Plaas nuusbriewe@soldeer.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy e-pos van Solidariteit ontvang.
Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie, kyk na die aanlyn-weergawe.

Kontak ons:
Telefoonnommers:
012-644-4300
0861-25-24-23
Faksnommer:
012-664-6493

H/v DF Malanstraat
& Eendrachtstraat
Kloofsig

Posbus 11760
Centurion
0046
navrae@solidariteit.co.za

diens@solidariteit.co.za
Nr. 464

Duurste bank nou nóg duurder – Solidariteit-verslag

Deur Moira-Marie Kloppers


(Klik hier om die volledige verslag te lees.)

Die bankreus, Absa, wat verlede jaar in die Solidariteit Beweging se eerste bankkosteverslag as een van die twee duurste banke in Suid-Afrika aangewys is, het sy status behou. Boonop het die bankkoste van dié bank se goedkoopste rekening met 8% gestyg terwyl Capitec se bankkoste glad nie vanjaar gestyg het nie. Dít is enkele bevindings van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) se tweede bankkosteverslag wat vandag deur die Solidariteit Beweging (Solidariteit, AfriForum, Solidariteit Helpende Hand en die Solidariteit Beleggingsmaatskappy) bekendgestel is.

Die verslag vergelyk die bankkoste van verskillende persoonlike bankrekeninge van die vyf groot handelsbanke, naamlik Absa, FNB, Standard Bank, Nedbank en Capitec, met mekaar.

Lees verder. Klik hier.


Solidariteit Beweging skuif rekeninge by Absa

Deur Moira-Marie Kloppers

Die Solidariteit Beweging (Solidariteit, AfriForum, Solidariteit Helpende Hand en die Solidariteit Beleggingsmaatskappy) het vandag aangekondig dat hy 35 bankrekeninge van Absa na FNB geskuif het. Dít volg op ʼn maandelange tenderproses waarin al vier die groot handelsbanke in Suid-Afrika met mekaar meegeding het. Die Beweging het reeds verlede jaar sy beleggings- en geldmarkrekeninge na FNB en Capitec geskuif.

Volgens Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, het Solidariteit verlede jaar met ʼn diepgaande ondersoek begin om te bepaal watter bank die beste waarde vir geld en diens vir die sowat 35 bankrekeninge van die groeiende Solidariteit Beweging sal lewer.

Lees verder. Klik hier.

 

SA kan duurste lughawetariewe in wêreld hê

Deur Cilleste van der Walt

Lughawetariewe kan binne die volgende vyf jaar met 161% styg as daar nie opgetree word nie.

In die jongste tariefverhoging van die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) wat op 1 Oktober in werking getree het, het tariewe vir passasierdienste, landing en vliegtuigparkering met bykans 70% gestyg. Verdere verhogings van 5 in 2012, 5,6% in 2013 en 5,5% in 2014 word beoog, wat tot ʼn kumulatiewe styging van 161% oor ʼn tydperk van vyf jaar sal lei, het die Vereniging van Suider-Afrikaanse Lugdienste (AASA) verlede maand aangedui.

Lees verder. Klik hier.

 

Veiligheid by die werksplek = veiligheidspraktyke

Deur Cilleste van der Walt

Veiligheid by die werksplek is van lewensbelang om te keer dat elke werknemer onnodige beserings by die werksplek opdoen. Dit is dus van die opperste belang om veiligheidspraktyke in te stel.

As jou onderneming swak werksplekpraktyke daagliks beoefen, kan dit daartoe lei dat die werknemers beserings opdoen. Nog erger, die gevolg kan wees dat die werknemers nie kan terugkeer werk toe nie of selfs doodgaan.

Lees verder. Klik hier.

 

TREE AAN! is terug in die Staatsteater op publieke aanvraag

Deur Moira-Marie Kloppers

Deon Opperman se TREE AAN! is 'n musiekspel wat die lewens van ʼn klomp troepies volg - van koebaai by die stasie, deur basies en al die pad na die grens. Die produksie is vanaf 8 Oktober 2011 vir die tweede keer op die planke by die Staatsteater.

Lede van Solidariteit kwalifiseer vir ʼn spesiale afslag van 10% op alle kaartjies. Die wagwoord vir lede-afslag is “soltree”. Bespreking by www.treeaan.co.za of deur Computicket.

Alexia Vosloo, aanbieder van Leefstyl op Solidariteit Radio het die afgelope paar weke met Deon Opperman en van die akteurs in die musiekspel oor hulle karakters gesels.

 

 

BESTEL ONS WAS DAAR

Ons was daar word amptelik in Oktober bekendgestel. Die boek kan egter nou reeds bestel word. Die eerste 1 000 voorafbestellings sal ’n kopie onderteken deur genl. Jannie Geldenhuys ontvang. Ons was daar kos R350 per eksemplaar (R50 posgeld uitgesluit). Om te bestel, SMS die woord “grens” na 34388, skakel 012 644 4363, stuur e-pos na kraal@solidariteit.co.za of stuur ’n faks na 012 664 1102.

BESTEL TREURGROND

Treurgrond, geskryf en saamgestel deur die adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, dr. Dirk Hermann en die assistent hoofbestuurder van TLU SA, genl.maj. Chris van Zyl, beskryf ʼn totaal van 1 363 moorde wat tydens 2 617 aanvalle op plase en kleinhoewes van 1990 tot 2010 plaasgevind het. Die boek het weens die skokkende inhoud ʼn ouderdomsbeperking van 18. Volgens Hermann herdenk die boek die boere en plaaswerkers en hulle families wie se lewens deur die aanvalle verwoes of geneem is.

Treurgrond kan bestel word deur die woord “Treur” na 34388 te SMS. Die boek kos R150. (ʼn SMS kos R2.) Besoek ook www.kraaluitgewers.co.za vir meer inligting oor dié en ander boeke deur Kraal-Uitgewers.

 

 

FAK-liedjies kry splinternuwe baadjie

“Afrikaners het ʼn ryk kultuurskat geërf. Ons jonger generasie is egter in ʼn ander era en dit is belangrik om dié skat aan hulle oor te dra ten einde te verseker dat hulle ook die kultuur ervaring beleef.” Dit was die woorde van dr. Danie Brink, uitvoerende hoof van die FAK, tydens die bekendstelling van Andries Hendrik Potgieter se album, Rooiwarm, op 19 Oktober by die Voortrekkermonument in Pretoria. Kom kyk na ʼn voorskou van dié CD. Klik hier.

Hou op om my te be‘ras’

Dirk Hermann skryf op Dié Groot Debat: “Hier sit ek in nou met my hande in my hare, want Sensus 2011 dwing my om my te be‘ras’ Laat ek dit net hier in die begin duidelik sê ek is positief oor die sensus en almal moet positief deelneem. My kritiek hieronder is eerder ʼn oproep tot deelname as ʼn oproep tot apatie teenoor Sensus 2011. Enige groep wat hom onttrek aan die proses sal dit tot nadeel van hom en die land doen.” Kom lees verder. Klik hier.

Kuier saam op Maroela Media!

Wil jy 'n stuiwer in die armbeurs gooi? Wil jy ook 'n stem in die kapittel hê?
Hier is jou kans! Die sluier is gelig: www.maroelamedia.co.za
Kom raak Jantjie Rooibeen op Maroela.
Hierdie is jou sêplek, kuierplek, dis jóú plek!

 

Deur Cilleste van der Walt

Solidariteit verklaar geskil met Northam Platinum

Georganiseerde arbeid (Solidariteit en die NUM) het Maandag, 17 Oktober ʼn geskil met Northam Platinum verklaar nadat loononderhandelinge op ʼn dooiepunt uitgeloop het. ʼn Interne geskilvergadering sal volgende week plaasvind. Indien dié vergadering nie resultate oplewer nie, sal die vakbonde waarskynlik ʼn geskil na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) verwys. Lees verder. Klik hier.

Padbouers het dalk die einde van die pad bereik

Ná maande se pogings om ʼn oplossing vir Suid-Afrika se padboubedryf se voortslepende tekort aan bitumen te vind, het dié bedryf in die loop van die week tot stilstand gekom. Daar was nie ʼn enkele druppel van dié petroleumproduk beskikbaar nie.

Mnr. Phillip Hechter, besturende direkteur van Much Asphalt, die grootste vervaardiger van asfalt in die land, sê die situasie is die ergste in die 30 jaar wat hy in die bedryf is. Hechter is ook voorsitter van die Suid-Afrikaanse Bitumenvereniging (Sabita). Lees verder. Klik hier.

 

Gaan lees gerus die nuutste inskrywings op die Solidariteit Blog by
www.solidariteitblog.co.za.

Rondlêpolisiewapens

Die gesegde ‘om soos ʼn soldaat sonder sy geweer oorlog toe te gaan’ kan op baie maniere ingesien word. Vir my het daardie gesegde weereens ʼn ander vorm aangeneem toe ek uitvind hoe baie polisielede hul wapens verloor en op watter manier hulle dit verloor het. Lees verder. Klik hier.


Cilleste van der Walt

Welkom tuis Gilad!

Gilad Shalit is gister vrygelaat nadat hy meer as 5 jaar gelede as jong Israeli soldaat deur Hamas in Gaza gevang en daar aangehou is. Ek onthou Gilad as ʼn kamera-sku 19-jarige wat gelyk het asof hy en sy maats oorlog speel in hulle uniforms met gewere wat amper ongeërg by hulle skouers afhang. Lees verder. Klik hier.

Ansie
Janse van Rensburg

My hel sonder tegnologie

Kollega Piet le Roux het ʼn ruk gelede op my radioprogram op Solidariteit Radio ʼn insetsel gedoen oor die prys om op te hou om die Internet te gebruik. Hy het die vraag geopper: “Sal jy vir ewig ophou om die Internet te gebruik vir R1 miljoen?” Op die oog af lyk R1 miljoen na baie geld, maar ek het my antwoord laas week op hierdie allerbelangrike vraag gekry: ʼn Onomwonde nee! Lees verder. Klik hier.


Eugene Brink

 

Leefstyl is 'n informele kuierprogram op Solidariteit Radio wat 'n positiewe, opbouende bydrae wil lewer. Leefstyl het iets vir almal. Van kinders en kosmaak tot 4x4-ritte en jag. Benewens 'n selfdoen-program vir projekte in en om jou huis deur Johann Stadler, gaan Alexia Vosloo elke week in Vernames Verklap met 'n bekende gesels wat iets oor hom- of haarself verklap wat min mense weet. Verder bied Heleen Robbertse elke week Vrouwees aan terwyl Cilleste van der Walt iets nuuts bekend maak in Wat's nuut?.

 

Volg die nuutste gebeure by Solidariteit op die Solidariteit Blog, Facebook en Twitter


Klik op een van die skakels hieronder en bly op hoogte van die nuutste gebeure by Solidariteit:

 

Sluit só aan by die Solidariteit Atletiekklub

 

Word vandag nog deel van die Solidariteit Atletiekklub. Skakel klubvoorsitter Hendrik van der Westhuizen by 082 851 8451 vir meer inligting of stuur ʼn e-pos na atletiek@solidariteit.co.za.

 

Trap-trap saam met die Solidariteit Fietsryklub

 

Vir meer inligting besoek die Klub se blad op Facebook, volg die tweets op Twitter by solfiets@twitter.com,  stuur 'n e-pos na solfiets@gmail.com of mariusc@solidariteit.co.za of skakel  083 454 6018.

 

Atterbury Teater

Hoogtepunte by die Atterbury Teater

  • Afri-Frans (Vive le France) – 25 en 26 Oktober (Kaartjies kos R130/ R150)
  • "Sultans of Swing: A Tribute to Dire Straits" – 31 Oktober (Kaartjies kos R120/ R160/ R200)
  • Afri-talia met Christian Mangano – 1 en 2 November (Kaartjies kos R130/ R150)
  • Pretoria Kook #5 met Jeremy en Jacqui Mansfield – 4 November (Kaartjies kos R150)

Kaartjies is by enige Computicket-kantoor beskikbaar of skakel 083 915 8000 om ʼn bespreking te doen. Atterbury Teater is geleë op die hoek van Lynnwoodweg en Daventrystraat in Lynnwood. Skakel die teater by 012 471 1700 of stuur ʼn e-pos na info@atterburytheatre.co.za.

 

Hou gelddoring só uit huwelik se vlees

Deur Moira-Marie Kloppers

“Trou is nie perdekoop nie,” sê die ouer mense dikwels om jongmense te waarsku dat trou ’n ernstige saak is. Finansieel gesproke is dit vandag heelwat eenvoudiger en goedkoper om ’n perd te koop as om te trou, en talle pasgetroudes besef kort voor lank dat geld maklik ’n onverwyderbare doring in ’n huwelik se vlees kan word.

Indien jong getroudes nie voor hulle huwelik reeds oop kaarte oor hul geldsake gespeel het nie, kan dit sommer uit die staanspoor wrywing veroorsaak. Wanneer ’n paartjie trou, smelt twee lewens saam, ook op finansiële gebied.

Lees verder. Klik hier.

 

Wat is die G1000?

Deur Ingrid Scholtz

Die meeste Suid-Afrikaners weet wat die G20 is: die rykste twintig lande ter wêreld wie se leiers gereeld bymekaarkom om oor internasionale sake te beraadslaag.

Maar wat is die G1000? Die skrywer van hierdie rubriek is ook nog maar net  laas Sondag van hierdie groep gehoor, maar meen dat hulle  interessant genoeg is om Suid-Afrikaners van hulle te vertel en  selfs aan te moedig om hulle voorbeeld te volg.

Lees verder. Klik hier.

 

Aanbodkantinflasie oorheers

Deur Paul Joubert


Inflasie het in September aanhou styg, tot 5,7% jaar tot jaar, teenoor Augustus se syfer van 5,3%. Dit is goed op dreef om die teikenband van 3% tot 6% se boonste grens teen die einde van die jaar te oorskry.

Die feit dat die grootste drywers van inflasie kos, brandstof en elektrisiteit is, verklaar waarom die Suid-Afrikaanse Reserwebank nog nie rentekoerse verhoog het om inflasie aan bande te lê nie. Die inflasie wat tans plaasvind, is inflasie van die aanbodkant af. Daar is niks wat die rentekoers aan stygende internasionale oliepryse of kospryse sal doen nie, en elektrisiteitspryse word ook administratief bepaal. Hierdie produkte se vraag is ook relatief onelasties – mense kan nie ophou eet en kan nie hul verbruik van brandstof of elektrisiteit drasties aanpas nie. Dit beteken dan rentekoerse nie baie effektief is om hierdie soort inflasie te beheer nie.

 

Verskillende vorms van seksuele teistering

Deur Johan Roos


Vraag:
Is daar verskillende vorms van seksuele teistering waarna gekyk moet word?

Antwoord:
Seksuele teistering kan ongevraagde verbale en nieverbale optrede insluit maar word nie daartoe beperk nie.

Die volgende is voorbeelde van seksuele teistering:

  • Ongevraagde fisiese kontak van ʼn seksuele aard, wat kan wissel van onsedelike aanranding, verkragting, ongevraagde fisiese kontak tot ʼn deursoeking op jou persoon deur ʼn persoon van die teenoorgestelde geslag.

Lees verder. Klik hier.

 

 

AfriForum opponeer Malema se aansoek na konstitusionele hof

AfriForum het verlede week kennis gegee van sy voorneme om Julius Malema en die ANC se aansoek om direkte appèl na die konstitusionele hof oor die sing van die haatliedjie “Dubula Ibhunu”, teen te staan.

Hofstukke ter ondersteuning van AfriForum se opposisie teen Malema se aansoek om direkte verlof na die Grondwethof, is Vrydag by die hof ingedien en by die prokureurs van Malema, die ANC en TLU-SA afgelewer.

Lees verder. Klik hier.

 

 

Helpende Hand WerkNet se entrepreneursopleiding vir voormalige Aurora-werknemers skop af

Voormalige werknemers van Aurora Empowerment Systems en verskeie ander individue wat in die Springs-omgewing woon, het verlede week met ʼn kursus in entrepreneurskap begin.

Die kursus is ʼn verdere stap in Solidariteit Helpende Hand se veldtog om hierdie gemeenskap by te staan om hulle toekoms in hulle eie hande te neem. Die projek word gedryf deur die werksoekportaal WerkNet. Die kursus word oor drie weke aangebied en elke deelnemer ontvang ʼn handleiding. Tydens die kursus word die voornemende entrepreneurs gehelp om ʼn volledige besigheidsplan op te stel en hulle doelwitte te bepaal. Na afloop van die kursus sal ʼn kenner beskikbaar wees om vir hulle raad te gee.

Lees verder. Klik hier.

 

 

Gehalte-opleiding nou binne meer se bereik
Deur Moira-Marie Kloppers

Sol-Tech is al lankal besig om sy droom, naamlik om gehalte opleiding teen bekostigbare pryse te bied, uit te leef. Dié droom het onlangs ’n ekstra hupstoot gekry. Benewens die reuse-kostebesparings wat Solidariteit se nuwe opleidingsmodel vir studente inhou, het verskeie maatskappye onlangs hul beursies wyd oopgemaak en kragte saamgesnoer om ’n finansieringsopsie vir Sol-Tech-studente beskikbaar te stel. Intussen kry talle behoeftige studente, danksy Solidariteit Helpende Hand se beursfonds, steeds elke jaar die geleentheid om hulle opleidingsdrome te verwesenlik. Lees die volledige artikel op bladsy 55 van die Solidariteit Tydskrif.

Klik hier.

 

Deur Cilleste van der Walt

Ridder: Die ‘Decade of Action for Road Safety’ is vandeesweek se ridder. Meer as 20 000 dronkbestuurders van regoor Suid-Afrika is oor die afgelope elf maande ingevolge hierdie projek in hegtenis geneem. Verkeerswetgewing gaan kompromisloos in alle kategorieë versterk word om paaie veiliger te maak.

Rampokker: Vandeesweek se rampokker is die NDM-1-bakterie (Nieu Delhi metallo-7-lactamase 1) wat minstens drie mense se dood, uit ʼn groep van tien wat besmet is, veroorsaak het. Dié bakterie is vir die eerste keer in 2009 in Nieu-Delhi, Indië, geïsoleer en het die laaste paar weke weer kop uitgesteek in die Glynnwood-hospitaal in Benoni, waar dit weer eens geïsoleer is.

 

Vir die week van 20 Oktober tot 26 Oktober (in die geskiedenis van volgende week) 

20 Oktober 1998: Die nuwe, hersiene 1996-sensusopname se uitslae word bekend gemaak, waarvolgens die land 40 583 574 mense het.

21 Oktober 1899: Boeremagte verbreek die spoorverbinding tussen Glencoe en Ladysith in die Anglo-Boere-oorlog. Hulle beset die stasie by Elandslaagte, waar hulle oorrompel en verslaan word.

22 Oktober 1847: Jacobus Hercules (Koos) de la Rey is gebore in die distrik Winburg –Boere-generaal bekend as die Leeu van Wes-Transvaal.

23 Oktober 1838: Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal word gestig.

24 Oktober 1827: Die hoeksteun van die St. Andrews Presbiteriaanse kerk in Somersetweg, Kaapstad, word gelê deur die waarnemende goewerneur aan die Kaap, sir Richard Bourke.

25 Oktober 1949: ʼn Kommando Rapportryers vertrek uit Kaapstad op die derde van 15 roetes na die inwydingsfees van die Voortrekkermonument.

26 Oktober 1860: Die eerste weerdiens in Suid-Afrika word ingestel.

(Bron: Frikkie Wallis se Nuusdagboek) 

 

 

Werk asof jy honderd jaar gaan word, bid asof jy more sal sterwe. - Benjamin Franklin

 

 

Iemand se enigste ooilam word gesê van die besitting waaraan iemand die meeste waarde heg.
(Ontleen aan die Bybel: die verhaal in 2 Sam. 12:3 en volg. Dikwels deur ʼn pa van sy enigste dogter gesê.)

(Bron: Pharos se Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom) 

 

Besoek ons webblad
• Teken in op Soldeer
• Teken uit

[CONTENT]