Plaas nuusbriewe@soldeer.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy e-pos van Solidariteit ontvang.
Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie, kyk na die aanlyn-weergawe.
|
![]() |
||||||
Wys jou protes teen plaasaanvalle – dra jou rooi lint! |
||||||
Deur Ilze Nieuwoudt Terwyl duisende plaasaanvalle die afgelope 20 jaar plaasgevind het, word hierdie misdaad steeds nie as ʼn prioriteit beskou nie. Volgens Chris van Zyl van TLU SA en medesamesteller van die boek Treurgrond – 20 jaar van plaasaanvalle (wat onlangs deur Kraal-Uitgewers uitgegee is), word meer as 2 600 plaasaanvalle in die boek gelys. Hy reken egter dat hierdie lys net “die ore van die seekoei” is. “Dit is ʼn uiters konserwatiewe beeld van die realiteit,” verduidelik Van Zyl. Ten spyte van die duidelike erns van die probleem, meen Van Zyl dat die regering nie genoeg doen of dit as ʼn prioriteit beskou nie. “Hoe groot moet ʼn probleem word voordat dit ʼn prioriteit word?” vra hy. As deel van ʼn veldtog van die Solidariteit Beweging om protes teen plaasaanvalle aan te teken en om ʼn groter bewustheid oor die kwessie plaaslik en in die buiteland te skep, is September geoormerk as ʼn protesmaand teen plaasaanvalle. Wys jou steun aan die veldtog:
|
||||||
![]() |
||||||
Solidariteit Tydskrif nou beskikbaar! |
||||||
Uitgawe 5 van die Solidariteit Tydskrif is nou beskikbaar. Besoek www.solidariteittydskrif.co.za om die tydskrif aanlyn te lees. My pad van die Mynwerkersunie na Solidariteit – deur Flip Buys. Klik hier om die artikel te lees op bladsy 8 en 9. Solidariteit ryk nog loonsuksesse in – deur Moira-Marie Kloppers. Klik hier om die artikel op bladsy 10 te lees. Basta! hier kom die album – deur Ilze Nieuwoudt. Klik hier om die artikel op bladsy 14 te lees
|
||||||
Indiensneming in vervaardigingsektor vorder al stadiger – Solidariteit |
||||||
Deur Moira-Marie Kloppers Solidariteit het vandeesweek gewaarsku dat talle maatskappye in die vervaardigingsektor steeds eerder afleggings oorweeg as om nuwe werknemers in diens te neem. Statistieke Suid-Afrika (SSA) se kwartaallikse indiensnemingsyfers wat Dinsdag bekendgestel is, toon dat indiensneming in die formele vervaardigingsektor die afgelope jaar met 18 000 poste, oftewel 1,5%, afgeneem het. Daarbenewens het werksgeleenthede in die sektor die afgelope kwartaal met sowat 8 000 poste gekrimp.
|
||||||
Motala weier om te getuig; Solidariteit eis dat geregtigheid geskied |
||||||
Deur Moira-Marie Kloppers Solidariteit het Woensdag die meester van die hooggeregshof amptelik versoek om Enver Motala as likwidateur van alle likwidasiesake waar hy nog as likwidateur optree, af te dank. Motala is vroeër as likwidateur van Pamodzi Gold (Pty) Ltd in die pad gesteek en ná ʼn formele geregtelike ondersoek van die Paneel van Likwidateurs verwyder. Volgens Solidariteit moet Motala dringend van alle likwidasiesake verwyder word om te verhoed dat die werknemers van die betrokke maatskappye dieselfde lot as die Aurora-werknemers en -krediteure deel.
|
||||||
Die Voortrekkers vier 80 jaar van koers hou! |
||||||
Die Solidariteit Beweging het Vrydag, 16 September 2011 Die Voortrekkers met ʼn erepenning gelukgewens met hul 80 jaar van koers hou. Die Voortrekkers vier in Septembermaand hul 80ste bestaansjaar. Die Solidariteit Beweging het met die erepenning Die Voortrekkers aangemoedig met woorde uit Paul Kruger se laaste brief wat deur hom onderteken is om die goeie uit die verlede te neem en daarop voort te bou. Foto: Cilleste van der Walt
|
||||||
TREE AAN! is terug in die Staatsteater op publieke aanvraag |
||||||
Deur Moira-Marie Kloppers TREE AAN! vir Solidariteit se grootste Facebook-kompetisie ooit Aandag, alle ondersteuners van die Solidariteit Beweging! Solidariteit gee op Woensdag, 28 September 150 kaartjies weg na die musiekspel TREE AAN! ter waarde van bykans R43 000 in die grootste verwysingskompetisie ooit! Die eerste 75 ondersteuners van die Solidariteit Beweging wat op 28 September elk minstens tien verwysings stuur van mense wat by Solidariteit sal aansluit, wen elk twee kaartjies na ʼn spesiale vertoning van TREE AAN! Die vertoning is spesiaal vir die Solidariteit Beweging en vind op Saterdag, 8 Oktober 2011 om 20:00 plaas. Hou Facebook volgende week dop vir meer inligting oor hoe om deel te neem.
|
||||||
![]() |
||||||
BESTEL ONS WAS DAAR |
||||||
Ons was daar word amptelik in Oktober bekendgestel. Die boek kan egter nou reeds bestel word. Die eerste 1 000 voorafbestellings sal ’n kopie onderteken deur genl. Jannie Geldenhuys ontvang. Ons was daar kos R300 per eksemplaar (R50 posgeld uitgesluit). Om te bestel, SMS die woord “grens” na 34388, skakel 012 644 4363, stuur e-pos na kraal@solidariteit.co.za of stuur ’n faks na 012 664 1102.
|
||||||
![]() |
||||||
Nuus, vermaak, boeke en meer op Maroela Media |
||||||
Deur Nico Strydom
Dit is vandag (22 September) Wêreldrenosterdag. Verlede jaar is 333 renosters in Suid-Afrika deur stropers doodgemaak en teen Augustus vanjaar is meer as 290 renosters reeds gestroop. Dis die hartverskeurende werklikheid en gebeure waaraan Johan Fourie in sy boek Stryd in die bos ʼn stem gee. Maroela Media vertel jou meer oor die boek en gee ʼn eksemplaar weg. Treurgrond: Plaasmoord-slagoffers vertel op video
Treurgrond is op 24 Augustus 2011 bekend gestel. Verskeie slagoffers het hul hartroerende stories tydens dié geleentheid vertel. Een van hulle is Madeleine van den Berg, wat in Julie 2009 op hul kleinhoewe buite Cullinan aangeval is. Sy is in ʼn kas toegesluit en haar man Piet is in die aanval doodgeskiet. Hulle huis is ook aan die brand gesteek. Hulle verhaal is as geval 2 447 in Treurgrond opgeteken. Die eerste oplaag van Treurgrond is reeds uitverkoop en die boek is tans in sy tweede druk. Die Engelse weergawe Land of Sorrow verskyn binnekort. Lees meer oor die bekendstelling van Treurgrond en kyk na video’s van die geleentheid.
In ʼn artikel wat Vrydag in die ANC Today gepubliseer is, kritiseer Ayanda Dlodlo, sekretaris-generaal van Umkhonto we Sizwe Militêre Veterane (MKMVA), regter Colin Lamont se onlangse beslissing in die haatspraaksaak teen ANC-jeugligaleier, Julius Malema. Dlodlo skryf dat die beslissing ten doel het om die geskiedenis van die MKMVA uit te wis. Dlodlo argumenteer dat wanneer MK-kaders “awudubula ibhunu” (Skiet die boer) sing, verwys “ibhunu” na die militêre vyand en nie Afrikaners in die algemeen nie. James Myburgh, redakteur van Politicsweb.co.za, meen egter die ANC het ʼn rekord van geweld teen Boere. Lees Myburgh se volledige artikel op Die Groot Debat, Maroela Media se debatsplatform. Wêreldbekerrugbykoors en ʼn tikkie politiek
|
||||||
![]() |
||||||
Donkerte in die platteland nie Eskom se skuld Dele van Suid-Afrika se platteland wat gereeld kragonderbrekings ervaar het nou selfs vir Eskom bekommerd. ʼn Soortgelyke voorval het onlangs weereens in Kroonstad in die Vrystaat gebeur. Ondernemings het miljoene rande se skade gely nadat daar vir vyf dae lank nie krag was nie.
Die Oilgate-saga is besig om hersien te word, het openbare vervolger Thuli Madonsela gesê. “Ons bestudeer weer die saak, maar ons het nog nie weer die ondersoek amptelik heropen nie,” het sy gesê. Die Oilgate-skandaal is in 2003 oopgevlek. Staatsbeheerde maatskappy PetroSA het sakeman en ANC-ondersteuner, Sandi Majali, ʼn vooruitbetaling van R15 miljoen gegee om as betaling vir ʼn besending olie uit Irak vir sy maatskappy, Imvume Consortium, aan te wend. |
||||||
![]() |
||||||
Wees stiptelik |
||||||
Deur Cilleste van der Walt Stiptelikheid is ʼn aanduiding van doeltreffende tydsbestuur aangesien dit ʼn weerkaatsing en funksie daarvan is. Om per geleentheid as gevolg van onvoorsiene gebeure laat te wees is verstaanbaar, maar wanneer laatkommery ʼn gewoonte raak, maak dit mense meer gespanne by die werk aangesien hulle oral heen moet jaag en alles moet afjaag.
|
||||||
![]() |
||||||
Gaan lees gerus die nuutste inskrywings op die Solidariteit Blog by Hier is enkele uittreksels uit die afgelope week se bloginskrywings:
|
||||||
![]() |
||||||
Perspektief is 'n kontroversiële, ondersoekende nuusprogram waar daar oor aktuele kwessies baklei word, met kenners gedebatteer word en waar swak dienslewering aan die kaak gestel word. Luister na die frustrasies en verskynsels wat ons alledaagse lewe raak. Die program bevat ook interessante insetsels, soos Toet en taal en Fokus op opvoedkunde en onderwys. Word deel van die gesprek en kom agter die kap van die byl met Perspektief elke Vrydag om 12:00.
|
||||||
Volg die nuutste gebeure by Solidariteit op die Solidariteit Blog, Facebook en Twitter |
||||||
|
![]() |
![]() |
Sluit só aan by die Solidariteit Atletiekklub |
Word vandag nog deel van die Solidariteit Atletiekklub. Skakel klubvoorsitter Hendrik van der Westhuizen by 082 851 8451 vir meer inligting of stuur ʼn e-pos na atletiek@solidariteit.co.za.
|
Trap-trap saam met die Solidariteit Fietsryklub |
Vir meer inligting besoek die Klub se blad op Facebook, volg die tweets op Twitter by solfiets@twitter.com, stuur ʼn e-pos na solfiets@gmail.com of mariusc@solidariteit.co.za of skakel 083 454 6018.
|
Atterbury Teater |
Hoogtepunte op die Atterbury Teater-kalender: Christa Steyn se konsert Gevorderde bors- en lewerkanker is onlangs by die liedjieskrywer, pianis en musiekvervaardiger Christa Steyn gediagnoseer. Om haar finansieel by te staan in ʼn tyd wat sy hoë mediese koste in die gesig staar, en om dat sy nie nou volstoom kan werk nie, het haar vriende in die musiekbedryf (en daar is baie) saamgespan en vir haar ʼn konsert gereël. Die aktrise Lizz Meiring sal die leisels op die verhoog tydens elke vertoning vashou. Sy gaan ook tydens die vertoning haar lyf afslaer hou en goedere opveil. ʼn Beeldhouwerk van die kunstenaar Sanna Swart sal onder meer opgeveil word. Al die fondse sal aan Christa geskenk word. Die kunstenaars wat gaan deelneem, is Lize Beekman, Anna Davel, Jak de Priester, Arina de Witt, Dewald van Solms, die orrelspeler Ockie Vermeulen, Jannie du Toit, Willie Strauss, Roelof Colyn, die vioolduo Eclipse, David Fourie en Sorina, oftewel “die Flooze.” Datum: 2 Oktober Kaartjies is by enige Computicket-kantoor beskikbaar of skakel 083 915 8000 om ʼn bespreking te doen. Atterbury Teater is geleë op die hoek van Lynnwoodweg en Daventrystraat in Lynnwood. Skakel die teater by 012 471 1700 of stuur ʼn e-pos na info@atterburytheatre.co.za.
|
Taxi-lugdiens bekendgestel |
Deur Cilleste van der Walt Die Santaco-lugdiens vir taxi-pendelaars is op 16 September by die Lanseria-lughawe, noord van Johannesburg, bekend gestel. Hierdie inisiatief van die Suid-Afrikaanse Taxi-vereniging bied ʼn bykomende vorm van vervoer om tussen taxi-staanplekke in verskillende provinsies te reis. Die eerste fase van die diens sal tussen die Lanseria-lughawe, Bhisho in die Oos-Kaap en Kaapstad bedryf word. Volgens Jabulani Mtehmbu, president van die taxi-vereniging, was lugvaart ʼn moeilike bedryf om te betree, maar Santaco sal gaan waar ander te bang is om te gaan. Kommersiële vlugte sal na verwagting aan die einde van die jaar deur Santaco aangebied word.
|
![]() |
‘Die amptenaar’ teen ‘die burger’ |
Deur Ingrid Scholtz
Eers die volgende: Waar Suid-Afrikaners in ʼn toenemende mate te make het met ʼn falende staat waar die dalk reeds bestaande traagheid en luiheid van amptenare verder versterk word deur ʼn gebrek aan opleiding en onbekwaamheid, is Nederland ʼn skoon en netjiese modelboerdery. Hier is alles meestal baie doeltreffend georganiseer. Dit is dus op die oog af vreemd dat amptenare en burgers in Nederland mekaar nie verstaan nie.
|
![]() |
VPI-inflasie gedryf deur kos en energie |
Deur Paul Joubert Statistieke Suid-Afrika het vandeesweek die inflasiesyfers vir Augustus bekendgemaak. Die algehele verbruikersprysindeks (VPI) was 5,3% hoër in Augustus 2011 as wat dit in Augustus 2010 was. Indien kos- en energiepryse (insluitend petrol en elektrisiteit) uitgelaat word, was die styging slegs 3,8%. Kos het ʼn inflasiekoers van 7,3% in Augustus 2011 gehad, terwyl petrol se prys 23,5% hoër was as ʼn jaar gelede. Indien die afgelope 12 maande in oënskou geneem word, kan gesien word dat kos- en energiepryse veral sedert Januarie 2011 weer groot dryfvere van inflasie geword het. In Desember 2010 was algehele inflasie 3,5%, en inflasie sonder kos- en energiepryse was 3,3%, ʼn verskil van slegs een vyfde van ʼn persentasiepunt. Sedertdien het die verskil vergroot tot 1,5 persentasiepunte.
|
![]() |
Deur Ilze Nieuwoudt China: Die swaar reëns en vloede wat China die afgelope maand getref het, het reeds tot die dood van 90 mense gelei. Nagenoeg 1 miljoen mense in nege van die land se provinsies moes reeds hulle huise weens die reëns verlaat. In Henan, Shaanxi en Sichuan het nagenoeg 29 000 huise onder die vloedwaters verdwyn. Intussen het die watervlakke van die Qujiangrivier in Sichuan met sowat sewe meter bo die gevaarsone gestyg. Die rivier het nou sy hoogste vlak in die geskiedenis bereik. Noorweë: Die Noorweegse regering beplan om strenger sekuriteitsmaatreëls in te stel. Dit volg in reaksie op die aanval wat op 22 Julie plaasgevind het waarin 77 mense deur ʼn verregse ekstremis doodgeskiet is. Volgens die minister van justisie, Knut Storberget, sal daar in die opkomende begroting meer ruimte gemaak word vir die verbetering van die polisie se lugdienste terwyl strenger wette vir die besit van gewere ook moontlik ingestel gaan word. Mexiko: In ʼn optrede as deel van die dwelmoorlog in Mexiko het ʼn dwelmbende, die New Generation, die liggame van 35 mense op ʼn besige snelweg gestort. Die liggame is tydens spitsverkeer by ʼn besige wisselaar gestort terwyl gewapende handelaars motoriste gedreig het. Die voorval het plaasgevind in die omgewing van die grootste winkelsentrum in Boca del Rio wat deel is van Veracruz-stad. Volgens Sapa veg die dominante Zetas-dwelmbende reeds ʼn geruime tyd teen ander bendes in die gebied om beheer oor die provinsie te kry.
|
![]() |
Deur Phil Davel Vraag: Het ek ʼn reg om bevorder te word? Antwoord: Artikel 186(2)(a) van die Wet op Arbeidsverhoudinge omskryf ʼn onbillike arbeidspraktyk as enige onbillike optrede deur die werkgewer rakende bevordering, demosie, proeftydperk (uitgesonderd geskille oor ontslag wat met proeftydperk verband hou), opleiding van die werknemer, of die voorsiening van voordele aan die werknemer.
|
![]() |
Skoolhoofde word uitgenooi om klagtes oor Gr.12-eksamens by AfriForum Jeug te rapporteerAfriForum Jeug het vandeesweek skoolhoofde, leerlinge en ouers uitgenooi om klagtes omtrent die swak gehalte van Gr.12-vraestelle op AfriForum Jeug se webblad, www.afriforumjeug.co.za, te rapporteer. AfriForum Jeug het ook vandag ’n griefskrif in hierdie verband by Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, ingedien en het onderneem om elke klag wat deur lede van die publiek by AfriForum Jeug ingedien word, onder die minister se onmiddellike aandag te bring. Luidens mediaberigte is die gehalte van die afgelope rekordeksamen se vraestelle in veral rekeningkunde, wiskunde en lewenswetenskappe van uiters swak gehalte, terwyl skoolhoofde sukkel om hul klagtes en voorstelle aan die departement deur te gee.
|
![]() |
Helpende Hand vereer Anneli van Rooyen vir haar bydrae tot Afrikanererfenis
Op Vrouedag het Helpende Hand ʼn groep Afrikaanse vroue vereer vir die uitmuntende bydrae wat hulle gedurende die 20ste eeu tot die ontwikkeling van die Afrikanererfenis op kulturele, geestelike en maatskaplike gebied gelewer het. Van Rooyen kon weens gesondheidsredes nie die geleentheid by die Vrouemonument in Bloemfontein bywoon nie. Sy lei al vir meer as 20 jaar aan A-tipiese trigeminale neuralgie, ʼn brandpyn van die gesigsenuwee aan die regterkant van haar gesig.
|
![]() |
Deur Cilleste van der Walt Ridder: Vandeesweek se ridders is al die mense wat betrokke is by die Bikers 4 Kids-projek. Van 18 tot 25 September 2011 gaan Bikers 4 Africa, in samewerking met Toys for Africa en Helpende Hand Limpopo, in bykans 15 dorpe weldadigheidswerk doen met die doel om werklik ʼn verskil in kinders se lewens te maak. Rampokker: Die man wat twee meisies in Grabouw vermoedelik verkrag en met ʼn mes aangeval het, is vandeesweek se rampokker. Hy het die jongste (8) vermoor en die 12-jarige erg aangerand. Soldeer wys elke week ʼn ridder en rampokker aan. Die ridder is ʼn persoon of organisasie wat in die voorafgaande week iets positiefs bereik, behaal of gedoen het, terwyl die rampokker ʼn persoon of organisasie is wat iets negatiefs gedoen het. Voorstelle vir hierdie weeklikse toekennings kan aan Cilleste van der Walt by cilleste@solidariteit.co.za gestuur word. (Onthou om ʼn rede vir jou nominasie by die e-pos in te sluit.)
|
![]() |
Vir die week van 22 September tot 28 September (in die geskiedenis van volgende week)
|
![]() |
|
![]() |
|
[CONTENT]