle gewen en twee het gelykop geëindig. Een hiervan was teen Dr Mathole Serofo Motshekga , die ANC se hoofsweep in die parlement. Die spel en die van Katlego Danke, ‘n sepiester in Generations is in omstredenheid gedompel toe Garry Kasparov hulle uitgevang het dat hy eintlik teen  Kgaugelo Mosetlhe die 11de beste speler in Suid-Afrika gespeel het.
Lees meer. Klik hier.


Reint Dykema

 

Perspektief is 'n kontroversiële, ondersoekende nuusprogram waar daar oor aktuele kwessies baklei word, met kenners gedebatteer word en waar swak dienslewering aan die kaak gestel word. Luister na die frustrasies en verskynsels wat ons alledaagse lewe raak. Die program bevat ook interessante insetsels, soos Toet en taal en Fokus op opvoedkunde en onderwys. Word deel van die gesprek en kom agter die kap van die byl met Perspektief elke Vrydag om 12:00.

Luister na:

Fokus op Finansies
Rek jou Bek
Raar maar Waar

 

Volg die nuutste gebeure by Solidariteit op die Solidariteit Blog, Facebook en Twitter


Klik op een van die skakels hieronder en bly op hoogte van die nuutste gebeure by Solidariteit:

 

Sluit só aan by die Solidariteit Atletiekklub

 

Word vandag nog deel van die Solidariteit Atletiekklub. Skakel klubvoorsitter Hendrik van der Westhuizen by 082 851 8451 vir meer inligting of stuur ʼn e-pos na atletiek@solidariteit.co.za.

 

Solidariteit Fietsryklub

 

Solidariteit hou duimvas vir fietsren!
Deur Grietjie Swanepoel

Solidariteit gaan sy naam hooghou tydens die Momentum 94.7 Cycle Challenge, ʼn groot fietsren wat op Sondag, 20 November 2011 in Gauteng plaasvind. Die span bestaan uit lede van verskillende afdelings: Bedrywe, Regsdienste, Helpende Hand, Sol-Tech, die sekretariaat, SBM, asook individuele lede.

Na verwagting sal 25 000 mense Sondag aanmeld om aan die wedren deel te neem. Inskrywings het reeds op 3 Oktober gesluit.  Die spanlede is in verskeie groepe ingedeel en spring tussen 06:42 en 09:15 die oggend weg.

Lees verder. Klik hier.

Trap-trap saam met die Solidariteit Fietsryklub

Vir meer inligting besoek die Klub se blad op Facebook, volg die tweets op Twitter by solfiets@twitter.com,  stuur ʼn e-pos na solfiets@gmail.com of mariusc@solidariteit.co.za of skakel  083 454 6018.

 

Atterbury Teater

 

Hoogtepunte by die Atterbury Teater

  • CHRIS CHAMELEON: “Noot vir Brood”.
    23 tot 24 November 2011,
    20:00.
    Kaartjies beloop R130 tot R140.
  • ROMANZ:  “Ek sal getuig”.
    25 tot 26 November 2011,
    20:00.
    Kaartjies beloop R140 tot R160.
  • ELIZMA THERON: “Op pad na jou”.
    29 November 2011,
    20:00.
    Kaartjies beloop R100 tot R120.

Kaartjies is by enige Computicket-kantoor beskikbaar of skakel 083 915 8000 om ʼn bespreking te doen. Atterbury Teater is geleë op die hoek van Lynnwoodweg en Daventrystraat in Lynnwood. Skakel die teater by 012 471 1700 of stuur ʼn e-pos na info@atterburytheatre.co.za.

 

 

Kyk gerus na Solidariteit Tydskrif se nuutste weergawe.

Klik hier.

 

Nog ʼn Shell-oliestorting in Nigerië

Deur Cilleste van der Walt

Die energiereus Shell het op 13 November gesê dat hy met opruimingswerk besig was nadat ʼn nuwe oliestorting in die Nigeriese delta langs die kus plaasgevind het. Dit was die jongste in ʼn reeks olielekkasies in die maatskappy se pyplyne. Die maatskappy blameer die lekkasies op sabotasie en oliediefstal. Die oorsprong van die jongste oliestorting was Shell se Okordia-Rumuekpe-oliepyplyn in die Niger-delta wat verlede week ná ʼn lekkasie en daaropvolgende brand gesluit is.

Lees meer. Klik hier.

 

88 Solidariteit-lede het weer hoop ná Polmed-oorwinning

Deur Moira-Marie Kloppers

Die vakbond Solidariteit het onlangs ʼn groot oorwinning namens nóg 88 van sy lede teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se mediese fonds, Polmed, behaal. Dit volg na ʼn soortgelyke oorwinning in 2009 waartydens die hof beslis het dat 88 Polmed-lede wie se volledige of gesubsidieerde lidmaatskap opgeskort is, weer ingestel en dat alle onbetaalde eise terugwerkend terugbetaal moet word. Dit bring die getal Polmed-lede wat sedert 2007 deur die vakbond bygestaan is in dié voortslepende saak, op sowat 176 lede en ongeveer 500 afhanklikes te staan.

Lees verder. Klik hier.

 

Demokrasie onder druk

Deur Ingrid Scholtz

Demokrasie beteken “regering deur die volk”. In die praktyk is dit egter “in die naam van die volk”, want in baie lande word daar elke paar jaar parlemente en regerings gekies wat dan namens die volk – altans die meerderheid - wette maak en besluite neem.

Maar wat is die demokrasie regtig? Die Nederlandse weekblad De Groene Amsterdammer het die afgelope week die vraag met  ’n tema-uitgawe hieroor probeer beantwoord. Want in hierdie onsekere tye staan die demokrasie onder druk.

Lees verder. Klik hier.

 

Verbruikersvertroue laag, maar bestendig

Deur Paul Joubert

Die Buro vir Ekonomiese Ondersoek (BEO), in samewerking met Eerste Nasionale Bank (FNB), doen reeds sedert 1982 ʼn kwartaallikse opname van verbruikersvertroue in Suid-Afrika. Dit behels dat ʼn verteenwoordigende steekproef van huishoudings uitgevra word oor hul verwagtinge vir Suid-Afrika se algemene ekonomiese toestand en die huishouding se eie finansiële toestand oor die komende 12 maande. Daar word ook gevra of dit tans ʼn goeie tyd is om duursame huishoudelike toerusting te koop of nie. Saam verwerk, gee die antwoorde op hierdie vrae ʼn goeie aanduiding van hoe verbruikers oor die ekonomie en oor hul eie vooruitsigte voel.

Van die begin van 2008 tot die derde kwartaal van 2009 het verbruikersvertroue skerp gedaal, waarna dit weer toegeneem het tot die einde van 2010. In 2011 het verbruikersvertroue gedaal, hoewel dit steeds in positiewe gebied is.

Lees meer. Klik hier.

 

Deur Ilze Nieuwoudt

Japan: Die Japannese regering oorweeg dit om die verkope van rys wat uit die streek van die Fukushima-kernkragstasie kom, te verbied. Dit volg nadat die kragstasie in Maart vanjaar in ʼn grootskaalse aardbewing en daaropvolgende tsoenami beskadig is en sedertdien radioaktiewe stof lek. Intussen het die plaaslike regering vandeesweek radioaktiwiteit bo die toegelate veilligheidsvlakke in rys wat in die area geplant is, aangetref.

VSA: Amerikaanse amptenare het vandeesweek ʼn sogenaamde dwelmtonnel tussen twee pakhuise in San Diego in die VSA en Tijuana in Mexiko ontdek. Nagenoeg 17 ton dagga is gekonfiskeer. Nege ton dagga is in die Amerikaanse pakhuis gevind. Die Amerikaanse departement van immigrasie en doeane het die ontdekking as ʼn oorwinning in die Mexikaanse dwelmoorlog bestempel. Meer as 45 000 mense is luidens mediaberigte reeds sedert 2006 in dwelmverwante geweld in Mexiko dood.

Italië: Voormalige Italiaanse eerste minister Silvio Berlusconi se dienstyd het vandeesweek amptelik tot ʼn einde gekom met die inswering van die ekonoom Mario Monti as die land se nuwe eerste minister. Monti het volgens die nuusagentskap Sapa beloof om getrou te wees aan sy land, die grondwet te onderhou en in belang van die nasie op te tree. Die inhuldiging het plaasgevind kort nadat Monti ʼn nuwe regering aangekondig het wat daarop sal fokus om Italië van finansiële ondergang te red. Berlusconi het Italië vir die afgelope 17 jaar polities oorheers.

 

Deur Phil Davel

Vraag:

Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes bepaal dat sekere van die artikels van die wet nie van toepassing is indien ʼn werknemer bo ʼn sekere inkomste verdien nie. Wat is hierdie drempelinkomste en watter bepalings is uitgesluit? Ek verstaan dat, onder andere, artikel 10, wat handel oor oortydbetaling, uitgesluit is.

Antwoord:

Artikel 6 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes bepaal dat die minister van arbeid (op advies van die Kommissie vir Diensvoorwaardes) ʼn vasstelling moet maak waarvolgens Hoofstuk 2 van die wet of enige bepaling daarvan nie geld ten opsigte van werknemers wat meer as ʼn bedrag soos aangedui in die vasstelling verdien nie.

Lees meer. Klik hier.

 

 

Rioolaanleg en deel van Apiesrivier tot rampgebied verklaar

AfriForum verwelkom die departement van waterwese se besluit om die Rooiwal-rioolaanleg en die Apiesrivier noord van die aanleg tot ʼn rampgebied te verklaar weens die groot hoeveelheid rou riool wat daagliks in dié rivier gestort word.

Die departement het dié besluit op ʼn onlangse vergadering geneem en daarop aangedring dat die Tshwane-metroraad dringende stappe neem om die probleem op te los, het Julius Kleynhans, hoof van omgewingsake by AfriForum, gesê.

“AfriForum bedank die departement van waterwese vir hul ingryping in hierdie saak. Dit is ʼn positiewe stap wat hoop bied vir die toekoms,” het Kleynhans gesê.

Lees meer. Klik hier.

Luister na die SABC-nuusinsetsel oor hierdie saak. Klik hier.

 

Clara van 7de Laan vra R200 vir haar beste klein maatjies se skooltassies
Deur Juanita de Preez

Die uiters gewilde aktrise, Angelique Gerber, wat bekendheid verwerf het as Clara van Boedapest in die sepie 7de Laan en aanbieder van Boer soek ʼn vrou, kry eerskomende Saterdag die strop om die nek.

ʼn Groep graad R-leerders van die Kleintreetjies Kleuterskool in Booysens, Pretoria, het onlangs die liefde saam met Angelique gevier. Die seuntjies het skapies met wol versier en die dogtertjies hartjies uitgeknip en dit onder mekaar uitgeruil. Die geleentheid was egter ook ʼn herinnering dat ʼn skooltassie aan ʼn behoeftige graadeentjie ʼn liefdesgeskenk is wat heel jaar hou.

Hoewel behoeftige ouers van skoolgeld kwytgeskeld word of ten minste net ʼn gedeelte moet betaal, dra uitgawes soos skooluniforms en -benodigdhede dikwels by tot onbereikbare bedrae. In hierdie gemeenskappe is dit nie vreemd vir kinders om graadeen sonder die basiese gereedskap vir die skooljaar te begin nie.

Lees meer. Klik hier.

 

Deur Grietjie Swanepoel

Ridder: Hierdie week se ridder is AO Johan Fourie van die polisie se berede eenheid in Boksburg. Fourie het sy eie lewe op die spel geplaas om die eenjarige Aldieno Captieux van ʼn swerm bye te red. Captieux is in sy stootwaentjie agtergelaat nadat sy ouers deur die bye gesteek is. Teen die tyd dat Fourie by Captieux gekom het, was die klein seuntjie oortrek van die bye. Fourie het Captieux met stootwaentjie en al opgetel en weggehardloop. Fourie en Captieux is na die voorval in die hospitaal opgeneem en albei is intussen ontslaan.

Rampokker: Vandeesweek se rampokker is mev. Manda Reyneke, wat skuld beken het op ʼn aanklag dat sy mense uitgelok het om die oud-Blou Bul Deon Helberg ernstige leed aan te doen.

 

Vir die week van 1 Julie tot 7 Julie (in die geskiedenis van volgende week) 

18 November 1987: Kuba ontken dat sy troepe in Anglo by gevegte teen Suid-Afrika betrokke is.

19 November 1984: In Mexikostad sterf 500 mense en 10 000 huise word verwoes te 10 reuse-gastenks ontplof.

20 November 1947: Prinses Elizabeth van Engeland rou in die Westminster-abdy met lt. Philip Mountbatten.

21 November 1904:  ʼn Tifoon laat 30 000 mense in die Filippyne dakloos.

22 November 1963: Pres. John F. Kennedy word ten tyde van ʼn motoroptog in Dallas , Texas, noodlottig gewond deur die sluipmoordenaar Lee Harvey Oswald.

23 November 1980: ʼn Aardbewing tref die suide van Italië en 4000 mense sterf. 

(Bron: Frikkie Wallis se Nuusdagboek) 

 

 

Om dood te gaan is geen kuns nie: die slegste kry dit reg. Om te lewe is 'n kuns: die beste kry dit nie goed reg nie.
~ C.J. Langenhoven

 

 

Kierang. Jou kierang(tjies) sal braai. Jou oneerlikheid sal bekend word.  

(Bron: Pharos se Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom) 

 

Besoek ons webblad
• Teken in op Soldeer
• Teken uit

[CONTENT]