Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie, kyk na die aanlyn-weergawe.

Nr. 6 - Februarie 2016

Flip Buys se wenresep: Skeppende vernuwing gegrond op beproefde waardes
Deur Juran van den Heever

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, het by Akademia se opening van sy nuwe gebou sy toespraak geopen met sy Wenresep “skeppende vernuwing gegrond op beproefde waardes.”

Flip het ook tydens die geleentheid die loodsing van ‘n Afrikaanse universiteitsfonds bekendgestel.

“Akademia is ‘n privaat gemeenskapsuniversiteit. Dit beteken dat ons finansiering ook privaat en uit die gemeenskap kom. Dit is ‘n duur projek. Die Solidariteit Boufonds het reeds R50 miljoen geskenk om Akademia te bou . Ons beplan om in 2016 ‘n verdere R50 miljoen vir die Akademia-fonds in te samel. Ons het drie groot werwingstrategieë.

• Die eerste is om almal geleentheid te gee om ‘n maandelikse debietorder bydrae te maak. Klein bydraes tel op tot groot bydraes. Dit kan gedoen word deur die woord “bou” te sms na 34802. Iemand sal jou kontak.
Lees meer. Klik hier.

Akademia mors nie met krisisse nie

Akademia betree in 2016 sy vyfde akademiese jaar op ‘n nuwe perseel, met toegewyde personeel en meer as 400 studente in etlike graad- en ander programme.

Volgens Marthinus Visser, uitvoerende hoof van Akademia, benodig Akademia, net soos ‘n klein boompie, baie aandag om eendag ‘n volwaardige koelteboom vir die gemeenskap te wees.  “Akademia kan slegs tot ʼn volwaardige Afrikaanse universiteit ontwikkel met die ondersteuning van die Afrikaanse gemeenskap. Daarom brei Akademia by hierdie bekendstellingsfunksie meer uit oor ons toekomsplanne en hoe mense daartoe kan bydrae, het Visser tydens die geleentheid gesê.
Lees meer. Klik hier.

Akademia stel nuwe kampus en groeiplanne bekend
Deur Juran van den Heever

Akademia het onlangs sy nuwe perseel, geboue en tegnologie in Centurion bekendgestel, en ook aankondigings oor ‘n versnelde ontwikkelingsplan en wyses waarop dit ondersteun kan word, gedoen.

Tydens die bekendstelling het ‘n kliplegging plaasgevind, simbolies ter ondersteuning van die oprigting van ‘n nuwe universiteit.

Lees meer. Klik hier.

Kontak ons
Telefoonnommers:
012-644-4300
0861-25-24-23
Faksnommer:
012-664-6493
H/v DF Malanstraat
& Eendrachtstraat
Kloofsig
Posbus 11760
Centurion
0046
diens@solidariteit.co.za
Besoek ons webblad, klik hier.

Teken in / Teken uit