Plaas nuusbriewe@soldeer.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy e-pos van Solidariteit ontvang.
Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie, kyk na die aanlyn-weergawe.

Kontak ons:
Telefoonnommers:
012-644-4300
0861-25-24-23
Faksnommer:
012-664-6493

H/v DF Malanstraat
& Eendrachtstraat
Kloofsig

Posbus 11760
Centurion
0046
navrae@solidariteit.co.za

diens@solidariteit.co.za
Nr. 457

Solidariteit verklaar loongeskil met Eskom
Eensydige implementering van loonverhoging lei tot vertrouensbreuk

Deur Moira-Marie Kloppers

Die elektrisiteitsreus, Eskom, se eensydige instelling van ʼn tweejaar-loonooreenkoms vir ʼn verhoging van 7% het tot ʼn reuse vertrouensbreuk tussen die maatskappy en sy werknemers gelei, het die vakbond Solidariteit vandeesweek gesê. Die vakbond het Dinsdag ʼn loongeskil met die maatskappy verklaar en die geskil na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) verwys.

Volgens dr. Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, onderhandel die vakbonde reeds sedert April met Eskom oor vanjaar se loonverhogings. “Vanjaar se verhoging moes reeds op 1 Junie ingestel gewees het, maar daar kon tot op hede steeds nie op ʼn loonverhoging ooreengekom word nie,” verduidelik Hermann. “Solidariteit het verlede week egter gehoop dat ʼn ooreenkoms in sig is nadat Eskom ʼn informele loonaanbod gemaak het vir ʼn verhoging van 8% sowel as ʼn plan om die behuisingstoelaag in die volgende drie jaar aansienlik te verhoog,” voeg hy by.

Lees verder. Klik hier.

 

Hierdie week se gewildste artikels op Dié Groot Debat:

 

My Afrikaanse kat kom altyd weer deur Flip Buys

Jan was nie die gemiddelde kat op straat nie. Met Goliat se lyf en Dawid se hart, sou Jan sekerlik nie inpas by my regsvriende se idee van die “redelike kat” nie. Jy sien, Jan was ons huisheld sedert hy ʼn paar weke tevore kat-alleen ’n reuse rinkhals in die stikdonker huis doodgemaak het toe Pa nie mooi met die kers kon sien nie. Destyds, in die dae toe ʼn plaashuis nie eers ʼn sleutel gehad het nie, was slange nog die gevaarlikste goed op ʼn plaas. Ná die geveg het Jan vir ʼn paar dae verdwyn, en na baie soek het ons aanvaar hy’s dood. Eers die dag voor my lewe verander het, was Jan styf-styf terug, met ʼn verergde trek om sy bek asof hy vies was dat ons nie geweet het met nege lewens is hy steeds (ram)kat genoeg vir tien slange nie. Lees verder. Klik hier.

Nasiebou, baklei is ontvlugting – Orania nie deur Jaco Kleynhans

Die hernude debat oor die toekoms van die Afrikaner as kultuurgemeenskap is die afgelope tyd deur stemme van ekstremisme oorheers. Aan die een kant speel die laaste stuiptrekkings van die liberale nasiebou-idee steeds af. Hierdie groep sê dat Afrikanerskap iets van die verlede is en dat Afrikaners ʼn lewe van skuld vir hul verlede moet lei. Selfs verder links van hulle is ekstremiste wat geweld aanblaas deur Afrikaners as die oorsaak van elke probleem wat ʼn swart Suid-Afrikaner mag ervaar, uit te beeld. Aan die ander kant van die politieke spektrum is ʼn reaksionêre monster wat deur die opblaas van ʼn treinspoor in Soweto of die uitdeel van vuishoue die volk wil red. Lees verder. Klik hier.

 

Kuier saam op Maroela Media!

 

Wil jy ʼn stuiwer in die armbeurs gooi? Wil jy ook ʼn stem in die kapittel hê?
Hier is jou kans! Die sluier is gelig: www.maroelamedia.co.za.
Kom raak Jantjie Rooibeen op Maroela.
Hierdie is jou sêplek, kuierplek, dis jóú plek!

 

Suid-Afrika staan op teen plaasmoorde in September!

Deur Cilleste van der Walt

As deel van die bekendstelling van Kraal-Uitgewers se boek Treurgrond – 20 jaar van plaasaanvalle is September geoormerk as die Solidariteit Beweging se protesmaand teen plaasaanvalle.

Die boek is daarop gemik Suid-Afrikaners oor die omvang van plaasaanvalle in te lig en te help toesien dat die kwessie hoër op die nasionale agenda geplaas word. Verder sal dit ook help om die openbare mening te mobiliseer om druk op die regering uit te oefen om met oplossings vorendag te kom. Daarbenewens sal die boek se Engelse weergawe (Land of sorrow) internasionaal versprei word in die hoop dat die internasionale gemeenskap ook by die aksie teen plaasaanvalle sal aansluit.

Só kan jy betrokke raak

Jy kan ook jou steun aan hierdie projek toesê. Wys jou steun op een of meer van die volgende maniere:

  • Koop ʼn eksemplaar van Treurgrond – 20 jaar van plaasaanvalle teen slegs R150 (posgeld uitgesluit.) Wins uit die verkoop van boeke sal gebruik word vir die internasionale verspreiding van die boek. Treurgrond kan bestel word deur die woord “Treur” na 34388 te SMS. Die boek kos R150. (ʼn SMS kos R2.)
  • Stuur ʼn SMS en maak ʼn bydrae. SMS die woord “Boek” na 38655 en skenk op hierdie manier R10 om die boek internasionaal te versprei.
  • Besoek www.treurgrond.co.za en bly hier op hoogte van die nuutste verwikkelinge ten opsigte van die veldtog. Jy kan ook hier ʼn uittreksel van die boek aflaai.
  • Gaan kyk na die Treurgrond-video oor plaasmoorde op Solidariteit se YouTube-webwerf by www.youtube.com/solidariteitsa
  • Dra op 30 September 2011 ʼn rooi lint op jou skouer of om jou arm om jou steun vir die protes teen plaasaanvalle in Suid-Afrika te wys.

Treurgrond – 20 jaar van plaasaanvalle in Suid-Afrika

Treurgrond, geskryf en saamgestel deur die adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, dr. Dirk Hermann en die assistent hoofbestuurder van TLU SA, genl.maj. Chris van Zyl, beskryf ʼn totaal van 1 363 moorde wat tydens 2 617 aanvalle op plase en kleinhoewes van 1990 tot 2010 plaasgevind het. Die boek het weens die skokkende inhoud ʼn ouderdomsbeperking van 18.

Volgens Hermann herdenk die boek die boere en plaaswerkers en hulle families wie se lewens deur die aanvalle verwoes of geneem is.

Treurgrond kan bestel word deur die woord “Treur” na 34388 te SMS. Die boek kos R150. (ʼn SMS kos R2.) Besoek ook www.kraaluitgewers.co.za vir meer inligting oor dié en ander boeke deur Kraal-Uitgewers.

 

Solidariteit eis eksterne transformasie-oudit en transformasie-
“Kodesa”; stel alternatiewe bemagtigingsmodel voor

Deur Moira-Marie Kloppers

Solidariteit het vandeesweek in sy voorlegging oor die hersiening van die mynbouhandves aan die portefeuljekomitee oor minerale hulpbronne, ʼn eksterne oudit van alle mynmaatskappye se bemagtigingsyfers geëis en aangedui dat die spanning rakende transformasie tussen die belanghebbendes in die mynbedryf ʼn transformasie-Kodesa noodsaak. So ʼn beraad sal aan al die belanghebbende partye die geleentheid bied om op ʼn konstruktiewe wyse debat te voer en gesamentlik oplossings te vind en sodoende die openbare moddergooiery tot ʼn einde bring.

Lees verder. Klik hier.

 

BESTEL ONS WAS DAAR

 


Ons was daar word amptelik in Oktober bekendgestel. Die boek kan egter nou reeds bestel word. Die eerste 1 000 voorafbestellings sal ’n kopie onderteken deur genl. Jannie Geldenhuys ontvang. Ons was daar kos R300 per eksemplaar (R50 posgeld uitgesluit). Om te bestel, SMS die woord “grens” na 34388, skakel 012 644 4363, stuur e-pos na kraal@solidariteit.co.za of stuur ’n faks na 012 664 1102.

 

 

Solidariteit gaan aansoek doen om interdik teen Absa-afleggings
Absa ignoreer Arbeidswet in afleggingsproses

Deur Moira-Marie Kloppers

Solidariteit gaan hom na die arbeidshof wend om ʼn dringende interdik teen die beplande herstrukturering en afleggings by Absa te bekom. Dit volg nadat Absa verlede week skriftelik aangedui het dat hy nie met Solidariteit oor die afleggingsproses gaan konsulteer nie, aangesien Solidariteit nie kollektiewe erkenning by die bank geniet nie. Lees verder. Klik hier.

Blyvoor moet vir die “regte” belegger wag
Deur Cilleste van der Walt

DRDGold, Suid-Afrika se vierde grootste goudvervaardiger, sal sy 74% eienaarskap in Blyvooruitzicht myn (Blyvoor) verkoop sodra hulle die “regte” belegger kan kry, het Niël Pretorius, hoof uitvoerende beampte van DRDGold, gesê. Lees verder. Klik hier.

Elektrisiteitsverbruik ondermyn Suid-Afrika
Deur Cilleste van der Walt

Die vraag na elektrisiteit in Suid-Afrika sal spoedig sy voorsieningslimiet bereik en die afname in gebruik is tans die enigste oplossing vir die probleem. Daar is voldoende tyd om ʼn afname in gebruik te bereik, maar indien die verbruik daarvan misken word, sal dit tot grootskaalse kragonderbrekings lei. Lees verder. Klik hier.

 

Die verskil tussen stres en uitbranding

Deur Cilleste van der Walt

Die woorde ‘stres’ en ‘uitbranding’ word algemeen in werksverband gebruik. Stres en uitbranding is egter nie dieselfde nie. As jy weet wat die verskil tussen die twee is, sal dit jou help om die gevaartekens vroegtydig raak te sien. 

Die woorde ‘te veel’ beskryf stres. Jy ervaar stres wanneer jy onder te veel druk verkeer, wat te veel fisieke en geestelike inspanning verg. Mense wat stres ervaar, sien steeds ʼn lig aan die einde van die tonnel. Hulle voel dat alles weer reg sal wees sodra hulle alles onder beheer kan kry.

Lees verder. Klik hier.

 

Gaan lees gerus die nuutste inskrywings op die Solidariteit Blog by
www.solidariteitblog.co.za.

Hier is enkele uittreksels uit die afgelope week se bloginskrywings:

ʼn Swart lentedag

Hierdie jaar moet Lentedag met swartklere gevier word en ja, die swart is om te rou. Renosterstropery was in 2011 baie hoër as meeste van die jare wat dit voorafgaan en daardeur is Suid-Afrika besig om ʼn bedreigdespesie te verloor.  Lees verder. Klik hier.


Cilleste van der Walt

Want die slegte kom vanself

Hoop op en hou vas aan die goeie, want die slegte kom vanself. Dit is my oupa se wyse woorde. En dit is waar. Dit is so maklik om net die negatiewe en slegte in die lewe raak te sien. En dit is eintlik maar net ʼn gewoonte. Lees verder. Klik hier.


Moira-Marie Kloppers

Te veel goeters?

As dogtertjie was ek altyd verstom oor my ma se skoenerak. Daar was rooies en bruines en swartes en groenes en beiges. Daar was vales en blinkes en party het oop tone gehad en party het hoë hakke gehad. Lees verder. Klik hier.


Suné van Heerden

Afrikaans is . . .

Hoeveel van ons dink gereeld oor die rol wat ons moedertaal in ons lewens speel. Is dit maar net ʼn semantiese kommunikasiemiddel wat ons gebruik in omgang met ander wat ‘n soortgelyke instrument besig? Hou dit ekonomiese waarde vir my in of skiet dit my ekonomies in die voet? Lees verder. Klik hier.


Eugene Brink

 

 

Volg die nuutste gebeure by Solidariteit op die Solidariteit Blog, Facebook en Twitter


Klik op een van die skakels hieronder en bly op hoogte van die nuutste gebeure by Solidariteit:

 

Sluit só aan by die Solidariteit Atletiekklub

 

Word vandag nog deel van die Solidariteit Atletiekklub. Skakel klubvoorsitter Hendrik van der Westhuizen by 082 851 8451 vir meer inligting of stuur ʼn e-pos na atletiek@solidariteit.co.za.

 

Trap-trap saam met die Solidariteit Fietsryklub

 

Vir meer inligting besoek die Klub se blad op Facebook, volg die tweets op Twitter by solfiets@twitter.com,  stuur ʼn e-pos na solfiets@gmail.com of mariusc@solidariteit.co.za of skakel  083 454 6018.

 

Atterbury Teater

 

Stef Bos se nuwe produksie Vuurvlieg by die Atterbury Teater

Af en toe keer Stef Bos terug na dit wat vir hom die bron as liedjieskrywer is. ʼn Sanger net met ʼn klavier. Na ʼn paar jaar waarin hy slegs nuwe materiaal gespeel het, het dit nou tyd geword om na sy ouer werk terug te keer en ʼn avontuur met gesproke woord aan te pak. Veral laasgenoemde is ʼn nuwe element in Stef se ontwikkeling. Vuurvlieg is ʼn kombinasie van toneelspel, skerpsketsery (stand-up comedy) en ou, bekende liedjies wat nou effens anders klink as destyds.

Waar: Atterbury Teater op die hoek van Lynnwoodweg en Daventrystraat, Lynnwood
Wanneer: 1 – 3 September om 20:00
Koste: R150 / R175
Bespreek: Besprekings kan by Computicket gedoen word of skakel 083 915 8000 of besoek www.atterburytheatre.co.za

Mathys Roets sing Rembrandt se meisie in die maan

Mathys Roets (met Matthys Maree op die klavier en Rozelle Blackie met bykomende sang), ondersoek die muse van manwees. In dié vertoning wat in die Atterbury Teater op die planke kom bring Roets liedjies van sy nuwe album Rembrandt se meisie in die maan om die gehoor mee te betower. Met liedjies soos Rembrandt, Madelein, ʼn Man se liedjie en Iemand het ʼn ster laat val verklap Roets ʼn paar van die dinge wat manne beïnvloed en betower.

Waar: Atterbury Teater op die hoek van Lynnwoodweg en Daventrystraat, Lynnwood
Wanneer: 4 September om 16:00
Koste: R120 / R145
Bespreek: Besprekings kan by Computicket gedoen word of skakel 083 915 8000 of besoek www.atterburytheatre.co.za

 

Desembervakansie vanjaar ʼn tikkie langer

Deur Cilleste van der Walt

Die departement van basiese onderwys het dit goed gedink om skole in die binneland volgende jaar later te heropen. As ʼn reël het binnelandse skole gewoonlik ʼn week voor skole aan die kus begin, maar volgende jaar sal dit andersom plaasvind.

Binnelandse skole begin volgende jaar Woensdag, 18 Januarie, terwyl skole aan die kusgebiede ʼn week vroeër begin (11 Januarie 2012). Vir die kusgebiede sluit die skole dan reeds 23 Maart 2012 vir die eerste kwartaal en die binnelandse skole sluit op 30 Maart 2012. Die res van die kwartale is vir al die provinsies dieselfde.

Lees verder. Klik hier.

 

SAW hou reünie

Deur Cilleste van der Walt

Oud-SAW-lede het na groot aanvraag hierdie jaar ʼn reünie. ʼn Soortgelyke, baie suksesvolle, geleentheid is in die verlede vir oud-lede van Kommandement Noord-Transvaal gehou. Die reünie sal hierdie jaar uitgebrei word deurdat ander oud-SAW-lede van alle weermagsdele genooi word.

Alle indelings (soos Staande mag, Burgermag, Kommando’s en oud-dienspligtiges), lede van die verskillende SAW-militêre veterane-verenigings, asook militêre eenhede se eie verenigings en individue, insluitende weduwees van oud-soldate en vriende van die SAW (byvoorbeeld oud-lede van Klub Gerbera), word genooi om die geleentheid by te woon. Die reünie sal vanaf 11:00 op Vrydag, 16 September 2011 by die Amfiteater Restaurant by die Voortrekkermonument Erfenisterrein te Pretoria plaasvind.

Lees verder. Klik hier.

 

Stof jou spaarvarkie af

Deur Ingrid Scholtz

“Welkom in die Wilde Weste,” skryf Marcel Bullinga, outeur van Welcome to the Future Cloud – 2025 in 100 voorspellingen, wat onlangs in De Volkskrant verskyn het. Bullinga verwys na die ‘Wilde Weste’ van die Europese Unie (EU) en Amerika: waar die skuldboom reeds hemelhoog gegroei het.

Met Amerika aan die voorpunt, gevolg deur ’n hele reeks Europese lande, het state, banke, ondernemings en individue – met die veronderstelling dat die ekonomie net kan groei as die geld voortdurend vinnig rol – so baie skuld gemaak dat selfs mense uit die finansiële wêreld die skynbaar vanselfsprekende idee dat steeds meer skuld en risiko ongestraf kan bly, begin bevraagteken.

Lees verder. Klik hier.

 

BBP voor die resessie en nou

Deur Paul Joubert

Daar was reeds talle artikels in die dagblaaie oor die BBP-syfers vir die tweede kwartaal van 2011 wat deur Statistieke Suid-Afrika vrygestel is. Oor die algemeen is die sentiment op grond van die verandering in die laaste kwartaal, negatief.

In plaas daarvan om slegs die jongste veranderinge in die BBP-syfers te ondersoek, word hier ʼn bietjie langer perspektief gegee, deur te kyk na die vlak van BBP voor die resessie tot nou.

Lees verder. Klik hier.

 

Deur Ilze Nieuwoudt

Libië: Met ʼn steeds gespanne atmosfeer wat in Libië heers is daar blykbaar nou onenigheid tussen Gaddafi se seuns Al-Saadi en Saif al-Islam Gaddafi, oor hulle gewilligheid om oor te gee. Volgens Sapa het Al-Saadi ʼn beroep gedoen op die beëindiging van onluste en het sy gewilligheid getoon om ʼn vredesooreenkoms te sluit. Daarenteen het Saif al-Islam ʼn beroep op troepe gedoen om die “vyand aan te val”. Intussen is dit steeds nie duidelik waar dié Libiese leier homself bevind nie, maar volgens Gaddafi se seuns is hy veilig en woon tans in ʼn voorstad van Libië se hoofstad Tripoli.

Nigerië: Vloede in dié land het reeds minstens 102 lewens geëis. ʼn Dam het gebreek na afloop van geweldige reënbuie die afgelope tyd in die suidweste van die land. Intussen het dit vandeesweek ook aan die lig gekom dat Mamman Nur, ʼn ekstremis wat met Al-Qaeda verbind word, die meesterbrein agter verlede week se aanval op die VN-hoofkwartier in Nigerië was waarin 23 mense dood is. Daar word nou beweer dat Nur landuit gevlug het en nou saam met ander sektelede in Chad skuiling vind.

Engeland: Roger Allsopp, ʼn 70-jarige oupa, het vandeesweek die oudste persoon geword wat nog oor die Engelse-kanaal kon swem. Volgens mediaberigte het dié afgetrede dokter die Guinness-wêreldrekord verbeter toe hy op die ouderdom van 70 jaar en vier maande (skaars vier maande ouer as die vorige rekordhouer) die kanaal suksesvol oorgesteek het. Dit het Allsopp 17 uur en 51 minute geneem en na afloop van die tog het hy aan die media gesê dat hy met sy aankoms in Frankryk naby Wissant so deurmekaar was dat hy gedink het die kus is die hemel.

 

Oordrag van ʼn besigheid

Deur Phil Davel

Vraag: Die besigheid waarvoor ek werk, gaan verkoop word. Dit lyk asof daar personeel afgelê gaan word. Mag die nuwe werkgewer dit doen?

Antwoord: Werknemers kan wel in hierdie omstandighede weens operasionele redes afgelê word. Die proses waartydens werknemers verminder word, staan bekend as ontslag weens operasionele redes, oftewel afleggings. ʼn Werkgewer kan egter nie ʼn werknemer net laat loop nie.

Lees verder. Klik hier.

 

 

Solidariteit Helpende Hand hou eerste Facebook-teleton en massa-eetstaking

Deur Juanita du Preez

Helpende Hand het vandeesweek ʼn 24 uur lange massa-eetstaking aangebied om bewustheid oor die nood van behoeftige kleuters te skep. Bykans R30 000 is reeds deur sosiale media ten bate van kleuterskoolvoedingskemas ingesamel en die skenkings stroom steeds in.

 Bekendes soos Karlien van Jaarsveld, Sorina Erasmus (die “Flooze”), Chereé, Nedine Blom, Hettie Brittz en Gretha Wiid het aan die eetstaking deelgeneem. Luister gerus na Lindie Strydom se onderhoude met die ambassadeurs by http://www.solidariteitradio.co.za/massa-eetstaking/.Die eetstaking het ook uit onverwagse oorde soos skole steun gekry. Laerskool Die Poort se leerlingraad het aan die eetstaking deelgeneem. Laerskool Rustenburg het laat weet hulle samel blikkieskos en fondse in vir Helpende Hand se Kosblikkieprojek.

Lees verder. Klik hier.

 

 

Boomplantdag: AfriForum sien groen

AfriForum se nuwe omgewingsafdeling begin vandag amptelik met die bekendstelling van ʼn program wat praktiese wenke aan gemeenskappe gaan bied om Boomplantweek te vier.

Dié program vorm deel van AfriForum se visie om ʼn omgewingsbewuste organisasie te wees wat volhoubare ontwikkeling en bestuur van die omgewing aanmoedig. Volgens Julius Kleynhans, AfriForum se nuut-aangestelde hoof van omgewingsake, is dit een van vele programme wat vrygestel gaan word om ʼn groener toekoms vir Suid-Afrika te bevorder.

“AfriForum gaan vanjaar by verskeie skole en kerke regoor die land betrokke wees, waar ons gemeenskappe gaan betrek om aksies van bewaring uit te voer en bewusmaking te bevorder,” het Kleynhans gesê.

Lees verder. Klik hier.

 

Deur Cilleste van der Walt

Ridder: Vandeesweek se ridder is André Behr wat verhoed het dat sy twee kleinkinders omkom in ʼn gesinsmoord. Behr se skoonseun, Gerhard Spangenberg, se vermeende planne om ʼn gesinsmoord te pleeg, is verhinder omdat hy vermoed het iets is nie reg nie toe  Spangenberg die twee kinders saam met hom wou neem. Die twee kleinkinders was by hulle grootouers in Secunda. Behr het nie toegelaat dat hulle saam met Spangenberg ry nie, hoewel hy onbewus was dat sy dogter, Amanda, reeds by die egpaar se huis doodgeskiet is. Nadat Spangenberg nie die kinders by sy skoonouers kon kry nie, het hy ʼn paar kilometer gery, gestop en homself geskiet.

Rampokker: Die stropers wat verantwoordelik is vir die mees onlangse renosterslagting is vandeesweek se rampokkers. ʼn Dragtige renoster op ʼn privaat wildplaas by Zebediela gestroop. Die dier was vermoedelik reeds ʼn paar dae dood voor dit ontdek is. Die polisie is tans op soek na die stropers.

Soldeer wys elke week ʼn ridder en rampokker aan. Die ridder is ʼn persoon of organisasie wat in die voorafgaande week iets positiefs bereik, behaal of gedoen het, terwyl die rampokker ʼn persoon of organisasie is wat iets negatiefs gedoen het. Voorstelle vir hierdie weeklikse toekennings kan aan Cilleste van der Walt by cilleste@solidariteit.co.za gestuur word. (Onthou om ʼn rede vir jou nominasie by die e-pos in te sluit.)

 

Vir die week van 1 September tot 7 September

1 September 1853: Die heel eerste driehoekige posseëls ter wêreld word deur die Kaap die Goeie Hoop uitgereik.

2 September 1848: Sir Harry Smith kom in Bloemfontein aan waar sy Britse troepe die soewereiniteit van die Oranje-Vrystaat onder ʼn saluut van 21 skote op die plein voor die Residensie afkondig. Maj. H.D. Warden word weer in sy amp as Britse resident bevestig.

3 September 1919: Die Vryheidsdeputasie onder leding van genl. J.B.M. Hertzog kom uit Europa in Durban aan ná ʼn mislukte poging om selfbeskikkingsreg vir Suid-Afrika te verkry en die Boererepubliek te herstel.

4 September 1939: Suid-Afrika verklaar oorlog teen Duitsland en genl. J.B.M. Hertzog moet as premier bedank omdat sy neutraliteitsmosie verwerp word. Kanada verklaar op dieselfde dag ook oorlog teen die Duitsers.

5 September 1900: Die Boerekommandant en –spioen Danie Theron word deur ʼn kartets of rotsskerf gedood in die Anglo-Boereoorlog. Hy is 3 jaar later herbegrawe op die plaas Eikenhof, Kliprivier.

6 September 1900: Genl. Redvers Buller verower Lydenburg ná sy oorwinning by Bergendal.

7 September 1682: Luidens ʼn inskrywing in die dagboek van die Kaapse goewerneur, maak Halley se komeet sy eerste verskyning in die suidelike halfrond.

(Bron: Frikkie Wallis se Nuusdagboek) 

 

 

Ons staan op die punt om of ʼn groot volk te word, of om op te hou as ʼn volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou. - Christiaan de Wet.

 

 

ʼn Sandruiter word, word gesê van iemand wat van ʼn perd of ander dier afval.

(Bron: Pharos se Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom)

 

Besoek ons webblad
• Teken in op Soldeer
• Teken uit

[CONTENT]