|
|||||
---|---|---|---|---|---|
![]() |
|||||
|
|||||
![]() |
|||||
Minister Blade Nzimande het 'n ruk gelede die ooglopend valse beriggewing in Beeld oor Nazisme op die Potchefstroomkampus misbruik om die Puk te begin “transformeer”. Terwyl die minister kragdadige uitsprake gemaak het oor die verwerplike ideologie van Nazisme, het hy geen woord gerep oor die bloedige geskiedenis van die kommunistiese ideologie waarvan hyself die leier in die land is nie.
|
|||||
![]() |
|||||
Vaaldriehoek Solidariteit het in Junie 'n gunstige salarisooreenkoms vir sy lede met Riverside Mica in Vanderbijlpark beding. Die ooreenkoms, wat terugwerkend vanaf 1 Mei 2014 van krag is, behels dat Solidariteit-lede 'n salarisverhoging van 7,75% sal ontvang. Die ooreenkoms is in minder as 'n maand bereik. Salarisonderhandelinge tussen Solidariteit en Semancor Chrome in Meyerton is onlangs suksesvol afgehandel toe Solidariteit 'n 7%-salarisverhoging vir sy 165 lede daar kon beding. Die ooreenkoms is in Junie ná sowat vyf rondes onderhandelings bereik en sluit ook 'n eenmalige bonus van R20 000 vir sy lede in. Johan Venter het skikkings en skeidingspakkette van meer as R160 000 namens drie lede by onderskeidelik ArcelorMittal en Introchem beding. Veels geluk! Witbank Solidariteit het onlangs twee gunstige skikkings, wat uit onbillike ontslag voortvloei, namens lede in die Witbank-omgewing bereik. Dit sluit in:
Gesonde loonooreenkoms by Mediclinic bereik Solidariteit het onlangs, ná drie rondes onderhandelings, by onderskeidelik Mediclinic Paarl en Mediclinic Emfuleni 'n loonooreenkoms van tussen 7,1 en 7,5% vir sy lede beding. Die ooreenkoms, wat vroeg in Julie bereik is, behels die volgende:
Solidariteit verteenwoordig 122 lede by Mediclinic Paarl en 116 lede by Mediclinic Emfuleni. Boksburg Solidariteit het onlangs 'n gunstige loonooreenkoms namens sy lede by Mango-lugredery beding. Die ooreenkoms, wat op 15 Julie 2014 onderteken is, het meegebring dat ongeveer 94% van alle vlieëniers by die maatskappy, wat almal lede van Solidariteit is, se vergoedingspakkette voortaan markverwant is. Die ooreenkoms is ná meer as drie rondes onderhandelings, asook bemiddeling deur die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) bereik. Werkplekforum by ATNS eerste van sy soort Die bestuur van Air Travel and Navigation Systems (ATNS) het onlangs ingestem dat 'n werkplekforum vir werknemers by die maatskappy gestig word. Die doel van die forum is om werknemers 'n stem in die werkplek te gee en 'n platform te skep om groter deursigtigheid ten opsigte van werksaangeleenthede en kwessies te bewerkstellig. Volgens Derek Mans, organiseerder in die lugvaartbedryf by Solidariteit, is dié forum anders as normale werkgewer- en vakbondkomitees. “Die doel van die forum is om die werkgewer te dwing om in oorleg met die forumlede, waarvan Solidariteit een is, beleide en praktyke te oorweeg. Waar beleide, soos dié rakende diensbillikheid, in die verlede bloot deur die bestuur van die maatskappy geïmplementeer is, mag Solidariteit nou 'n insae hê in sulke beleide voordat dit in werking gestel word.” Die forum, waaroor daar in Junie 2014 ooreengekom is, sal nasionaal by al die takke van ATNS ingestel word. Solidariteit verteenwoordig meer as 1 000 werknemers by die maatskappy. Solidariteit het op 10 Julie 2014 'n loonooreenkoms met die werkgewers in die bedingingsraad vir die papier- en pulpsektor bereik. Die ooreenkoms, wat op al die lede in die bedingingseenheid van toepassing is, behels onder meer 'n algehele salarisverhoging van 8%. Die ooreenkoms is terugwerkend vanaf 1 Julie 2014 tot 30 Junie 2015 van krag. Port Elizabeth Wynand Strydom, organiseerder by Solidariteit se dienskantoor in Port Elizabeth, het onlangs 'n gunstige skikking namens 'n lid by Borbet Engineering weens onbillike ontslag beding. Die skikking behels dat die lid vergoeding gelykstaande aan sewe maande se salaris ontvang. Rustenburg Loononderhandelings tussen Solidariteit en Aquarius Platinum in Rustenburg is op 'n positiewe noot afgesluit toe die partye op 15 Julie 2014 'n ooreenkoms bereik het. Die driejaarloonooreenkoms, wat na drie rondes onderhandelings bereik is, sluit onder meer die volgende in:
|
|||||
|
|||||
Kathu Adele Rossouw, organiseerder by Solidariteit se Kathu-dienskantoor, het tot dusver skikkings ter waarde van R7,5 miljoen namens lede in 2014 bewerkstellig. Veels geluk! Solidariteit het onlangs 'n gunstige loonverhoging vir sy lede by KLK Landbou in Upington beding. Die ooreenkoms sluit 'n gemiddelde verhoging van 6,8% vir lede in. Carletonville Die Carletonville-dienskantoor het skikkings ter waarde van nagenoeg R5,5 miljoen namens lede in die omgewing tot dusver in 2014 bereik. Veels geluk!
|
|||||
![]() |
|||||
Vir 'n tong-in-die-kies-blik op die ekonomie Wees openlik en bring raswet dan liefs terug Almal wil ons ras weet. Skole en universiteite, werkgewers, sportspanne en nou Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming. Kan ras nie sommer weer in ID-boekies aangebring word nie?
|
|||||
![]() |
|||||
Aftreehervorming: Geen rede om te bedank Solidariteit ontvang gereeld navrae van mense wat onseker is oor die huidige proses van aftreehervorming. Sommige mense het reeds op grond van ongegronde gerugte ondeurdagte en impulsiewe besluite geneem, soos om onnodig uit hul werk te bedank uit vrees dat hul aftreegeld ontoeganklik gaan word. Solidariteit het daarom 'n inligtingsstuk wat die komende veranderinge verduidelik, saamgestel. Lede van aftreefondse hoef nie bekommerd te wees dat hulle weens die huidige aftreefondshervorming hul spaargeld gaan verloor nie. Daar is geen rede om nou te bedank om aftreegeld in die hande te kry nie. Die veranderinge wat op 1 Maart 2015 intree, gaan nie terugwerkend van toepassing wees op bestaande spaargeld nie. Die aangehegde inligtingstuk van Solidariteit Finansiële Dienste verskaf duidelikheid oor die proses van aftreefondshervorming tot dusver. Klik hier om die volledige dokument te sien.
|
|||||
![]() |
|||||
Solidariteit Verteenwoordiger van die Jaar-toekenning: Jy kan nou vir jou gunsteling stem! |
|||||
Het jy nog altyd gewens jy kan 'n manier vind om jou Solidariteit-verteenwoordiger vir al sy of haar ondersteuning te bedank? Nou is jou kans! Wys jou dankbaarheid deur aan Solidariteit se nuwe opwindende kompetisie deel te neem! Hoe neem jy deel? Hou elke dag ons Facebook- en Twitter-blaaie dop. Ons deel daagliks 'n ander verteenwoordiger se foto en besonderhede. Wees op die uitkyk vir jou gunsteling en besoek ons webwerf om vir hom of haar te stem. Waarom aan die kompetisie deelneem? Solidariteit-verteenwoordigers vervul 'n onmisbare rol en is een van die vernaamste skakels tussen die vakbond en sy lede. Sonder die leiding, ondersteuning en lojaliteit van ons verteenwoordigers, sou ons nie ons reeks uitstekende en omvattende dienste aan ons lede kon lewer nie. Die kompetisie is dus 'n manier waarop die vakbond, enersyds, en Solidariteit-lede, andersyds, ons getroue verteenwoordigers vir al hul harde werk en ondersteuning deur die jare kan bedank. Wat is nog op die spel? 'n Gelukkige trekking sal ook plaasvind waartydens deelnemers aan die kompetisie die kans sal staan om R500 in kontant te wen. Wanneer sluit die kompetisie? Lede en ondersteuners het tot 15 November 2014 om vir hul gunsteling verteenwoordiger te stem. Lees die volledige bepalings en voorwaardes vir die kompetisie. Klik hier.
|
|||||
Stuur alle bydraes vir die Distriksflits na inge.strydom@solidariteit.co.za | |||||
Besoek ons webblad |
[CONTENT]