|
||||||||
![]() |
||||||||
Brandstofheffings van dubbel die inflasiekoers wurg motoriste al drie jaar Motoriste dok moontlik tot R1/km op vir brandstof |
||||||||
Deur Moira-Marie Kloppers Die jaarlikse verhogings van die heffings op brandstof is die afgelope drie jaar reeds meer as dubbel so hoog as die inflasiekoers, ten spyte van die regering se eie doelwit om die inflasiekoers laag en stabiel te hou. Die verhogings van 10c in die brandstofheffing en 8c in die Padongelukkefondsheffing kom neer op ʼn 7,5 % verhoging in die heffings op petrol en ʼn 8 % verhoging in die heffings op diesel. Gemiddelde inflasie was egter slegs 4,3 % in 2010 en 3,9% oor die afgelope 12 maande.
|
||||||||
Solidariteit-lede vier rekordloonverhogings vir 2011 |
||||||||
Deur Moira-Marie Kloppers Solidariteit-lede in Phalaborwa, Pretoria en die Paarl vier rekordloonverhogings wat die vakbond die afgelope twee weke beding het, het die vakbond vandeesweek gesê. Die vakbond het in dié tyd loonooreenkomste van tussen 8,5% en 10% by Palabora Mining Company (PMC) in Limpopo, die Zuid-Afrikaans Hospitaal (ZAH) in Pretoria en die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in die Paarl namens lede beding.
|
||||||||
Virseker vra: “Wat is jou gunsteling Afrikaanse gereg?” |
||||||||
Virseker is besig om 'n eg Afrikaanse spyskaart te beplan, voorgereg, hoofgereg en nagereg, maar hulle het jou hulp nodig. Wat is jou gunsteling Afrikaanse gereg? Sommiges sê pampoenkoekies en bobotie, ander kies gebraaide lambsboud, diepgebraaide aartappels en biltong. Wat sou jy op ‘n eg Afrikaanse spyskaart bedien? Klik hier om die spyskaart aan te vul.
|
||||||||
![]() |
||||||||
Deur Cilleste van der Walt Laer staalprys help niemand Dit is onwaarskynlik dat die departement van handel en nywerheid se planne om die prys van staal te verlaag, die gewensde uitwerking sal hê. Volgens Robert Stillman, vise-president van Charles River Associates, sal goedkoper staal nie die Suid-Afrikaanse vervaardigingsektor uitbrei nie. Spesiale beskerming vir Eskom Steenkool ʼn ernstige kwessie vir SA
|
||||||||
Meer as 430 000 wit Suid-Afrikaners word tans as absoluut arm beskou. Dié armoede word jare reeds in stilte gehul terwyl die klein gemeenskappe arm mense – weggesteek van die res van die samelewing – ʼn sukkelende bestaan voer. Klik hier om na die video “Die realiteit van wit armoede” te kyk.
|
||||||||
![]() |
||||||||
Oorsig is Eugene Brink se program op Donderdae waar jy ná 'n halfuur heelwat wyser sal wees sonder om die hele koerant te lees. Die program skop af met 'n omstrede regsvraag en 'n ontleding van 'n bepaalde beroep. Daarna gesels Dirk Hermann met 'n Persoonlikheid van die Week. Maar die hooffokus val op harde nuus met beprekings oor die opkomende munisipale verkiesing en 'n vlymskerp ontleding van globale nuusgebeure. Perspektief is 'n kontroversiële, ondersoekende nuusprogram waar daar oor aktuele kwessies baklei word, met kenners gedebatteer word en waar swak dienslewering aan die kaak gestel word. Luister na die frustrasies en verskynsels wat ons alledaagse lewe raak. Die program bevat ook interessante insetsels, soos Toet en taal en Fokus op opvoedkunde en onderwys. Word deel van die gesprek en kom agter die kap van die byl met Perspektief elke Vrydag om 12:00.
|
||||||||
Nuwe staatsbeheerde koerant in die pyplyn |
||||||||
Deur Cilleste van der Walt Dit het onlangs op die lappe gekom dat die regering ʼn nuwe koerant wil begin en dat dit deur regeringswoordvoerder Jimmy Manyi se departement, die kommunikasie-en-inligtingsdiens (GCIS), gepubliseer gaan word. Dit sal maandeliks uitgegee word en bekend staan as Vuk’uzenzele. Manyi voer aan dat die media baie van die regering se inligting sensor, wat hom noodsaak om die koerant te begin. Hy sê dat joernaliste wat insit by regeringsmediakonferensies verslag doen oor net twee uit elke tien kwessies rakende die regering se werk.
|
||||||||
Volg die nuutste gebeure by Solidariteit op die Solidariteit Blog, Facebook en Twitter |
||||||||
|
||||||||
![]() |
||||||||
Maak die skindertonge stil |
||||||||
Skinderpraatjies is dalk ʼn algemene verskynsel by die werk, maar dit kan soms hand uit ruk. As die alewige geskinder by die werk gedurig aangespreek moet word, is dit dalk tyd om die redes waarom daar geskinder word, te ondersoek.
|
||||||||
![]() ![]() |
||||||||
Kom maak jou punt! |
||||||||
Kreatiewe hoërskoolleerlinge van regoor Suid-Afrika word genooi om aan ’n nuwe en opwindende skryfkompetisie deel te neem. Die Solidariteit Tydskrif Punt-liriekskryfkompetisie is daarop gemik om aan jongmense die geleentheid te gee om hulself kreatief in Afrikaans uit te druk en hul punt te maak. Die tema van vanjaar se kompetisie “Basta! My voetspore is in Afrika”. Basta! kry eie musiekvideo Maak nie saak wat ander sê Klik hier om na die video te kyk. WEN, WEN, WEN Die 12 beste inskrywings sal getoonset word deur die bekende liedjieskrywer en musikant Waldo Greeff. Greeff het reeds twee Tempo-musiektoekennings agter sy naam vir sy liedjie Is dit jy? (gesing deur Andriëtte Norman) wat deel was van die Huisgenoot liriekskryfkompetisie. Die wenliedjies van die Punt-liriekskryfkompetisie sal tesame met vanjaar se temalied, Basta, op ʼn CD opgeneem word en in November vanjaar uitgereik word. Alle liedjies sal gesing word deur Andries Hendrik Potgieter. Die skrywer van die wenlied sal boonop ook R5 000 in die sak steek. Skryf so in Stuur jou inskrywing(s) voor 13 Mei 2011 na punt@solidariteit.co.za. Stuur ook die volgende inligting saam met jou inskrywing:
|
||||||||
Sluit só aan by die Solidariteit Atletiekklub |
||||||||
|
||||||||
Trap saam met die Solidariteit Fietsryklub |
||||||||
|
||||||||
![]() |
||||||||
Gaan lees gerus die nuutste inskrywings op die Solidariteit Blog by Hier is enkele uittreksels uit die afgelope week se bloginskrywings:
|
||||||||
Vat jou goed en bly! |
||||||||
“Ek wil nie emigreer nie, maar wil ter wille van my, my familie en my gemeenskap hier in Afrika en in besonder in Suid-Afrika te bly. Ek maak dus my agterdeur toe, ek gaan nêrens heen nie.” Maak jou stem ook dik en voeg dit by die talle ander BlyNettes. Klik hier vir meer inligting oor hierdie opwindende veldtog.
|
||||||||
![]() |
||||||||
Oorlaai met kennis en niks wyser |
||||||||
Deur Ingrid Scholtz Kernenergie? Gevaarlik, vernietig al die kernreaktors! Nee, kernenergie is die toekoms van die mensdom. Aardverwarming: binne een geslag het ons die aarde vernietig! Onsin, die aarde word glad nie warmer nie. Geneties gemanipuleerde kos: lewensgevaarlik! Aikôna, jy kan dit gerus eet. Die stroom sensasionele en teenstrydige artikels oor die mees uiteenlopende wetenskaplike onderwerpe is eindeloos.
|
||||||||
![]() |
||||||||
Werkloosheid – ʼn paar definisies en konsepte (Deel 1) |
||||||||
Deur Paul Joubert Werkloosheid is ʼn onderwerp wat, tereg, dikwels in Suid-Afrika bespreek word. Die manier waarop amptelike werkloosheidsyfers gemeet word en die definisies daaragter word egter nie ook so dikwels bespreek nie. Die gevolg is dat verkeerde afleidings dikwels gemaak word. Die amptelike werkloosheidskoers word elke kwartaal deur Statistieke Suid-Afrika (Stats SA) bereken op grond van ʼn opname wat op ʼn roterende steekproef van 30 000 woonplekke regoor die land gedoen word. Die data het slegs betrekking op mense van 15- tot 64-jarige ouderdom.
|
||||||||
![]() |
||||||||
Deur Ilze Nieuwoudt Rusland: Die Russiese leier Lenin kan moontlik eersdaags sowat 90 jaar ná sy dood in 1924 begrawe word. Volgens die nuusagentskap Sapa is die Russiese president Dmitry Medvedev onlangs deur die Kremlin se adviseurs oor menseregte aangeraai om Lenin se liggaam te begrawe. Lenin se gebalsemde liggaam word steeds in ʼn mausoleum by die Rooiplein in Moskou uitgestal. Hoewel ʼn aanlynpeiling getoon het dat meer as 67% van respondente ten gunste daarvan is dat Lenin begrawe word, is sekere groepe van mening dat dit tot konflik kan lei. Japan: Die seewater aan die Japanse kus het ʼn skokkende vlakke van radioaktiwiteit bereik en is volgens die aanlegoperateur reeds meer as 4 300 keer die wettige vlakke. Volgens toetse wat deur die Tokyo-elektisiteitsmaatskappy (Tepco) gedoen is, het die vlakke reeds sedert verlede week aansienlik toegeneem. Intussen het die Japanse eerste minister, Naoto Kan, vandeesweek aangekondig dat die kernaanleg, Fukushima Daiichi, wat verantwoordelik is vir een van die grootste kernkragrampe in die geskiedenis, heeltemal buite diens gestel gaan word. Hy het bygevoeg dat die land planne om ʼn verdere 14 kernkragaanlegte teen 2030 op te rig, sal herondersoek. Egipte: Egipte se eerste presidensiële verkiesing sedert die omverwerping van die Hosni Mubarak-regering vroeër vanjaar sal in November gehou word, het Sapa vandeesweek berig. Dit beteken dat daar nou nagenoeg agt maande voorlê waarin politieke partye vir die verkiesing kan voorberei. Die weermag, wat tans die bestuur van die land hanteer, het ʼn tussentydse grondwet ingestel. Hiervolgens is beklemtoon dat Egipte ʼn Islamitiese land is. Dit is intussen ook aangekondig dat die voormalige president, die 82-jarige Mubarak, en sy gesin onder huisarres geplaas is, wat nou gerugte dat Mubarak na Saudi Arabië gevlug het, misken.
|
||||||||
![]() |
||||||||
Onbillike arbeidspraktyk (deel 4) |
||||||||
Deur Johan Roos Johan Roos sluit vandeesweek sy reeks oor onbillike arbeidspraktyk af. Klik hier om na vorige insetsels oor dié onderwerp op Solidariteit Radio te luister. Herindiensname Wanneer ʼn werkgewer nalaat om ʼn voormalige werknemer ingevolge ʼn ooreenkoms weer in diens te neem, kan dit ingevolge artikel 186(c) van die Wet op Arbeidsverhoudinge as onbillike arbeidspraktyk bestempel word.
|
||||||||
![]() |
||||||||
AfriForum Jeug dien klag van taaldiskriminasie teen SUT in
AfriForum Jeug het vandeesweek ’n klag van diskriminasie teen die Sentrale Universiteit van Tegnologie (SUT) by die Gelykheidshof in Bloemfontein ingedien. Hierdie klag volg nadat SUT onlangs hul taalbeleid na een van eksklusief-Engels verander het, terwyl verskeie studente by die aanvang van hul studies met SUT ooreengekom het om hul kursusse in Afrikaans te doen.
|
||||||||
![]() |
||||||||
Vroue van plakkerskamp bederf Vroeg in Maart is 15 vroue van die Waterkloof plakkerskamp, geleë net buite Port Elizabeth, so bederf soos hulle nog nooit eers gedroom het moontlik is nie. Helpende Hand se nuutgestigte Port Elizabeth Wes-tak, het dié vroue een Sondagmiddag bederf met allerhande lekkernye en vir elkeen ’n manikuur gegee. “Hulle was heeltemal oorbluf en het gesê dis die eerste keer in hulle lewe dat so iets met hulle gebeur,” sê Ferdie Swanepoel, voorsitter van die tak. |
||||||||
![]() |
||||||||
Deur Cilleste van der Walt Ridder: Die nuwe Verbruikersbeskermingswet, wat 1 April 2011 in werking tree, is vandeesweek se ridder. Ingevolge die nuwe wet sal daar byvoorbeeld ʼn ses maande waarborg wees op ʼn huishoudelike item wat jy aankoop, selfs al bied die verskaffer nie ʼn waarborg nie. Die wet sal verbruikers ook beskerm teen ongewensde elektroniese bemarking en verhoed dat verbruikers in ooreenkomste ingedwing kan word. Rampokker: Hierdie week se rampokker is Julius Malema. Luidens The Star het Malema vir pres. Zuma in die openbaar gekritiseer. Hy het blykbaar met verwysing na die situasie in Libië gesê: “Suid- Afrika het in die guns van imperialisme gestem en ons kan nie glimlag daaroor nie”. Hy het ook genoem dat Zuma hom met slegte raadgewers omring en dat hy geskok is oor die manier waarop besluite in die lang geneem word. Floyd Shivambu, woordvoerder van die ANC-jeugliga, hou vol dat Malema niks van die aard gesê het nie. Soldeer wys elke week ʼn ridder en rampokker aan. Die ridder is ʼn persoon of organisasie wat in die voorafgaande week iets positiefs bereik, behaal of gedoen het, terwyl die rampokker ʼn persoon of organisasie is wat iets negatiefs gedoen het. Voorstelle vir hierdie weeklikse toekennings kan aan Ilze Nieuwoudt by ilze@solidariteit.co.za gestuur word. (Onthou om ʼn rede vir jou nominasie by die e-pos in te sluit.)
|
||||||||
![]() |
||||||||
Vir die week van 4 April tot 10 April (in die geskiedenis van volgende week)
|
||||||||
![]() |
||||||||
|
||||||||
![]() |
||||||||
|
||||||||
[CONTENT]