Mei 2016

Topverkopers (spesiaal vir pa’s) by Kraal Uitgewers
Besluiteloos oor wat om vanjaar vir jou pa te gee vir Vadersdag? Snuffel deur Kraal se topverkopers vir die perfekte geskenk.

Kruispaaie: Afrikanerkeuses
in die 19de en 20ste eeu

Prys: R220 (posgeld uitgesluit)
Klik hier vir meer inligting.

Die Anglo-Boereoorlog,
1899-1902
(DVD)

Prys: R140 (posgeld uitgesluit)
Klik hier vir meer inligting.

Van Ovamboland tot
Masjonaland

Prys: R400 (posgeld uitgesluit)
Klik hier vir meer inligting.



 

Nuwe boek uit die pen van gesoute historikus en joernalis bekendgestel

Die nuutste boek uit die pen van die gesoute historikus en joernalis dr. Leopold Scholtz is in April in Pretoria bekendgestel. Kruispaaie: Afrikanerkeuses van die 19de en 20ste eeu plaas die grootste besluite wat die Afrikaner in die afgelope nagenoeg 150 jaar geneem het, onder die vergrootglas.

Lees verder. Klik hier.

 


 

Gewilde Groot Trek-verhaal nou ook by Kraal beskikbaar

Die gewilde oorkruisroman (gemik op volwasse sowel as jeugdige lesers) deur Louise Prinsloo, Kerkenberg tot Bloedrivier, is nou by Kraal Uitgewers beskikbaar. Dié boek is oorspronklik in 2013 uitgegee en beleef tans sy derde druk. Aanhangers van die Groot Trek-geskiedenis sal hierdie boek nie net boeiend vind nie, maar ook uiters geloofwaardig.

Lees verder. Klik hier.

 



 

Geniet ʼn koppie boeretroos saam met De Wet en De la Rey

ʼn Reis terug in tyd is dalk nog nie moontlik nie, maar jy kan wel nou saam met die generaals Koos de la Rey en Christiaan de Wet ’n koppie boeretroos geniet. Kraal Uitgewers se nuwe reeks geskiedenis-produkte is pas bekendgestel en die eerste koffiebekers dra die trotse beelde van De la Rey en De Wet.

Sit terug en drink koffie soos ʼn generaal teen slegs R55 per koppie (posgeld uitgesluit). Kontak Kraal Uitgewers by 012 644 4329 of stuur ʼn e-pos na kraal@kraaluitgewers.co.za om jou bestelling te plaas.

 


 

Die stryd waaroor niemand wou praat nie: Afrikanerrebellie: 1914-1915

Die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog in 1914 het in Suid-Afrika verreikende gevolge gehad, want skaars meer as ’n dekade ná die einde van die Anglo-Boereoorlog is daar van Afrikaners verwag om weer die wapen op te neem, maar hierdie keer aan die kant van Brittanje. Die gebeure het families in twee geskeur, kerke verdeel en ʼn nasie wat na ʼn uitgerekte oorlog nog skaars kon opstaan, in twee gebreek. Dié opstand, wat later bekend sou staan as die 1914-rebellie, se nadraai is vandag nog plek-plek sigbaar (dink maar aan die klein dorpies met sy twee NG-kerke). Die volle verhaal van die Rebellie, met De Wet, Beyers en Jopie Fourie aan die een kant en Smuts en Botha aan die ander, is opgeteken in dié pragpublikasie. Afrikanerrebellie, 1914-1915 is steeds by Kraal Uitgewers beskikbaar en is die sesde boek in Kraal se gewilde Erwe van ons vaad’re-reeks.

Klik hier vir meer inligting of om jou eksemplaar in hierdie versamelaarsreeks te bestel.

 


 

Die grootste avontuur nóg!

Kraal-ondersteuners het vroeg in Mei die geleentheid gehad om te vertel van die grootste avontuur wat met hul ma’s gedeel is. Die wenner van dié Moedersdag-kompetisie het weggestap met ʼn eksemplaar van Marietha Malan se boek stilWo(o)rd.

Baie geluk aan Izelle Potgieter en haar ma, Issie Venter, met hul grootste avontuur! Mag daar nog vele wees.



 



 

Vat 'n (laaste) kans en hy is joune!

Die allerlaaste kopieë van enkele van Kraal se gewildste boeke en boeke wat vir spesiale geleenthede deur Kraal bemark is, is nog beskikbaar. Voorraad is nou uiters beperk op hierdie titels. Die tyd raak min – plaas dus jou bestelling vandag nog. Die volgende boeke is as deel van hierdie winteruitverkoping beskikbaar:

Regstellende trane (deur Dirk Hermann)

Regstellende trane: Waarom verteenwoordigendheid nie gelykheid is nie beeld vir die eerste keer dít uit wat in die toepassing van regstellende aksie vergete raak, naamlik mense en hul persoonlike verhale van regstellende aksie. Dr. Dirk Hermann, vooraanstaande kenner oor die onderwerp van regstellende aksie, gesels met mense wat weet wat dit beteken om weens die kleur van hul vel benadeel te word.
Prys: R120 (posgeld uitgesluit)
Bestel hier!

Die SAW in die Grensoorlog (deur Leopold Scholtz)

Die bekende joernalis en historikus, Leopold Scholtz, se boek, Die SAW in die Grensoorlog, 1966-1989, is waarskynlik die omvattendste publikasie oor die Grensoorlog wat die oploop, verloop en internasionale konteks van die oorlog in die kollig plaas.
Prys: R350 (posgeld uitgesluit).
Bestel nou!

Legkaart van jou gesig (deur Marthie Maré)

Marthie Maré is ʼn kenner op die gebied van fisionomie – ʼn studie waarin die karaktereienskappe van die menslike gesig ontleed word. Hierdeur word onthul hoe jou gesig onder meer gedagtepatrone, besluitnemingsvermoë en selfs werkstyl kan verklap. Deur die bril van fisionomie kry die gesegde “Ek lees jou soos ʼn boek” as’t ware nuwe betekenis.
Prys: R180 (posgeld uitgesluit).
Bestel nou!   

 


Kontak ons
Telefoonnommers:
012-644-4329
Faksnommer:
086-714-1100

Besoek ons kantore:
H/v DF Malanlaan & Uniestraat
Kloofsig
Centurion

Stuur per slakkepos:
Kraal Uitgewers,
Posbus 11760,
Centurion, 0046

E-posadres:
ilze@kraaluitgewers.co.za

Besoek ons webblad.

• Klik hier om op hierdie maandelikse nuusbrief in te teken.  

• Klik hier as jy nie meer hierdie nuusbrief wil ontvang nie.