Plaas nuusbriewe@soldeer.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy e-pos van Solidariteit ontvang.
Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie, kyk na die aanlyn-weergawe.
|
![]() |
|||
Absa probeer Solidariteit systap met afleggings Absa lei werknemers om die bos met leë beloftes |
|||
Deur Moira-Marie Kloppers Solidariteit het vandeesweek in ʼn brief aan Absa geëis dat die bank oop kaarte speel oor die beplande afleggings by dié bank. Dit volg nadat verskeie Solidariteit-lede in Absa se administratiewe afdeling vir konsultante en aktuarisse in Pretoria vroeër skriftelik in kennis gestel is dat hulle funksie na Fourways in Johannesburg verskuif gaan word en dat personeel in Pretoria aansoek moet doen om ʼn pos in Fourways of moontlik afgelê gaan word as deel van ʼn herstruktureringsprogram.
|
|||
Kuier saam op Maroela Media! |
|||
Wil jy ʼn stuiwer in die armbeurs gooi? Wil jy ook ʼn stem in die kapittel hê?
|
|||
![]() |
|||
Groot debat maak tonge los oor kleurrykheid van Afrikaans |
|||
Deur Ilze Nieuwoudt Of jy Sandveld-Afrikaans, Griekwa-Afrikaans, Karoo-Afrikaans of Rehoboth-Afrikaans praat, en of jy Afrikaanse tsotsitaal, Namakwalands of Noordelike Afrikaans verkies – Afrikaans het ʼn storie wat brand om vertel te word. En dit is juis wat Donderdag, 18 Augustus gebeur het toe agt Afrikaanssprekendes van elke uithoek van die land hul stories, ervaringe en belewenisse oor en van hierdie “soetste” taal gedeel het. Die gesprek vorm deel van die Kaapse bekendstelling van ʼn opwindende nuwe Afrikaanse internetkuierplek, Maroela Media (www.maroelamedia.co.za). Maroela Media is ʼn inisiatief van die Solidariteit Beweging. Kuier saam op Maroela Media! Wil jy ʼn stuiwer in die armbeurs gooi? Wil jy ook ʼn stem in die kapittel hê? Oor Maroela Media Maroela Media is ʼn internetkuierplek in Afrikaans. Die webwerf is daarop gemik om besoekers op hoogte te hou van alles wat in die Afrikaanse gemeenskap aan die gebeur is. Dit is ʼn nuwemediaplatform waar Afrikaanssprekendes hulle stem kan laat hoor, waar meningsvormers sinvol oor aktuele sake kan debatteer en waar nuus relevant tot die Afrikaanssprekendes se leefwêreld aangebied word. Daarbenewens is Maroela Media die plek waar Afrikaanse letterkunde, uitvoerende en skone kunste en musiek bevorder kan word. Dit is ook ʼn tuiste vir kreatiewe denke in Afrikaans. Klik hier om die Maroela Media-profiel af te laai.
|
|||
|
|||
Loononderhandelinge in NBCCI gunstig afgesluit |
|||
Deur Moira-Marie Kloppers Loononderhandelinge in die glassektor van die Nasionale Bedingingsraad vir die Chemiese Bedryf (NBCCI) is verlede week Vrydag met ʼn gunstige loonooreenkomste afgesluit, het die vakbond Solidariteit gesê. ʼn Loonooreenkoms is ook in die nywerheidschemikalieësektor van die NBCCI onderteken.
|
|||
Vragmotoroperateurs sal toluitgawes na verbruiker moet oordra |
|||
Deur Cilleste van der Walt Die padvragvereniging (RFA) sê dat hoewel hy die verlaging in Gautengse toltariewe verwelkom, die tariewe steeds te hoog is. ʼn Groot persentasie van Suid-Afrika se vragmotoroperateurs word deur die RFA verteenwoordig. Luidens ʼn verklaring van die vereniging sal vragmotoroperateurs moet poog om hierdie koste na klante en uiteindelik verbruikers oor te dra om te kan oorleef.
|
|||
Ons was daar – bestel jou kopie vandag! |
|||
Ons was daar – Wenners van die oorlog om Suider-Afrika (saamgestel deur generaal Jannie Geldenhuys)is ʼn versameling van helde se verhale, vertellings van vegters en ʼn onbetwisbare blik op die werklike verloop van die Grensoorlog. Dié boek kan nou reeds bestel word. Plaas jou bestelling en staan die kans om een van die 1 000 genommerde kopieë onderteken deur die outeur te ontvang. “Van ons het vir ons land gesneuwel of sedertdien heengegaan; ander het met die verloop van tyd in die agtergrond verdwyn. Almal kan nie by die naam genoem word nie, maar Ons was daar – wenners van die oorlog om Suider-Afrika word aan elkeen van die onbesonge helde van die Koue Oorlog opgedra.” – Genl. J.J. Geldenhuys Vir meer inligting of om jou bestelling te plaas, SMS die woord “Grens” na 34388, skakel 012 644 4329 of stuur ʼn e-pos na kraal@solidariteit.co.za
|
|||
![]() |
|||
Denel toets nuwe lugverdedigingstelsel
Ralph Mills, hoof uitvoerende beampte van DISS, het in ʼn verklaring gesê dat die stelsel na verwagting binne die volgende ses of sewe maande vir operasionele ontplooiing deur die SANW gelewer sal word. Werkskeppingsteiken dalk nie gehaal Die regering se teiken van vyf miljoen nuwe werksgeleenthede teen 2020 ingevolge sy Nuwe Groeipad sal moontlik nie behaal word nie. Pravin Gordhan, die minister van finansies, het hierdie week gesê dat Suid-Afrika teen sy huidige groeikoers slegs vier miljoen werksgeleenthede teen 2025 sal skep, tensy die land se arbeidsbeleid sekere veranderinge ondergaan. Lewensverlies by Ezulwini
Die telekommunikasiereus Telkom het Dinsdag tydens die loongeskilvergadering met vakbonde by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) ʼn finale loonaanbod vir ʼn tweejaarooreenkoms aangebied. Luidens die aanbod sal Telkom-werknemers vanjaar ʼn loonverhoging van 5% vir die tydperk tussen April en September asook ʼn bykomende persentasiepuntverhoging vir die tydperk tussen Oktober 2011 en Maart 2012 ontvang. ʼn Verhoging van VPI +1% is vir 2012 aangebied.
|
|||
Solidariteit Tydskrif – Uitgawe 4, 2011 NOU beskikbaar |
|||
Klik hier om die aanlyn-weergawe te lees.
|
|||
![]() |
|||
|
|||
Volg die nuutste gebeure by Solidariteit op die Solidariteit Blog, Facebook en Twitter |
|||
|
![]() |
![]() |
![]() |
||||||||
Gaan lees gerus die nuutste inskrywings op die Solidariteit Blog by Hier is enkele uittreksels uit die afgelope week se bloginskrywings:
|
||||||||
![]() |
||||||||
Moet ek sê, of bly ek stil? |
||||||||
Deur Cilleste van der Walt Die werkplek kan soms in ʼn vreemde plek ontaard wat dit baie moeilik maak om dan die regte besluite te neem. Boonop kan toestande dan ook gedurig verander. Jy het dalk deur ʼn riemtelegram gehoor dat die besigheid sukkel en dat beplan word om werknemers af te lê. Dit is wanneer die vraag by werknemers opduik: “Moet ek vir my baas sê ek soek ander werk, of moet ek liewer stilbly daaroor?” Ek wil tog nie vir hom/haar jok nie. Die belangrikste advies vir werknemers wat by ʼn organisasie werk wat op die oomblik moeilike tye beleef, is dat jy in gedagte moet hou dat jou baas as gevolg van die stres ʼn persoonlikheidsverandering kan ondergaan en dat hy/sy dalk nie so positief soos gewoonlik sal reageer nie. Hier is ʼn paar redes waarom: Lees verder. Klik hier.
|
||||||||
Sluit só aan by die Solidariteit Atletiekklub |
||||||||
Word vandag nog deel van die Solidariteit Atletiekklub. Skakel klubvoorsitter Hendrik van der Westhuizen by 082 851 8451 vir meer inligting of stuur ʼn e-pos na atletiek@solidariteit.co.za.
|
||||||||
Trap-trap saam met die Solidariteit Fietsryklub |
||||||||
Vir meer inligting besoek die Klub se blad op Facebook, volg die tweets op Twitter by solfiets@twitter.com, stuur ʼn e-pos na solfiets@gmail.com of mariusc@solidariteit.co.za of skakel 083 454 6018.
|
||||||||
![]() |
||||||||
Muur van hoop |
||||||||
Deur Ingrid Scholtz In April 1979 het ek en my man Berlyn saam met ’n groep skoolkinders besoek. ’n Berlyn wat radikaal verskil het van die huidige stad. Destyds was dit midde-in die DDR – Duitse Demokratiese Republiek – wat ondanks sy naam alles behalwe demokraties was. En regdeur die stad het ’n muur geloop. Na die Tweede Wêreldoorlog is Duitsland in vier dele verdeel. Amerika, Brittanje en Frankryk het die westelike deel beset en Rusland die ooste. Berlyn, in die oostelike deel, is insgelyks verdeel. Dit was die tyd van die Koue Oorlog. Die wêreld was in twee verdeel: ’n demokratiese en kapitalistiese deel en ’n kommunistiese deel.
|
||||||||
![]() |
||||||||
Kospryse styg al ses maande skerp |
||||||||
Deur Paul Joubert Beide die amptelike kosprys-indeks van Statistieke Suid-Afrika en Solidariteit se eie indeks van basiese kossoorte se pryse styg nou reeds vir ses maande op ʼn volgehoue basis. Die styging in die amptelike indeks was sowat 5,9% en die basiese mandjie het ʼn styging van 7,3% getoon. Hierdie stygings volg op ʼn lang tydperk, van die omgewing van Mei 2009 tot Desember 2010, waarin alle kospryse slegs baie geleidelik gestyg het en waar die pryse van basiese kossoorte selfs geleidelik gedaal het. Vanaf September 2009 tot Februarie 2011 was jaar-tot-jaar kosprysinflasie ook laer as algehele inflasie. Die ommeswaai van voedselinflasie was ʼn groot faktor wat bygedra het tot die styging van algemene inflasie, van 3,7% in Januarie tot 5,0% in Junie. Volgende Woensdag word die jongste inflasiesyfers bekendgemaak. Dit gaan interessant wees om te sien of kospryse tydens Julie ophou styg het en of die stygings nog meer momentum opgebou het.
|
||||||||
![]() |
||||||||
Deur Ilze Nieuwoudt Somalië: Dringende hulp is nodig. So reken Brittanje se sekretaris van ontwikkeling, Andrew Mitchell. Tydens ʼn besoek aan hierdie droogtegeteisterde land het Mitchell aangevoer dat tot 400 000 kinders in Somalië van hongersnood kan sterf. Volgens Mitchell is die situasie in die land vinnig besig om agteruit te gaan en as daar nie dringend ingegryp word nie, kan sterftes weer die vlakke bereik wat in 1991-1992 ervaar is. Nagenoeg 3,7 miljoen mense in Somalië beleef tans die ergste hongersnood wat die land in 20 jaar gesien het. Die Verenigde Nasies het onlangs aangekondig dat tot soveel as 10 Somaliese kinders onder die ouderdom van vyf jaar tans elke dag in die land weens hongersnood sterf. België: Polisie in hierdie Europese land het die publiek gevra om enige inligting oor die jongste motorbrande in die land te verskaf. Vandale het vandeesweek weer 11 motors in woonbuurte in die land aan die brand gesteek, wat die totale aantal motors wat reeds vanjaar in soortgelyke voorvalle aan die brand gesteek is op 300 te staan bring. Dit is reeds meer as die totale aantal vandalistiese motorbrande in 2010. Die polisie beweer dat die brande polities gemotiveerd is en vermoedelik verband hou met linkse ekstremistiese groepe in Berlyn. Die moontlikheid van ʼn verbintenis met die opstande in Londen is intussen uitgesluit. Pakistan: Vloede in Pakistan het nagenoeg 60 000 mense hier dakloos gelaat, berig die nuusagtenskap Sapa. Minstens 700 000 mense is reeds deur die vloede geraak. Die vloede wat deur verwoestende reëns aangerig is, het intussen reeds groot skade aangerig aan veral landerye in die Sindh-provinsie. Die streek is ook in 2010 deur vloede geteister. Volgens ʼn amptenaar van die provinsie se rampbestuurseenheid, Sajjad Haider Shah, is daar luidens berigte reeds 30 mense in die afgelope week weens die vloede oorlede. Intussen voorspel die weerdiens dat nog reën in die komende dae.
|
||||||||
![]() |
||||||||
Oordrag van dienskontrakte |
||||||||
Deur Phil Davel Die reg Koop van ʼn bestaande besigheid
|
||||||||
![]() |
||||||||
Afrikaanse Beursinstituut gaan van krag tot krag Solidariteit Helpende Hand fokus op opheffing deur opleiding en die afgelope jaar het ons beursfondse fenomenale groei getoon. Die groei het daartoe gelei dat ons 509 van die 1 100 aansoekers kon help. Ons is dankbaar teenoor elke individu, firma en korporatiewe instansie wat tot die groei bygedra het. Ons streef daarna om hierdie jaar elke behoeftige jongmens wat om ʼn beurslening aansoek doen, by te staan om naskoolse opleiding te ontvang. Ons is opgewonde oor die uitbreiding van Helpende Hand Beroepsleidingsdienste wat aanlegtoetse aan behoeftige jongmense teen kosprys (in sommige gevalle selfs 300% onder markverwante pryse) bied. Studente met potensiaal, maar wat wees omstandighede ʼn emosionele agterstand het, word ook bygestaan ten opsigte van emosionele ontwikkeling en lewensvaardighede.
|
||||||||
![]() |
||||||||
AfriForum vra Valke om ook jongste onthullings oor Malema te ondersoek AfriForum gaan die Valke se ondersoekspan, wat AfriForum se klag van korrupsie teen Julius Malema ondersoek, amptelik versoek om ook ondersoek in te stel na die betaling van R1,2-miljoen aan Malema deur die besigheidsman Steve Bosch. AfriForum se optrede volg ná onthullings in die Sunday Times dat Bosch twee betalings ter waarde van R1,2-miljoen namens Malema gemaak het aan Aurielo Cimato, die argitek wat Malema se multimiljoen rand huis in Sandton bou. Bosch se maatskappy het daarin geslaag om miljoene rande se tenders te bekom. Malema het erken dat sy Ratanang-familietrust ʼn aandeelhouer is in On-Point Engineering, ʼn maatskappy wat betrokke is by die toekenning van tenders deur Limpopo se paaiedepartement.
|
||||||||
![]() |
||||||||
Deur Cilleste van der Walt
Soldeer wys elke week ʼn ridder en rampokker aan. Die ridder is ʼn persoon of organisasie wat in die voorafgaande week iets positiefs bereik, behaal of gedoen het, terwyl die rampokker ʼn persoon of organisasie is wat iets negatiefs gedoen het. Voorstelle vir hierdie weeklikse toekennings kan aan Cilleste van der Walt by cilleste@solidariteit.co.za gestuur word. (Onthou om ʼn rede vir jou nominasie by die e-pos in te sluit.)
|
||||||||
![]() |
||||||||
Vir die week van 19 Augustus tot 25 Augustus (in die geskiedenis van volgende week)
|
||||||||
![]() |
||||||||
|
||||||||
![]() |
||||||||
|
||||||||
[CONTENT]